Ons is bewus van n probleem met die aanlyn kursusse en ons tegniese span is besig om dit te ondersoek.

30 dae Volgraan muffins

Table of Contents

Hierdie muffins is nie jou gewone muffins nie, omdat die beslag vir 30 dae in die yskas gehou word. Verder met die hou in die yskas verlaag die GI en ander goeie dinge gebeur in die meel. Kom ek verduidelik iets klein oor die lang hou tyd in die yskas. Die stysel dele in die meel (eintlik ‘n tipe suiker) word deur ’n ensiem (amilase) verder verteer vanaf ’n komplekse suiker na ’n meer verteerbare en eenvoudiger suiker. Gaan nie nou jou kop mal maak met die groot name nie. Dus word daar goeie dinge in hierdie tydperk in die mengsel bewerkstellig. Ek bak hierdie resep met EurekaMills se steengemaalde koekmeel en geen allergiese reaksies by my dogtertjie t.o.v. gluten weerstandigheid. Kom ons bak. Ander koekmeel kan gebruik word…maar vir allergie stel ek sterk voor gebruik EurekaMills.

3 groot eiers
125 ml (½ k) canola olie of sonneblom olie
500 ml (2 k) melk (afgeroom is ook geskik)
350 g (1 3/4 k)  sagte bruinsuiker (treacle of damarera)
*1 e liquid Natreen vir suiker-vrye opsie, laat bruinsuiker weg
140 g (1 k) Whole wheat meel van Eurekamills
210 g (1 ½ k) Koekmeel van Eurekamills
70 g (2 k) vertering semels
5 ml (1 t) sout
10 ml (2 t) koeksoda
2.5 ml (½ t kaneel)

Variasie vir vulsels:
1. 100 g (1 k) pekans met 150 g (1 k) dadels gekap
2. 150 g (1 k) koekvrugte met 1 k appelmoes of pynappel
3. 150 g (1 k) pruimedante, ontpit met 1 k fyn piesang

Klits eiers, olie en sagte bruinsuiker saam. Voeg die res van die bestanddele by en meng met ballon klitser sodat dele net bymekaarkom.

Giet in lugdigte houer en plaas oornag in yskas. Verder kan jy hierdie mengsel ook vries indien jy met vakansie gaan en saam neem.

Voorverhit oond na 180 ℃ en berei muffin panne voor. Jy kan natuurlik ook in ‘’n broodpannetjie bak as alternatief. Bak vir 25 minute tot gaar.

Mikrogolf: Bak in silikoon pannetjies wat vooraf gespuit is op 100% krag vir 8 minute. Toets of gaar deur nie die muffins uit te haal maar eers binne-in die oond te hou en dan met tandestokkie te steek en gaarheid toets. As die muffins dalk hard is, beteken dit jou tyd is te lank en jou mikrogolf se krag te sterk. Bring dan tyd net af met 2 min en toets dan weer.

Bron: Annelien Pienaar, 2017, Kookklasse
Hoeveelheid: 12

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark (11)
Please login to bookmark Close
Annelien Pienaar

About Annelien Pienaar

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

4 Replies to “30 dae Volgraan muffins”

  1. Santie

    Ek is so bly om weer hierdie resep te sien! My pragtige vriendin Narda van Windhoek het dit (dalk soortgelyk) altyd gebak en die resep vir my neergeskryf toe sy al baie, baie siek was. Ek het egter tussen kontinente se trekkery die kosbare stukkie geskrif verloor. Vir Narda sal ek nooit verloor nie, al het kanker haar al jare gelede so wreed kom steel, want ek dra haar altyd in my hart.
    Dankie vir die resep, en die herinnering aan iemand besonder kosbaar.

  2. Annelien

    Koester kos en koester vriendinne…xxxAnnelien

  3. Rene bartlett

    Vreeslik dankie. 12 op n slag is soms te veel. Uitgevind ek is gluten allergie. So ek sal graag hierdie vir my geliefde weekliks maak. 6 op n slag. Vreeslik dankie. Ek dink jys n ongelooflike vrou

  4. Annelien

    Groot plesier en hoop dit maak ‘n verskil. Groete Annelien

Join the conversation

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark
Please login to bookmark Close

Resep Kategorieë

Nuutste Resepte

Uit die argiewe

Annelien Pienaar

Annelien Pienaar

Food Scientist & Author

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

Follow me
Teken In
Wishlist
Login
Create an account

A link to set a new password will be sent to your email address.

Password Recovery

Lost your password? Please enter your username or email address. You will receive a link to create a new password via email.

TOP
You might like..
SHOPPING BAG 0
RECENTLY VIEWED 0
Annelien Pienaar

Word 'n Lid!

As ’n lid kry jy eksklusiewe toegang tot resepte net vir lede, persoonlike wenke en ’n wonderlike netwerk van mede-kosliefhebbers. Sluit vandag aan en begin jou kulinêre reis met kundige leiding en ondersteuning elke stap van die pad. Jou kombuisavonture is op die punt om nóg meer opwindend te raak!