Ons is bewus van n probleem met die aanlyn kursusse en ons tegniese span is besig om dit te ondersoek.

BKT Kombuis-koors

Table of Contents

Goeie dag liewe leser.

Die Feestyd begin nou al ‘n realiteit te word en of jy dit vier of nie, die gevoel van vakansie is in die lug. Die afgelope week het ek ‘n wye verskeidenheid resepte vir klein koekies op die Boerekos met ‘n Twist Facboek blad gedeel. Loer gerus daar of op die webtuiste onder Koekies.

Hierdie week het ek die volgende aanlyn video klas gelaai en daar is reeds gisteraand ‘n rits mense wat hierdie klas aangekoop het. Baie dankie vir die ondersteuning want ek weet dus dat die klasse wêreld wyd nou bygewoon kan word. My Engels is maar gebroke maar ek glo die boodskap kom uit. Hiermee saam het ek ook met die webtuiste ontwikkellaar gepraat oor sertifikate van voltoing van die klasse. Jy sal sien dat soos jy werk die sisteem vir jou aandui hoeveel persent van die klas reeds gedoen is. As jy by 100% kom sal jy wel ‘n epos ontvang met jou sertifikaat in pdf formaat. Onthou elke klas het jy lewenslank toegang tot en ek gradeer en voeg inligting by soos die tyd verloop. Dus is dit ‘n lang termyn belegging. Hierdie gereedskap wat ek gee is ook wonderlik om met personeel opleiding te gebruik in klein sake ondernemings. Ek moedig dit dus aan om ook so skills training te gee. Vir die Fermentasie klas is daar ‘n spesiale aanbod van 15%, loer na die koepon kode. Die aanbod is net vir 10 dae geldig. Die volgende klas wat gelaai word volgende week is oor Royal icing om Zoo cookies / Floated koekies te maak. Daar gaan ook ‘n ekstra bederf video in hierdie versameling wees vir 3 D blommetjies wat gedroog kan word om los op koeke ens te gebruik. Die raklewe van so ‘n versiering is 12 maande!

Dankie ook aan ieder en elk wat aan die Boks vir ‘n Boervrou projek deel geneem het. Daar is ‘n resep wat julle kan druk met die titel Boks vir ‘n Boervrou boere brood. Sit hierdie resep saam in so ‘n boks om vir ‘n boervrou te help om heerlike kos op die tafel te sit met of sonder elektrisiteit. Dit is wonderlik om saam ‘n verskil te maak en al die oop harte en hande te sien.

Mag die nuwe week vol seën en goedheid vir jou wees.

Groete Annelien Pienaar

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark (0)
Please login to bookmark Close
Annelien Pienaar

About Annelien Pienaar

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

Join the conversation

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark
Please login to bookmark Close

Resep Kategorieë

Nuutste Resepte

Uit die argiewe

Annelien Pienaar

Annelien Pienaar

Food Scientist & Author

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

Follow me
Teken In
Wishlist
Login
Create an account

A link to set a new password will be sent to your email address.

Password Recovery

Lost your password? Please enter your username or email address. You will receive a link to create a new password via email.

TOP
You might like..
SHOPPING BAG 1
RECENTLY VIEWED 0
Annelien Pienaar

Word 'n Lid!

As ’n lid kry jy eksklusiewe toegang tot resepte net vir lede, persoonlike wenke en ’n wonderlike netwerk van mede-kosliefhebbers. Sluit vandag aan en begin jou kulinêre reis met kundige leiding en ondersteuning elke stap van die pad. Jou kombuisavonture is op die punt om nóg meer opwindend te raak!