Ons is bewus van n probleem met die aanlyn kursusse en ons tegniese span is besig om dit te ondersoek.

Botter Hoender sosaties

Table of Contents

As gesin wanneer ons bietjie wegbreek is hierdie ‘n heerlike item op die spyskaart om te berei en kan vooraf bevries word en saam vir ‘n heerlike naweek in die bosse en kampeer bedien word. Die goud van die resep sit in die feit dat hierdie resep nie net as sosatie bedien word, maar dat dit in ‘n pan gekook kan word as ‘n bredie saam met pasta, rys of platbrode bedien. Of maak ‘n heerlike sosatie, roosterkoek en vorm die roosterkoek langwerpig en eet dit soos ‘n kofta. Hoe dit ookal is…dit is lip lek lekker! Geniet.

1 kg hoender filette, in 3 cm x 3 cm blokkies gesny

Marinade
1 k Amazi of karringmelk
50 ml suurlemoensap
1 t suurlemoen skil, gerasper, zest
1 e tamatie paste
2 e heuning/ bruinsuiker
¼ t vars gemmer gerasper
1 t fyn knoffel, vars
1 t garam masala
1 t borrie
1 t gerookte paprika
½ t sout
Peper na smaak

Meng al die marinade bestanddele saam in ‘n glas mengbak. Rede: metaal kan reageer en plastiek sal die geure en kleure absorbeer. Enamel ware is geskik.

Sny die hoender filette deur die lengte in vier stukke en sny dan weer in 4 dele.

Marineer die hoender vir 3 ure of oor nag. Hou te alle tye in die yskas.

Indien hout sosatie stokkies gebruik word, laat die stokkies eers in koue water week vir ‘n halfuur sodoende die hout uit swell en nie splinters maak as die vleis op die stokkie geryg word.

Die marinade kan nie weer gebruik word.

Sous
4 e botter NIE margarien, egte plaas botter
1 t knoffel, vars en fyn gemaak
1 medium ui, fyn gerasper
¼ t gemmer fyn gerasper
1 e tamatie paste
¼ k tamatie puree
1 blikkie klapper room
4 e amasi of karringmelk
1-2 t garam masala
1 t borrie of 5 saffraan drade
½ t sout of na smaak

Smelt die botter in ‘n pan oor medium hitte en braai die ui, knoffel en gemmer saam vir 3 minute.

Meng die speserye by en braai om al die geure te ontsluit vir 2 minute. Voeg dan die tamatie puree, tamatie paste by en braai effens om die soetheid van die tamatie uit te bring.

Voeg dan die klapper room en amazi by en kook die sous oor lae hitte totdat die mengsel verhit het.

Hierdie sous word gebruik om saam met die sosaties bedien te word.

Sosatie
Braai die sosaties oor warm kole tot gaar en draai gereeld. Neem van die marinade en smeer oor soos jy braai. Bedien warm.

Bedienings voorstel: saam met platbrode, roosterkoek of heerlike Spaanse rys of gewone wit of geel rys.

Bron: www.annelienpienaar.co.za deur Annelien Pienaar, 2024 vir Pretoria FM luisteraar insetsel
Hoeveelheid: 6-8 sosaties 4 porsies

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark (5)
Please login to bookmark Close
Annelien Pienaar

About Annelien Pienaar

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

0 Replies to “Botter Hoender sosaties”

  1. elsalaubscher2014

    Annelien sal dit goed vries..met sous of sonder sous…. ? Dankie

Join the conversation

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark
Please login to bookmark Close

Resep Kategorieë

Nuutste Resepte

Uit die argiewe

Annelien Pienaar

Annelien Pienaar

Food Scientist & Author

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

Follow me
Teken In
Wishlist
Login
Create an account

A link to set a new password will be sent to your email address.

Password Recovery

Lost your password? Please enter your username or email address. You will receive a link to create a new password via email.

TOP
You might like..
SHOPPING BAG 1
RECENTLY VIEWED 0
Annelien Pienaar

Word 'n Lid!

As ’n lid kry jy eksklusiewe toegang tot resepte net vir lede, persoonlike wenke en ’n wonderlike netwerk van mede-kosliefhebbers. Sluit vandag aan en begin jou kulinêre reis met kundige leiding en ondersteuning elke stap van die pad. Jou kombuisavonture is op die punt om nóg meer opwindend te raak!