Ons is bewus van n probleem met die aanlyn kursusse en ons tegniese span is besig om dit te ondersoek.

BKT Klets-kombuis

Table of Contents

Hallo liewe Twister,

Die jaar begin ook al verby die half jaar merk wikkel en die winter staan hier in Suid-Afrika einde se kant toe. Ek begin reeds te werk aan die spesiale klasse vir Desember naamlik: Geskenke uit jou Koskas en glo vir my, hierdie jaar se spesiale klasse sien daarna uit om net gesonde en spesiale geskenke aan ieder en elk te gee. Ek wil byvoorbaat vir Eureka Mills dankie sê vir hul getroue borgskap van Annelien Pienaar Food Consultant se klasse reg deur Suid-Afrika. Dankie vir konstante en gehalte produkte vir ons, die verbruiker op Suid-Afrika en ook Namibië se rakke. Dit is al 4 jaar wat ons saam werk en sien uit na die toekoms.

Die finansies reg deur die land knyp erg en die briewe vir hulp stroom daagliks in. Ek is hier as ʼn instrument in die Vader se hand om vir julle basiese lewensvaardighede in die kombuis te leer sodoende met genoeg “Voedsel veilige” kennis ʼn ekstra inkomste te genereer. Gesonder kos aan jou geliefdes te gee en jouself met hart, siel en gees gesond te hou…want jy is (man of vrou) wel die ene wat almal saam bind. Daarom het ek BKT begin om mense te bemagtig in ʼn samelewing wat net geld wurg en niks terug ploeg. Ek word daagliks met oorvloed geseën en daarom die olyf tak ook aan jou.

Volgende maand skop ek af met aanlyn video klasse wat jy in die gemak van jou huis, oor en oor kan kyk, saam doen en resultate op ʼn “secret” groep deel en ons bespreek soos die sessie aan gaan. Daarmee saam loods ek 1 x in 3 maand ʼn projek wat ek jou uitnooi om jou besigheid te adverteer, gratis, in die Nuusbrief. Ek wil nie inbusse met gemors pos oorstroom, dus laai ek self en niemand het toegang tot my databasis, behalwe ek. Hou maar my posts dop vir die wanneer, formaat en hoe. Ek hoop dit sal iewers iemand help om die inkomste aan te vul.

In die nuwe week sal ek ook n nuwe gratis kook projek met julle doen…hou dus Faceboek se Boerekos met ‘n Twist blad dop.

Mag dit ʼn wonderlike naweek vir julle wees en die nuwe week vol seëning op jul pad.

Groete Annelien

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark (0)
Please login to bookmark Close
Annelien Pienaar

About Annelien Pienaar

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

12 Replies to “BKT Klets-kombuis”

  1. rickygouws

    Dankie Annelien vir alles sien uit na die videos moet ons aansluit om dit te kry of bestel of hoe gaan dit werk. Groete en baie dankie nogmaals

  2. Annelien

    Die video’s sal op die winkel gelaai word en jy koop dit dan so aan en ontvang dan ‘n skakel na die video aanlyn waar jy dan lewenslank toegang tot heirdie video sal verkry. Groete Annelien

  3. rickygouws

    Baie dankie baie opgewonde liefdegroete

  4. Annelien

    Dankie Ricky, Groete Annelien

  5. sagrobbelaar

    klink na n perfekte plan

  6. Annelien

    Sommer baie bly jy dink ook so. Groete Annelien

  7. Daleen Swanepoel

    Lo Annelien . Eks n nuwe lid en moet Nog gekonfyt raak om sekere resepte op te spoof . Ek soek n Lekker resep vir skaapstertjie braai en n poeding Of koek Met gedroogde pruime wat al n jaar in Die vrieskas le . Het jy Dalk vir my bietjie raad hier . Dankie

  8. dorothycloete.marais

    Baie dankie Annelien en Eureka Mills. Vandat ek self my broodbak met julle proud, het ek Sommer 3/4 van ons probleme uitgeskakel. Bloating, acid etc
    Nogmaals dankie Annelien dat jy do ‘n verskil in ons lewens maak.

  9. Annelien

    Dorothy, sommer baie dankbaar om te hoor dat dit beter gaan en die resepte werk vir jou. Kyk voort met suiwer ongekompliseerde meel en onverwerkte produkte. Dankie dat jy die goeie resultate deel Groete Annelien

  10. Annelien

    Hallo Daleen. Skaap stertjies word vooraf gesout, met suurlemoensap bedruip, knoffel en dan oor die kole gebraai totdat die vetjies uit is. Ek is lief daarvoor om kaings te braai van hierdie stertjies. Vir die gebruik van die webtuiste kan jy na die vergroot glas gaan loer en jou terme in pons of jy kan gaan na BKT resepte en as jy jou muis oor die opskrif hou sal daar ‘n menu wys met al die afdelings om van te kies. epos my by boerekostwist@gmail.com as ek verder tot diens kan wees. Groete Annelien

  11. Deicy Mangones

    I can’t wait for this! The classes will also in English?

  12. Annelien

    Hallo Deicy, YES the classes will be only in English for practical purposes due to research for the students later on with regards to terminology. Hope to see you soon in class! Kind Regards Annelien

Join the conversation

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark
Please login to bookmark Close

Resep Kategorieë

Nuutste Resepte

Uit die argiewe

Annelien Pienaar

Annelien Pienaar

Food Scientist & Author

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

Follow me
Teken In
Wishlist
Login
Create an account

A link to set a new password will be sent to your email address.

Password Recovery

Lost your password? Please enter your username or email address. You will receive a link to create a new password via email.

TOP
You might like..
SHOPPING BAG 1
RECENTLY VIEWED 0
Annelien Pienaar

Word 'n Lid!

As ’n lid kry jy eksklusiewe toegang tot resepte net vir lede, persoonlike wenke en ’n wonderlike netwerk van mede-kosliefhebbers. Sluit vandag aan en begin jou kulinêre reis met kundige leiding en ondersteuning elke stap van die pad. Jou kombuisavonture is op die punt om nóg meer opwindend te raak!