Ons is bewus van n probleem met die aanlyn kursusse en ons tegniese span is besig om dit te ondersoek.

Bacon Jam

Table of Contents


Daar is niks so heerlik soos ‘n bietjie spek gekombineer met ‘n soetigheid vir padkos en ook kuierkos. Ek deel graag met jou ‘n uittreksel van my kookboek: Vleis die omvattende gids/ Meat: the ultimate guideDie Bacon jams wat ek al geproe het, het nie my laat “oe” en “ah” nie. Ek het ingespring en begin proe en meng totdat ek ‘n balans gekry het tussen die suur, soet en kruie komponent om iets pikant op te tower. My huis mense het die bak met hul vingers uitgelek nadat ek dit voorgesit het met Biltong koekies. Sien resep op die webtuiste onder Fyngebak.

500 g gesnipperde spek
3 e olyf olie
500 g uie, fyngekap
100 g (½ k) sagte bruinsuiker (treacle, muscavado, damarera sal perfek wees)
125 ml (½ k) balsamiese asyn
125 ml (½ k) wit wynasyn
4 e heuning
½ t knoffel, fyn
2 e vars roosmaryn, fyngekap
½ t gerookte paprika
1 e mielieblom
50 ml water
peper na smaak

Braai die spek in ’n diep kastrol met olyfolie tot bros en uitgebraai. Braai dan die uie in dieselfde kastrol tot lig en deursigtig. Hou mielieblom en water eenkant. Voeg die res van die bestanddele by die uie en spek, kook by matige hitte tot verdik. Ongeveer 30-60 minute.

Maak mielieblom met water aan en meng tot glad. Voeg by die spek en kook vir 5 minute tot verdik.

Bottel warm en hou in yskas vir 4 weke.

Bedien met Biltong kaaskoek in die Boerekos met ‘’n Twist kookboek. Verder ook heerlik saam met die Spinasie en roommielie tert in BKT kookboek. Uitgegee deur Human en Rousseau.

Geniet.

Bron: Annelien Pienaar, 2017
Hoeveelheid: 2 x 375ml botteltjies.

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark (1)
Please login to bookmark Close
Annelien Pienaar

About Annelien Pienaar

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

4 Replies to “Bacon Jam”

  1. dalanamey58

    Hi, krap letterlik kop oor jou Bacon Jam. So pas weer resep noukeurig deurgelees. Jou instruksies meld DAT speak by uie gevieg most word + alle ander bestanddele. Kook dan v 60 min???? In die vlg paragraaf meld jy DAT mielieblom ( met water aangemaak) by soek gevoeg word. Water speak? Dis dan alreeds bygevieg? Regtig, hierdie resep sit vir my oirtjies aan…….?

  2. Annelien

    Hallo Dalana, ek gaan kyk wat aangaan. Sal terugvoering gee.

  3. svermaak3

    Hi ek het gister die bacon jam gemaak. Dis baie baie baie lekker! Groete, Sonetté

  4. Annelien

    Hallo Sonette, sommer baie bly jy het dit geniet…Groete Annelien

Join the conversation

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark
Please login to bookmark Close

Resep Kategorieë

Nuutste Resepte

Uit die argiewe

Annelien Pienaar

Annelien Pienaar

Food Scientist & Author

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

Follow me
Teken In
Wishlist
Login
Create an account

A link to set a new password will be sent to your email address.

Password Recovery

Lost your password? Please enter your username or email address. You will receive a link to create a new password via email.

TOP
You might like..
SHOPPING BAG 0
RECENTLY VIEWED 0
Annelien Pienaar

Word 'n Lid!

As ’n lid kry jy eksklusiewe toegang tot resepte net vir lede, persoonlike wenke en ’n wonderlike netwerk van mede-kosliefhebbers. Sluit vandag aan en begin jou kulinêre reis met kundige leiding en ondersteuning elke stap van die pad. Jou kombuisavonture is op die punt om nóg meer opwindend te raak!