Ons is bewus van n probleem met die aanlyn kursusse en ons tegniese span is besig om dit te ondersoek.

Gemarineerde Aartappel en biltong slaai

Table of Contents

Soms het mens net ‘n naweek se breek nodig om die batterye te laai, maar meer nog, om nie jouself die heeldag voor die kospotte te vind nie. Ons is baie lief as gesin vir aartappels in enige vorm of geur en ‘n heerlike vullende stysel daarby. Saam met hierdie aartappel slaai is daar niks so heerlik soos die gesellige gesis van vleis oor die kole. Wat wonderlik is van hierdie gereg is die feit dat dit ook heerlik werk saam met vis, hoender, vark, wild en rooivleis. By ons besigheid Tannie Slaai, in Hartbeespoort, is dit juis my fokus om vir naweke weg vir die kliente oulike en praktiese disse te ontwikkel. Hierdie resep is juis een van daardie…met sy eie kinkel by. Kom kuier vir ons in die mooie Harties!

Die geheim van hierdie gereg is dat dit vir ‘n dag staan om goed te marineer, daarna kan jy fyn gekapte biltong oor strooi. Ek hou persoonlik van wind droe springbok biltong, maar indien jy nie dierlike proteine nuttig, kan jy sterk kase soos gorgonzola, grana pandana, pecorino of parmesaan oorweeg om oor te sprinkel. Dus is hierdie ‘n uiters veelsydige slaai. Dit hou ongeveer 7 dae in die yskas en hoe langer dit staan hoe lekkerder word dit. Bedien liggies verhit of koud.

Resep

1 kg baba aartappels, gaar in baie sterk soutwater gekook, geskil en dan halveer. Onthou die geheim van hierdie slaai is die feit dat die marinade oor die warm aartappels gegiet moet word sodat die geure diep kan intrek.

1 medium rooi ui fyn gekap en met n knippie sout en bietjie olie gebraai in ‘n pan of ‘n handjie vol sprietuie fyn gekap.

1/4 k olyfolie
1 t knoffel, vars en fyn gedruk
2 e balsamiese asyn of soja sous
1 e heuning
1 e mosterd, glad
¼ k mayonnaise
1 t origanum
¼ t gerookte paprika
Knippie sout en wit peper na smaak

Meng bestanddele goed deur om te meng. Giet oor die aartappels en meng met ‘n houtlepel versigtig deur sodat die aartappeltjies nie op breek.

Stoor oornag vir geure om te ontwikkel.

Sprinkel dan met ½ k fyn biltong of dun repies op gesnipperde biltong. Nou dat ek daaraan dink ek is dol oor salami stukkies of cabanossi daarby!

Mag jy en jou gesin heerlik smul aan hierdie resep.

Boerekos met ‘n Twist groete

Annelien Pienaar
Skrywer van Boerekos met ‘n Twist en Vleis die omvattende gids (Beskikbaar in Engels en Afrikaans reg deur SA en ook Internasionaal).

Bron: www.annelienpienaar.co.za deur Annelien Pienaar, 2023
Hoeveelheid: 4-6 porsies

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark (7)
Please login to bookmark Close
Annelien Pienaar

About Annelien Pienaar

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

2 Replies to “Gemarineerde Aartappel en biltong slaai”

  1. Louise Pallas

    What is die verskil tussen paprika en gerookte paprika

  2. Annelien

    Louise, die gerookte een is tydens die droog proses berook. Dus het dit ‘n smokey flavour. Groete Annelien

Join the conversation

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark
Please login to bookmark Close

Resep Kategorieë

Nuutste Resepte

Uit die argiewe

Annelien Pienaar

Annelien Pienaar

Food Scientist & Author

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

Follow me
Teken In
Wishlist
Login
Create an account

A link to set a new password will be sent to your email address.

Password Recovery

Lost your password? Please enter your username or email address. You will receive a link to create a new password via email.

TOP
You might like..
SHOPPING BAG 0
RECENTLY VIEWED 0
Annelien Pienaar

Word 'n Lid!

As ’n lid kry jy eksklusiewe toegang tot resepte net vir lede, persoonlike wenke en ’n wonderlike netwerk van mede-kosliefhebbers. Sluit vandag aan en begin jou kulinêre reis met kundige leiding en ondersteuning elke stap van die pad. Jou kombuisavonture is op die punt om nóg meer opwindend te raak!