Ons is bewus van n probleem met die aanlyn kursusse en ons tegniese span is besig om dit te ondersoek.

Gevulde kabeljou met ‘n Griekse geurtjie

Table of Contents

Daar is niks so heerlik soos ‘n vars vars vissie gekoop by die hawe as die vissersbote in kom. Seker een van die redes hoekom ek altyd met wegbreek sessies na die kus seker maak ons bespreek by ‘n kampeer plek wat ook naby ‘n hawe is of viswinkel met vars vis.

Ek hou van ʼn kabeljou gevul met heerlike vars kruie, suurlemoen, knoffel en klontjies botter, so ʼn effense Griekse styl met die olywe en ook ekstra olyfolie as vulsel. Saam met hierdie heerlike vis gebraai oor die kole bedien ek skywe bruchetta met knoffel botter gesmeer en oor die kole bruin gebraai. Stukkies vis word dan so vanaf die braaier op die broodjies gepak. Ek weet dit is nou nie baie goeie maniere, maar om dan die sousie so in die foelie van die vis met stukkies brood op te slurp…wel, jy kan net dink die wonderlike geure wat hier uit kom. Al honger? Kom ons begin.

Vir ʼn gesin van 6:
1.5-2 kg kabeljou heel en skoon gemaak. Kop en stert kan nog aan wees.
1 heel suurlemoen, skywe gesny (heerlike wenk: 5 suurlemoen blare vars is ook heerlik om in die vis te pak.
12 olywe, ontpit
12 kersie tamaties, halveer
30 ml balsamiese asyn
60 ml olyf olie
45 ml gesmelte botter of room
2 knoffel toontjies, fyn gedruk
5 takkies tiemie
Katoen tou vir die vasbind van die vis
Sout en peper na smaak

Kole moet gereed wees vir braai! So begin betyds. Maar jy kan hierdie vis ook by 180C in die oond bak vir 20 minute.

Plaas ʼn stuk foelie wat dubbeld gevou is, om skeur te voorkom, op ʼn plat oppervlak. Plaas die gevlekte vis bo-op.

Meng die sous: balsamiese asyn, olyf olie, gesmelte botter/room, fyn knoffel, strook een takkie tiemie af en meng alles saam. Hou eenkant.

Pak die res van die bestanddele in die gevlekte vis. Begin met sout en peper, suurlemoen wieletjies (jy kan hier besluit hoe suur jy wil gaan…), twee takkies tiemie, helfte van olywe en helfte van die tamaties aan beide kante. Druk bestanddele vas en vou die vis toe. Sout die vis aan die buitekante. Giet sous oor. Bind die vis vas met tou sodat die bestanddele binne kan bly as die vis gedraai word. Vou die vis toe in die foelie. Plaas die vis in ʼn toeknyp rooster en rooster 8 min per kant en bedien dadelik.

Bron: www.annelienpienaar.co.za 2022 deur Annelien Pienaar

My kookboeke is hier beskikbaar: Kookboeke

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark (2)
Please login to bookmark Close
Annelien Pienaar

About Annelien Pienaar

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

Join the conversation

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark
Please login to bookmark Close

Resep Kategorieë

Nuutste Resepte

Uit die argiewe

Annelien Pienaar

Annelien Pienaar

Food Scientist & Author

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

Follow me
Teken In
Wishlist
Login
Create an account

A link to set a new password will be sent to your email address.

Password Recovery

Lost your password? Please enter your username or email address. You will receive a link to create a new password via email.

TOP
You might like..
SHOPPING BAG 1
RECENTLY VIEWED 0
Annelien Pienaar

Word 'n Lid!

As ’n lid kry jy eksklusiewe toegang tot resepte net vir lede, persoonlike wenke en ’n wonderlike netwerk van mede-kosliefhebbers. Sluit vandag aan en begin jou kulinêre reis met kundige leiding en ondersteuning elke stap van die pad. Jou kombuisavonture is op die punt om nóg meer opwindend te raak!