Ons is bewus van n probleem met die aanlyn kursusse en ons tegniese span is besig om dit te ondersoek.

BKT kletskombuis

Table of Contents

Photographer Hanneri de Wet

Hallo Twisters. Die weke spoed verby en die naderende feestyd maak my benoud. Die eksamen is na die vakansie ook ophande en my spyskaarte moet aangepas word om meer te fokus op breinkos vir die familie se tyd van studies. Optimale brein funksie. Daarom bak ek met Flaxseeds, -seed olie ens. omdat dit ryk is aan die omega olies. Verder sit ek bietjie Evening Primrose oil by die daaglikse supplemente en maak seker die Filsityne eet ook heel grane wat gepak is met VitB groep sodat dit die senuweestelsel kan ondersteun. Dus, kan mens jouself gesond eet sonder om pille te moet drink. Hou maar die weeklikse nuwe resepte dop met idees hoe ek dit bewimpel.

Verder is daar lekker bederfies volgende week op die winkel rakke vir julle. Huisgenoot van 28 September het ‘’n hele uittreksel van Boerekos met ‘’n Twist se resepteboek gedoen en glo vir my, as jy nie die boek nou al kan bekostig nie, wel, gaan jy verseker paar goue resepte ontvang. Dan is daar paar plekke in die land waar ek getekende kopieë van BKT afgegee het. Julle kan in Stilbaai by Kasselshoop kaasmakery gaan inloer vir ‘’n kopie, dan Van Gaalen Kaas plaas in Hartbeespoortdam en Brits by Impala vleismark. Loot het nog steeds groot aanbiedinge op die boek en sal tot en met 2018 so wees. Dus, spaar rustig.

Ek gaan bietjie in Machaddodorp werk en Suurdeeg klas aanbied en boeke praatjie doen, 30 September by Milly’s. Daarna jaag ek terug om dan by Aardklop te gaan kuier vir 3 dae saam met Herman Lensing waar ons mekaar se boeke gaan bespreek. Ek is Saterdag vanaf 13h00 by ATKV se boeke tent om boeke te teken. Daarna gaan ek fort terug huis toe. So, besige tyd en hoop om iewers julle Twisters te ontmoet. Al kan jy nie ‘’n boek koop nie, kom sit en luister saam!

Aan die Engelse BKT volgers rig ek ‘n versoek dat julle asb na NB-uitgewers se webwerf sal gaan en dan ‘n navraag rig om die BKT boek in engels te kry. Hulle wag vir julle motivering. So help asb om hierdie moontlik te maak.

Groete

Annelien

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark (0)
Please login to bookmark Close
Annelien Pienaar

About Annelien Pienaar

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

Join the conversation

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark
Please login to bookmark Close

Resep Kategorieë

Nuutste Resepte

Uit die argiewe

Annelien Pienaar

Annelien Pienaar

Food Scientist & Author

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

Follow me
Teken In
Wishlist
Login
Create an account

A link to set a new password will be sent to your email address.

Password Recovery

Lost your password? Please enter your username or email address. You will receive a link to create a new password via email.

TOP
You might like..
SHOPPING BAG 1
RECENTLY VIEWED 0
Annelien Pienaar

Word 'n Lid!

As ’n lid kry jy eksklusiewe toegang tot resepte net vir lede, persoonlike wenke en ’n wonderlike netwerk van mede-kosliefhebbers. Sluit vandag aan en begin jou kulinêre reis met kundige leiding en ondersteuning elke stap van die pad. Jou kombuisavonture is op die punt om nóg meer opwindend te raak!