Ons is bewus van n probleem met die aanlyn kursusse en ons tegniese span is besig om dit te ondersoek.

2023 Welwillendheids Projek: Gemmerhuisies

Table of Contents

BKT Gemmerhuis Welwillendheid’s projek

Die woord Welwillendheid dui op ʼn hand wat oop is, wat gee, ʼn hand wat regmaak wat skeef is, ʼn hand wat seer weer reg maak…alles oor ʼn positiewe gesindheid teenoor God se skepping. God het vir ons die opdrag gegee om na sy aarde om te sien en te versorg. Toe Hy dit vir ons gegee het, was sy bedoeling nie rykdom of skatte nie, maar om eensgesind en in Sy vrede en liefde te leef. Ons weet uit die verhale in die Bybel dat daar mos nou Satan in die werke in gekom het en afguns, begeertes en vele meer lelike emosies by die mens wakker gemaak het met sy leë beloftes.

Vir my gaan die Feestyd NIE oor blink pakkies en geld uit gee, maar oor die maak van geskenke uit jou koskas en daardie rakkie waar jy jou kunsvlyt beoefen. Deur die jaar is dit tradisie by ons om geskenke te maak en elke geskenk het ʼn gesig by en soos jy dit maak, wel, doen ons dit in liefde.

Die Gemmerhuisie projek is al 13 jaar oud. Ons het dit begin voor my ma se dood om vir elke gesin in ons kontrei met klein kindertjies, vir pakkies met gemmerhuisies in hul pante met versiersels af te gee en so die skool vakansie om te kry met self versier en plak. Hierdie het oorgespoel na ʼn gemeenskaps projek wat ek verder geneem het om my lesers ook te bemagtig. Gesinne spandeer ure saam, beplan aan die Gemmerhuisie projek, maak dit saam en stuur vir my foto’s van hoe die projek lewe gekry het. Alles gaan oor SAMESYN en HERINNERINGE bou. So in hierdie gees is hoe ek ook die kompetisie wil afskop!

Hier is die skakel na die projek vir 2023!
https://annelienpienaar.co.za/2017/12/22/gemmerkoekie-huisie/

1. Vanaf 15 Desember 2022 word die foto’s vir die kompetisie op Boerekos met ʼn Twist kookgroep gedeel EN jy moet my tag met @annelienpienaarfoodconsultant. So kan ek volg wie deelneem en ook so beoordeel.
2. Jou gesin of vriende moet deel wees van die projek. Jy moet nie net foto’s van jou projek stuur, maar tog ʼn sydelingse foto van diegene wat deel was. Jy kan enige ontwerp na hartelus doen.
3. Skryf jou storie oor die projek.
4. Laai 10 pakkies gemmerkoekies af by ʼn organisasie van Welwillendheid: ouetehuis, kinderhuis, plek van veiligheid organisasies. Jy kan ook die Hondekoekie resep bak op die webtuiste en by ʼn Dierebeskermings vereniging aflaai, en as jy dan nie wil bak nie…laai dan net ʼn pak hondekos af of dan ʼn sakkie kruideniers asb.
5. Wenners sal 23 Desember 2022 aangekondig word.
6. Yuppie gift basket, subskripsie tot die BKT resepte kanaal en een gratis online klas of fisiese klas by my studio in Skeerpoort. Waarde van hierdie geskenkpak is R5000. Nie vir kontant te ruil.

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark (0)
Please login to bookmark Close
Annelien Pienaar

About Annelien Pienaar

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

Join the conversation

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark
Please login to bookmark Close

Resep Kategorieë

Nuutste Resepte

Uit die argiewe

Annelien Pienaar

Annelien Pienaar

Food Scientist & Author

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

Follow me
Teken In
Wishlist
Login
Create an account

A link to set a new password will be sent to your email address.

Password Recovery

Lost your password? Please enter your username or email address. You will receive a link to create a new password via email.

TOP
You might like..
SHOPPING BAG 0
RECENTLY VIEWED 0
Annelien Pienaar

Word 'n Lid!

As ’n lid kry jy eksklusiewe toegang tot resepte net vir lede, persoonlike wenke en ’n wonderlike netwerk van mede-kosliefhebbers. Sluit vandag aan en begin jou kulinêre reis met kundige leiding en ondersteuning elke stap van die pad. Jou kombuisavonture is op die punt om nóg meer opwindend te raak!