Ons is bewus van n probleem met die aanlyn kursusse en ons tegniese span is besig om dit te ondersoek.

Bees stert met ‘n Twist

Table of Contents

Kasserol styl geroosterde Bees stert is vir my iets wat ek mee groot geraak het en steeds verkies BO ‘n Bees stert bredie met souse en groente. Die gaarmaak metode behels eers die in seël van die stukkies vleis bietjie vir bietjie, daarna word sommige van die groente in die einste pan effe gerooster. Die res van die groentes word dan bo-op die uie geskep en die Bees stert stukkies heel bo. ‘n Aftreksel word bygevoeg en die kasserol bak geseël met foelie of foelie en ‘n dig passende deksel. Hierdie gaarmaak metode is geskik om in ‘n pizza oond, oor die kole of gewone oond toe te pas. Die geheim hier is egter stadige en sagte hitte en lang tyd om die bind weefsel en kraakbeen sag te maak om die gelatien, die taai gedeelte te onttrek en die vleis sag te maak en al die ander geure van die groente te absorbeer. Hierna as die vleis murg sag is, word die groente ‘n puree van gemaak saam met die sous wat gevorm word en dan as die hoof sous bedien. Jy kan jou tyd neem en baie ander dinge in hierdie tyd doen sonder om die heeltyd die kokende mengsel op te pas.

Hierdie was ons slagtyd se bederf kossie. Hoop jy geniet hierdie resep terdeë!

2 kg bees stert opgesny in stukkies
2 groot uie, fyn gekap
3 wortels, geskil en in ringe gesny
3 preie, in wiele gesny
2 seldery stingels, in 2 cm ringe gesny
250 g knopie sampioene
1 knoffel huisie, halveer
500 ml tot 1 liter warm aftreksel van jou keuse (gewoonlik 1 aftreksel blokkie opgelos in 1 liter kook water)
500 ml goeie kwaliteit rooi of wit wyn na keuse, indien wyn nie vir jou werk, kan die hoeveelheid met aftreksel vervang word.
Olyf olie
Sout
Peper
Koekmeel

Wenk: ek verkies om met hierdie resep al die braai en kook werk in een kastrol te doen om al die geure van hierdie wonderlike gereg in die pot te hou. Kies ‘n groot gietyster kastrol met dig passende deksel wat al die bestanddele sal kan akkommodeer.

Voor verhit oond na 160C. Neem ‘n giet yster plat boom pot en voor verhit oor hoë hitte. ‘n Water druppel moet op die warm pan soos ‘n albaster rol nie ‘n plassie kook.

Braai die uie met ‘n knippie sout tot glansend en skep uit en hou eenkant.

Rol die bees stert stukkies in klein hoeveelhede in koekmeel. Braai dan met ‘n bietjie olyfolie in die warm pan, bietjies vir bietjies. Die pan moet warm bly. Hou so aan totdat al die vleis gebraai is. Die idee is nie om die vleis gaar te maak maar om die sappe in te seel. Dus moet die vleis net vinnig verbruin word, nie gekook.

Die pan is nou redelik aangebrand, moenie kommer. Die geure is hier opgesluit. Voeg die aftreksel en wyn dadelik by, onthou die aftreksel MOET warm wees. Sodra die mengsel kook roer sodat die bodem los kook en die sousie redelik verdik. Pak al die groentes in die bodem en die knoffel huis onder in. Moenie kommer oor die blare nie, later druk jy die knoffel uit en maak ‘n puree.

Pak die vleis stukke terug op die groente. Bedek met foelie, sit deksel op en plaas in hitte bron van 160 C vir 5-6 ure. Loer na die gereg by die 3 ure merk en as dit droog voorkom, voeg weer ‘n bietjie warm aftreksel by of net warm water.

Sodra die Bees stert sag is, skep dit uit en maak dan ‘n puree van die groente. Druk die knoffel uit en meng by die groente puree in. Sout en peper na smaak.

Neem 1 k room en roer by, sout en peper na smaak en giet oor die Beesstert en bedien met pasta, rys, gnocci, mielierys of stampmielies.

Volg saam by my kook groep op FB genaamd Boerekos met ‘n Twist!

Bron: www.annelienpienaar.co.za deur Annelien Pienaar 2024
Hoeveelheid: 4-6 porsies.

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark (6)
Please login to bookmark Close
Annelien Pienaar

About Annelien Pienaar

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

Join the conversation

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark
Please login to bookmark Close

Resep Kategorieë

Nuutste Resepte

Uit die argiewe

Annelien Pienaar

Annelien Pienaar

Food Scientist & Author

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

Follow me
Teken In
Wishlist
Login
Create an account

A link to set a new password will be sent to your email address.

Password Recovery

Lost your password? Please enter your username or email address. You will receive a link to create a new password via email.

TOP
You might like..
SHOPPING BAG 1
RECENTLY VIEWED 0
Annelien Pienaar

Word 'n Lid!

As ’n lid kry jy eksklusiewe toegang tot resepte net vir lede, persoonlike wenke en ’n wonderlike netwerk van mede-kosliefhebbers. Sluit vandag aan en begin jou kulinêre reis met kundige leiding en ondersteuning elke stap van die pad. Jou kombuisavonture is op die punt om nóg meer opwindend te raak!