Ons is bewus van n probleem met die aanlyn kursusse en ons tegniese span is besig om dit te ondersoek.

Jaffels

Table of Contents

Die Afrikaans vir jaffel is Knypkoek, maar vir my bly dit ‘n boepens jaffel broodjie en klaar. Maar hiermee saam is daar oneindige variasies van hierdie heerlike resep.

Hierdie is nou nie eintlik ’n resep nie, maar eerder ’n bespreking en antwoord van bak probleme t.o.v. jafels en ander toeknyp rooster broodjies.  Sit die brood vas aan die pannetjie? Breek en val al die vulsels uit? Hier is my idees rondom die gebruik van hierdie toeknyp pannetjies en hul werking. Dit maak nie saak of dit elektries of nie-elektries aangedryf word…almal werk op dieselfde beginsel.

1. Broodjies moet met regte egte botter gesmeer word. Margarien en sproei kleefwerende middels brand vas en gee ook nie daardie kenmerkende brosheid soos botter.

2. Pannetjies wat oor gasvlamme of elektriese plate gebruik word moet ten minste 3 minute aan beide kante verhit word op ongeveer die helfte van die gas of hitte verstelling wat daar is. Bv. As die gas stelling 1-6 is werk op drie.

Heerlike vulsel idees:
1. Kerrie Maalvleis resep op die webtuiste
2. Soet franseroosterbrood met Melktert vulsel: Maak die Soet mosbeskuit resep sê en bak dit soos ‘n gewone brood. Sny die brood in skywe en doop in geklitste eier. Plaas op pannetjie waarin botter gesmelt is. Skep lepels vol melktert pap in en maak weer toe met broodjie. Bak vir ongeveer 3 minute aan beide kante. Sprinkel met kaneel en versiersuiker mengsel met ’n sterkte wat jou pas.
3. Vir die volgende resepte kan jy gebruik op my webtuiste die Melktert resep: Melktert vulsel Soetmosbeskuit resep is in my Boerekos met ‘n Twist kookboek 

Bron: Annelien Pienaar, Kookklas 2015, epos: boerekostwist@gmail.com

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark (1)
Please login to bookmark Close
Annelien Pienaar

About Annelien Pienaar

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

4 Replies to “Jaffels”

  1. Connie van der Merwe

    Hallo Annelien ek wil net graag met jou deel ek sukkel al baie jare met my Jaffels en is lief om dit te maak na ek jou bespreking gelees het gaan koop ek toe regte botter soos jy sê en my man word gestuur om brood te koop en hy dink hy doen my ‘n guns om die varsste brood wat hy kan kry te koop nouja ek weet vars brood is maar geneig om vas te sit maar het dit toe bietjie gesukkel om met die botter te smeer en my reggemaak vir die sukkel en voorwaar nie EEN het vasgesit nie van nou af net regte botter vir Jaffels vir my baie dankie vir die goeie raad!

  2. Annelien

    Connie, baie dankie vir die positiewe terugvoering…dit laat my dink aan ‘n staaltjie van my man. Hy het vreeslik eendag met my geraas toe ek dit waag om vars brood te rooster. Ons was seker so 3 maande getroud. Hom so staan en kyk my tong geklap. Die volgende sny brood ingesit…hy pluk dit uit en neem ‘n stuk ou brood en druk dit in die rooster. Sy woorde: “My ma het altyd die ou brood vir ons gerooster, nooit vars brood!”. Wel, my skoonma daaroor aangespreek en gevra waar sy aan die ding kom. Sy het so groot geword want dit was al manier hoe haar ma die ou brood vars kon laat proe. Net om pennies om te draai. Hoe kosbaar is dit nie? Beste wense en jy is ‘n oulike Twister!

  3. Hester Naude

    Die kêrriemaalvleis…….. hoe kom ekby die webtuiste uit, asb.!

  4. Annelien

    Hallo Hester, as jy op die woorde wat rooi gemerk is… Kerrie maalvleis klik sal jy na die resep geneem word. Laat weet as jy nog sukkel.

Join the conversation

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark
Please login to bookmark Close

Resep Kategorieë

Nuutste Resepte

Uit die argiewe

Annelien Pienaar

Annelien Pienaar

Food Scientist & Author

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

Follow me
Teken In
Wishlist
Login
Create an account

A link to set a new password will be sent to your email address.

Password Recovery

Lost your password? Please enter your username or email address. You will receive a link to create a new password via email.

TOP
You might like..
SHOPPING BAG 0
RECENTLY VIEWED 0
Annelien Pienaar

Word 'n Lid!

As ’n lid kry jy eksklusiewe toegang tot resepte net vir lede, persoonlike wenke en ’n wonderlike netwerk van mede-kosliefhebbers. Sluit vandag aan en begin jou kulinêre reis met kundige leiding en ondersteuning elke stap van die pad. Jou kombuisavonture is op die punt om nóg meer opwindend te raak!