Melktert

Melktert

Hierdie wonderlike melktert resep is al vir 10 generasies in die familie en het nog nooit teleurgestel nie. My hart raak sommer week as ek dink, Ma se hande, hulle was altyd so sag en het to so lekker gewerk, van kosmaak, koekbak, ruggies krap, tere herinneringe.

This is a wonderful milktart recipe and has been part of my family for 10 generations and has never fail to deliver. This bring back so much memories of my dear mother, always taking care of all ingredients and preparations.

Belangrike inligting / Important information
1. Die eiers moet baie goed met die suiker verroom word totdat dit ‘n dik massa word. Sonder om te tegnies te raak is die klitsery se werk om die eier te laat stol (koaguleer) amper soos om dit gaar te maak. Hier word dit net met ‘n klitser gedoen. Die mengsel gaan direk in die warm kokende melk en dit gaan skif as dit nie genoeg geklits is nie. 5-8 minute op hoog.

Please take care to cream the eggs and sugar properly until white and fluffy for at least 5-8 minutes.

2. Voeg eers een koppie kokende melk by die eiermengsel om te voorkom dat die eier skif. Giet die eiermengsel direk in die kokende melk.

Add one cup of cooking hot milk to the egg mixture before adding the egg mixture to the pot of boiling milk. This will ensure the egg custard not to curdle.

3. Sodra die mengsel gaar is moet dit weer deeglik geklop word om dit satyn sag en egalig te maak.

When the mixture is cooked assure to whip it properly to give the custard a smoot and velvety texture. 

4. Smeer altyd die bodem van jou kastrol met olie voordat jy die melk ingooi om te verhit. Dit help voorkom dat die melk vasbrand.

To prevent the custard to scorch while cooking: cover the base of the pot with either sunflower oil or butter (not margarine or other oils)

Vla vulsel – Custard filling
1 liter volroom melk – 1 litre of full cream milk
6 eiers – 6 eggs
1 k suiker – 1 cup of white sugar
3 e (45 ml) mielieblom – 3 tbsp (45 ml) cornstarch / maizena
3 e (45 ml) koekmeel – 3 tbsp (45 ml) cakeflour or all purpose flour
3 e (45 ml) botter  – 3 tbsp (45 ml) butter
1 t vanielje geursel – 1 tsp (10 ml) vanilla extract or essence
Ekstra fyn kaneel vir versiering – fine cinnamon for dusting the milktart at the end

Jy het ‘n kastrol met ‘n volume van 5 liter nodig vir hierdie melktert anders kook die inhoud later oor. Verhit die melk tot kookpunt. Prepare a 5 litre stock pot or any pot with oil or butter to prevent scorching. * Add milk and bring to the boil. Please ensure to stir the milk from time to time to prevent a skin from forming and scorching at the bottom using a whisk. 

Klits die eiers en suiker saam vir 5 minute op hoog of totdat dit dik en romerig en lig van kleur is. Voeg dan die mielieblom en koekmeel by en klits deeglik sodat daar geen meelklonte teenwoordig is nie. * While the milk is boiling, cream the eggs and sugar together for 5 minutes with an electrical beater until light and fluffy. Add the cornstarch and cakeflour and mix to smooth paste. 

Sodra die melk begin kook voeg eers ‘n koppie melk by die eiermengsel, klop deeglik deur en voeg dit terug by die kokende melk en klop een maal goed met draadklitser. * As soon as the milk comes to a boil, add one cup milk to the egg mixture and mix well. Then add the egg mixture to the boiling milk. And keep stirring with whisk to mix the milk and egg properly. 

Hier kom die geheim – presies 10 minute van kook! Verlaag die hitte na stoof plaat 2 of vir gas na die laagste verstelling. Plaas deksel op en moenie oplig voor 10 minute verby is nie. * For precisely 10 minutes cook the custard covered with a lid at the lowest setting your appliance can work by. No stirring at all. While this is cooking do the easy pastry crust with cookies as indicated at the bottom of the document.

Na 10 minute voeg botter en vanielje geursel by en met behulp van ‘n ballon klitser (whisk) klop sodat die mengsel glad en satynagtig word. * Remove from heat and add butter and vanilla and beat until smooth. 

Skep dadelik in voorbereide tertkorse. Of as die pap gebruik word vir spuit van doppies en ook poffertjies, skep in bak, smeer klontjie botter oor die oppervlakte en druk ‘n stukkie kleef plastiek bo-op. Dit voorkom dat ‘n velletjie vorm wat dalk die spuitpunt sal verstop. Sodra goed afgekoel…klits goed en plaas in spuitskak. * Immediately fill pastry bases with the custard filling. If using the cooled custard filling for pastries like pate a choux: while hot, add a lump of butter to the top of the custard and add a layer of cling film directly onto the custard to prevent an skin from forming. This will ensure a smooth mixture perfect for piping without clogging the nozzles. 

Kroek kors / Easy crust
1 pak Tennis beskuitjies – fyn gemaak – 200 g Tennis biscuits or any other biscuit containing coconut
100 g botter, gesmelt – 100 g butter, melted

Maak die tennisbeskuitjies fyn in voedsel verwerker en gooi die gesmelte botter by die mengsel. * Crush the biscuits and add melted butter and mix properly. 

Druk in gesmeerde pan. Gebruik dadelik. * Press into grease pie dish and keep aside for the custard filling. 

LEWER: 3 x 23 cm terte.

BRON: Hantie Bezuidenhout.

 

2018-10-13T12:37:41+00:004 Comments

4 Comments

  1. Hettie May 29, 2017 at 12:14 pm - Reply

    Hallo Annelien, ht jy nie asb vir my ‘n wildsresep vir pastei nie?

    • Annelien May 29, 2017 at 2:41 pm - Reply

      Loer onder die afdeling vir vleis, daar is resepte…anders vra op Boerekos met ‘n Twist groep op Faceboek…ons help daar ook met die nodige inligting. Laat weet as jy nie reg gekom het nie. Groete Annelien

  2. Tokkie June 3, 2017 at 12:19 am - Reply

    Hi Annelien het jy dalk die smeerkors wat die ouer mense gebruik vir melktert se resep asb

    • Annelien June 5, 2017 at 7:10 am - Reply

      Ek sit vir jou die link op die Boerekos met ‘n TWist groep op FB. Dit staan bekend as Smeerkors.

Leave A Comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.