Ons is bewus van n probleem met die aanlyn kursusse en ons tegniese span is besig om dit te ondersoek.

BKT Kletskombuis

Table of Contents

Hallo Twisters.

Hierdie was ‘n uitdagende week, ‘n week waar ek self ook nie toegang tot die webtuiste se “agterkant” gehad het. So kon ek ook nie veel help met navrae nie. Ons is nou amptelik aan die rol en glo dat alles klopdisselboom sal werk. Die arme webtuiste ontwikkelaar het seker gevoel, wat het hy aangevang om my as kliënt aan te neem. Elke geval, hy is super oulik en is kookwater by die beantwoording van navrae en rigting gee.

Hoe werk die storie nou? Daar is twee subskripsie opsies vir julle om van te kies. Beide se betalings werk presies dieselfde. Jy moet eers vooraf registreer wat basies beteken  jy moet jou pos of fisiese adres invul en baie, baie belangrik jou epos adres. Ek het vir beide betaal opsies dinge so opgestel dat jy nie ‘n password of user id nodig het nie…want ek gooi myne altyd weg of vergeet. So, nou kry jy outomaties toegang sonder om weer iets te moet onthou.

Betaal opsie 1: Payfast: (ook geskik vir die internasionale intekenare) en alle soorte bank kaarte word aanvaar. Sodra jou betaling deur is sal jy direkte toegang tot die tuiste verkry. Omrede jy vir registrasie jou epos adres verskaf het, sal jy outomaties toegang kry. Maak seker van twee goed wat krities is: Die #1234 verwysings nommer en die korrekte spelling van jou epos adres. As jy verkeerd spel gaan jy nie toegang kry nie. Jy sal ‘n boodskap kry.

Betaal opsie 2: EFT: Hier gaan jy ‘n epos ontvang met my bank besonderhede. Maak seker dat jy jou eposadres reg invul en ook die #1234 verwysings nommer te alle tye meld waar gevra word. Maak seker jy stuur jou bewys van betaling via jou bank of ingescan na: boerekostwist@gmail.com. Sodra ek jou bewys van betaling ontvang, word jy dan toegelaat tot die membership.

Jy kan ook per kontant betaling betaal (onthou die verwysings #1234 nommer), maar jy moet nog steeds die EFT strokie invul en my epos as jy kontant gaan inbetaal. Sodra ek jou strokie ontvang, werk dit presies dieselfde soos met EFT verduidelik.

Daar is ook ‘n gratis kanaal, maar ongelukkig net 1 resep per maand wat ek kan deel.

Hoe gaan jy te werk om ‘n “Subscriber” te word?
1. Gaan na die webtuiste: www.annelienpienaar.co.za en kliek op die “Shop”.

2. Kliek direk op die aantal maande wat jy voor wil inteken: 6 of 12 maande.

3. Kies die opsie op die prentjie wat oop maak: Add to cart.

4. Kyk heel bo regs op jou skerm is daar ‘n rooi trollie. Die trollie sal ‘n syfer wys, gewoonlik is dit die syfer wat aandui hoeveel goedjies jy wil aankoop. Klik dan op daardie rooi trollie.

5. Die rooi trollie sal dan oop maak en vir jou vra watter betaal opsie jy van gebruik wil maak: Payfast vir die kaarte (Visa, Mastercard ens…ook vir internasionale intekenare) of EFT. Lees asb die vooraf gaande artikel in die nuusbrief oor wat nodig is.

6. Vul jou besonderhede in en hou jou epos dop vir instruksies of bevestiging van betaling.

7. Sit agteroor en geniet jou nuwe direkte toegang tot BKT.

Geniet die nuwe BKT tuiste en mag ons nog vir lank saam leer, kuier en kook.

Annelien

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark (0)
Please login to bookmark Close
Annelien Pienaar

About Annelien Pienaar

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

Join the conversation

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark
Please login to bookmark Close

Resep Kategorieë

Nuutste Resepte

Uit die argiewe

Annelien Pienaar

Annelien Pienaar

Food Scientist & Author

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

Follow me
Teken In
Wishlist
Login
Create an account

A link to set a new password will be sent to your email address.

Password Recovery

Lost your password? Please enter your username or email address. You will receive a link to create a new password via email.

TOP
You might like..
SHOPPING BAG 1
RECENTLY VIEWED 0
Annelien Pienaar

Word 'n Lid!

As ’n lid kry jy eksklusiewe toegang tot resepte net vir lede, persoonlike wenke en ’n wonderlike netwerk van mede-kosliefhebbers. Sluit vandag aan en begin jou kulinêre reis met kundige leiding en ondersteuning elke stap van die pad. Jou kombuisavonture is op die punt om nóg meer opwindend te raak!