Die Slaaisous in hierdie resep is lag-lag die lekkerste deel! ‘n Veelsydige sous nie net vir slaai. As jy ‘n Bamix blender stok het, maak jy sous binne sekondes.
Botterskorsie(butternut) of Ysterpampoen skywe soveel jy wil
!
Sprinkel met olyfolie, bietjie heuning en bak oop in oond van 200C tot sag.
Kap kale of baba spinasie op en sprinkel oor die pampoen met paar gestoomde brokkoli blommetjies, neute van keuse. Rooster vir 5 min en bedien met die volgende slaaisous.
Slaaisous
1/2 k olyfolie
1/4 k balsamiese asyn
1 fyn gedrukte knoffeltoontjie
1 t gladde mosterd
2 e heuning
1/2 t tiemie
Sout en peper na smaak
Blitz deur met Bamix se B lem en voila, gladde homogene sous! Giet oor laai en sprinkel met boom of grond neute soos verkies.
Kan met rysnoedels soos vir pasta bedien word vir n volle vegetariese ete. So ñ paar skyfies vars parmasaan of pecorino sal ook heerlik die gereg komplimenteer.
Geniet met komplimente uit die BKT plaas kombuis! www.annelienpienaar.co.zaÂ
Sous hoeveelheid is ongeveer 1/2 k en kan met gemak vermeerder word.Â


2 Replies to “Gebakte pampoen slaai met romerige balsamiese asyn slaaisous”
Adelene Maritz
Naand Annelien.
Ek het my bamix baie jare gelede gekoop en glo dit sal kan doen met n diens.
Is dit moontlik en wat sal die koste min of meer daaraan wees
groet
Adelene
Annelien
Hallo Adelene,
Epos my by boerekostwist@gmail.com dan reel ons ‘n kowotasie. Die Bamix dienssentrum is in Johannesburg dus sal dit jou kos om die koerier self te reel en dan is die diens min of meer R350. Maar dit sal ons eers beter weet as jy die jobcard ingevul het.
Groete Annelien