Ons is bewus van n probleem met die aanlyn kursusse en ons tegniese span is besig om dit te ondersoek.

Natuurlik gegeurde water: detox, immuniteit, veroudering, energie

Table of Contents

Gegeurde water het ‘n baie interessante onderwerp geword toe ek begin navorsing doen oor die tema vir Gladde Jantjies/Smoothies. Die smoothies het my terug geneem na die oorsprong…gegeurde water of soos dit beter beskryf word in die Engelse taal: Infused water. Infusies van water bestaan al vir miljoene jare en die gebruik is dus nie uniek of ‘n nuwer wetse gier nie. Die doel van hierdie water is om die liggaam skoon te maak van vrye radikale en karsinogenes wat in die liggaam kan opbou. Help met gewigsverlies, bou immuniteit en vele meer. Hierdie artikel handel dus net oor Infusie van water. Ons sal in ‘n latere artikel kyk na Smoothies.

1. Detoxing Die Vitamine C in die suurlemoen is ‘n wonderlike skoon maak vir die bloedsisteem en organe. Hierdie skoonmaak aksie ondersteun en versterk ook die lewer en niere. Rooipeper is bekend daarvoor om die metabolisme wakker te maak sodoende die tempo van detoxing vinniger te maak. Die groen tee ondersteun en help die ander bestanddele in die onderhouding van goeie detoxing.

Suurlemoen en groentee

1 liter water
1 groot suurlemoen, geskil en in skywe gesny
1 t rooipeper vlokkies of ¼ t fyn rooipeper
1 groen tee sakkie

Giet water in ‘n glas fles. Plaas die suurlemoen skywe en twee repies van die skil saam met die rooipeper en tee sakkie in die fles met water. Trek die mengsel oornag in ‘n donker plek. Dreineer die volgende dag en stoor maksimum 48 uur.

2. Immuniteit booster
Die pomelo in hierdie resep bevat lycopene en limonoids wat sitrus antioksidante spesefiek is. Hulle is kragtig saam met Vit C en reinig die liggaam van toksienes en slegte mikrobes. Die gemmer het ‘n anti virale en –mikrobiale funksie en dus gesien as ‘n vorm van “natuurlike antibiotika” juis oor die teenwoordigheid van shogaol en gingerol. Die komkommer bevat belangrike nutriente soos silica, selenium, Vit A, C en E. As jy hierdie infusie van water neem sal jy verseker ń kuur teen griep kry voor dit jou longe aanval. Onthou, die water verhoed maar genees jou nie,  as jy reeds baie siek is. Dus, neem hierdie water voorkomend en gedurig.

Sitrus en Pomelo bom
1 liter water
100 g komkommer in ringe of repies gesny
1 groot pomelo geskil en in kwarte gesny, hou twee skille apart om in water te sit
1 gemmer toontjie so lank soos jou duim, geskil en in dun ringetjies gesny

Plaas water in glas fles. Voeg al die bestanddele in die fles met water en trek by kamertemperatuur vir 6 ure. Dreineer indien verkies en drunk binne 36 ure.

3. Vel en veroudering
Die bestanddele in hierdie resep is wonderlike antioksidant teen vrye radikale. Daar is die phytochemicals wat help onderhou en versterking van vel selle sodat dit elasties bly en fermer word.

Appel en bessie water
1 Liter water
¼ k frambose / raspberries puree
¼ k blueberry puree
1 medium Fuji appel in wiggies gesny

Vul fles met water en voeg die bestanddele by. Laat staan vir 8 ure in yskas en dreineer indien verkies. Gebruik binne 48 uur.

4. Energie booster Groen tee se natuurlike caffeine stimuleer die brein en liggaam om meer energie te kry soos wat jy die hele dag daaraan drink. Vit B en C in die pomelo en die mint blare dra by tot die voed van die brein en veral in warm somer maande koel die mint die liggaam af en dien ook as ‘n detixifier. Een van my persoonlike gunsteling drankies wat my oral vergesel met ‘n besige skedule. Die ment breek ook die bitterheid van die groentee. Heuning kan bygevoeg word, verkieslik rou heuning wat nog vol lewende microbes is.

Groentee en Pomelo-mint water
1 liter water
2 groentee sakkies
1 groot pomelo geskil en in skywe gesny
¼ k ment blare ingedruk en dan opgerol en fyn gesny

Plaas water in glas fles en vul met die res van die bestanddele trek vir 6 ure, dreineer en geniet binne 48 uur.

5. Inflamasie en Intestinale gesondheid Die wonder van beet. Het jy geweet dat beet hoog is in magnesium, vesel, yster, Vit A, B, C en beta karotene en foliensuur. In totaal vir my een van die groente soorte in sy rou vorm onderskat en onder gebruik. Al hierdie eienskappe wat genoem is het ten doel om inflamasie en kanker tee te werk asook die hart te versterk.

Beet booster
1 liter water
1 medium rou beet in dun skyfies gesny
½ k vars kersies of frambose fyn gedruk

Plaas water en bestanddele in glas beker en trek vir 6 ure. Dreineer indien verkies. Geniet binne 48 uur.

Komkommer detox en gewigsverlies
1 liter water
500 g komkommer
1 suurlemoen, in ringe gesny

Plaas al die bestanddele in die water en verkoel oor nag in yskas. Geniet die volgende dag. Verfrissend en heerlik. Indien jy wil kan jy ;n stukkie ment by sit vir ekstra detox

Bron: 1. Eliq Maranik, 2015, first edition 2. Margaret Roberts, Essential oils, Companion planting, 20 edition 3. Inligting getoets en saamgestel deur Annelien Pienaar, verwerk met bestanddele ekwivalente in SA. 2018

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark (3)
Please login to bookmark Close
Annelien Pienaar

About Annelien Pienaar

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

4 Replies to “Natuurlik gegeurde water: detox, immuniteit, veroudering, energie”

  1. elsabe.debruyn

    Wat is ‘n fuji appel?

  2. Annelien

    As jy ‘n pak appels koop sal die naam van die varieteit op die pak staan. Dit is ‘n rooi appel met pienk wangetjies en super soet. Groete Annelien

  3. Tineke Brookes

    Is die gekoopte bottels gegeurde water gesond of is dit beter om skoon water te koop as jy reis. Ons munisipaliteit water ruik en proe en smaak dikwels na chloor.

  4. Annelien

    Tineke

    Gegeurde water moet jy versigtig wees en kyk na die suiker inhoud en energie waarde. Mens wil ook nie jouself NOG dorser maak met suiker in ‘n drankie nie. Groete A

Join the conversation

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark
Please login to bookmark Close

Resep Kategorieë

Nuutste Resepte

Uit die argiewe

Annelien Pienaar

Annelien Pienaar

Food Scientist & Author

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

Follow me
Teken In
Wishlist
Login
Create an account

A link to set a new password will be sent to your email address.

Password Recovery

Lost your password? Please enter your username or email address. You will receive a link to create a new password via email.

TOP
You might like..
SHOPPING BAG 0
RECENTLY VIEWED 0
Annelien Pienaar

Word 'n Lid!

As ’n lid kry jy eksklusiewe toegang tot resepte net vir lede, persoonlike wenke en ’n wonderlike netwerk van mede-kosliefhebbers. Sluit vandag aan en begin jou kulinêre reis met kundige leiding en ondersteuning elke stap van die pad. Jou kombuisavonture is op die punt om nóg meer opwindend te raak!