Ons is bewus van n probleem met die aanlyn kursusse en ons tegniese span is besig om dit te ondersoek.

Heuning en mosted kassler eenpot gereg

Table of Contents

Soet-suur is my groot gunsteling as dit kom by die bereiding van varkvleis en hierdie gereg is regtig vinger lek-lekker!

1 kg van die been gesny of boud vark tjops, blokkies vleis (skaap, bees, hoender en wild werk ook heerlik met hierdie resep). Vir wild maak ‘n nota en week oornag in karringmelk, vee af, sny blokkies en begin by stap 1. Jou gaste sal nie eers weet hulle eet wild.)
250 g gerookte kassler tjops, in blokkies gesny
4 e olyf olie
2 groot uie, fyn gekap
2 seldery stingels, dun ringetjies
1 k songedroogde tamaties (opsioneel)
1 aftreksel blokkie
500 ml water

Voor verhit ‘n giet yster kastrol wat met ‘n dig passende deksel kom. Roerbraai die uie en seldery met ‘n knippie sout tot sag en glansend.

Voeg die vleis by in klein hoeveelhede en braai liggies, maar nie gaar. So seel ons die sappe van die vleis in en dra by tot smaaklikheid.

Wenk: werk ook goed in ‘n slow cooker (deur bg te doen en dan vir 4 ure op high gaar te maak en dan sous by en nog 1 uur op high. Vir die stoompot kan jy basies stappe bo doen en dan laaste as gaar net die sous by en vir 20 min deur kook.

Voeg die res van die bestanddele by en kook tot sag. Teen die einde moet die vog ook redelik weg gekook wees.

Sous
½ k gedroogde sampioen poeier (verdikker)
½ k room / suur room / klapper room of klapper melk
2 t gerookte paprika
½ k heuning
2 e mosterd poeier of ¼ Dijon mosterd
2 t fyn knoffel
Potjie groente van keuse
Sout en peper na smaak

Meng al die bestanddele saam en giet oor vleis en meng goed deur. Kook oor matige hitte vir 25 minute.

Smaaklike ete!

Skakels na geskikte rys geregte:
https://annelienpienaar.co.za/2016/07/27/gebraaide-rys-fried-rice/

https://annelienpienaar.co.za/2018/09/28/rys-varieteite-gebruike-gaarmaak-tegnieke-berging/

Bron: Annelien Pienaar, www.annelienpienaar.co.za, 2020-04-03
Hoeveelheid: 6 porsies

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark (2)
Please login to bookmark Close
Annelien Pienaar

About Annelien Pienaar

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

Join the conversation

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark
Please login to bookmark Close

Resep Kategorieë

Nuutste Resepte

Uit die argiewe

Annelien Pienaar

Annelien Pienaar

Food Scientist & Author

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

Follow me
Teken In
Wishlist
Login
Create an account

A link to set a new password will be sent to your email address.

Password Recovery

Lost your password? Please enter your username or email address. You will receive a link to create a new password via email.

TOP
You might like..
SHOPPING BAG 1
RECENTLY VIEWED 0
Annelien Pienaar

Word 'n Lid!

As ’n lid kry jy eksklusiewe toegang tot resepte net vir lede, persoonlike wenke en ’n wonderlike netwerk van mede-kosliefhebbers. Sluit vandag aan en begin jou kulinêre reis met kundige leiding en ondersteuning elke stap van die pad. Jou kombuisavonture is op die punt om nóg meer opwindend te raak!