Ons is bewus van n probleem met die aanlyn kursusse en ons tegniese span is besig om dit te ondersoek.

Biltong sirloin

Table of Contents

Pekeling van vleis is ‘n oer oue tradisie en geen nuutjie vir ons Suid-Afrikaners. Ons is die land van melk en heuning met vleis in oorvloed van welke dierlike bron. Biltong natuurlik ons trots en iets wat onlosmaaklik deel van ons kultuur geword het. Jare gelede het ek by die Vleisraad my opleiding as jong finale jaar student gehad in blokman werk en ook inspeksies van karkasse. Dit was ʼn belewenis om snitte te leer ken en ook besef elke stukkie vleis moet na die beste van mens se vermoë berei word. My passie as jong student het ʼn diep gewortelde plaaskind gehad wat deur tuis slag prosesse gegaan het en so ook waardering gekry vir die kennis wat ek reeds al op gedoen het saam met my ouers. Dus, vleis sal ek eet tot die dag van my dood…

2 kg sirloin heel stuk
150 ml woestersous
50 ml balsamiese asyn
50 ml olyfolie
60 ml geroosterde koljander saad
60 ml sumac (Woolworths hou aan) heerlike suurlemoen smaak
100 g treacle suiker
50 g medium growwe sout
30 ml gerookte paprika
15 ml koeksoda
10 ml knoffel poeier
30 ml grof gemaalde swart peper

Meng al die droe bestanddele saam. Meng al die nat bestanddele saam.

Dag 1: 12 ure manireer tyd: In ʼn erde bak of glas bak (geen metaal) giet die nat bestanddele mengsel daarin. Plaas die vleis in hierdie mengsel en laat vir 6 ure rus. Draai die vleis en rus weer 6 ure. Hou bedek in die yskas.

Dag 2 en 3: Na 12 ure rol die vleis in die droe bestanddele en seel dan die vleis per vakuum of draai net dig toe met kleef plastiek. Laat vir 48 uur pekel in die yskas.

Dag 4: Haal vleis daarna uit die verpakking en laat dan vir nog 12 ure in die yskas onbedek droog raak. Draai elke 6 ure die vleis. Indien jy ʼn koel kamer het sal dit perfek werk om die vleis te hang. Ek het wildsvleis ook al op hierdie manier verwerk en Gemsbok, Koedoe, Eland werk heerlik. Hierna kan die vleis bevries word of dadelik gebruik word.

Gaarmaak van vleis
Vryf die vleis in met goeie kwaliteit olyf olie en rooster oor die kole na gelang van gaarheid verkies. Of braai oor die kole aan beidekante vir 5 min elk. Plaas dan in voor verhitte oond van 180C vir 15 minute om ʼn medium-rare gaarheid te bereik. Indien gaarder verkies, bak langer in die oond.

Bron: Annelien Pienaar, 2019, www.annelienpienaar.co.za

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark (0)
Please login to bookmark Close
Annelien Pienaar

About Annelien Pienaar

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

3 Replies to “Biltong sirloin”

  1. chris.esterhuizen

    Hi Anneline

    Dankie vir jou web werf. Ek is n n dankbare intekenaar en geniet Boerekos met n twist.
    Vele resepte met sukses en dankbaarheid beproef.
    Kan jy asb. help en raad gee ek beproef die biltong Sirloin resep.
    Ek probeer die biltong en wil graag weet wat die treacle suiker doen.
    Die resep gebruik heelstuk Sirloin moet dit dan net biltong gesny word na die resep deur gewerk is. Het jy dalk inligting oor temperatuur wat gebruik moet word in n biltong kas.
    Enige raad ekstra met biltong sal help.

    Baie dankie
    Groetenis
    Chris Esterhuizen

  2. Annelien

    Hallo Chris. Die resep is nie vir biltong maak nie, maar ‘n heel snit wat oor etlike dae gepekel word en dan oor die kole gerooster word en dan in skywe gesny word om soos steaks te geniet. Die suiker help met marinering, smaak en kleur. Groete Annelien

  3. hpfkern

    Heel brisket werk ook perfek vir weber-braai met die pekel-resep.

Join the conversation

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark
Please login to bookmark Close

Resep Kategorieë

Nuutste Resepte

Uit die argiewe

Annelien Pienaar

Annelien Pienaar

Food Scientist & Author

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

Follow me
Teken In
Wishlist
Login
Create an account

A link to set a new password will be sent to your email address.

Password Recovery

Lost your password? Please enter your username or email address. You will receive a link to create a new password via email.

TOP
You might like..
SHOPPING BAG 0
RECENTLY VIEWED 0
Annelien Pienaar

Word 'n Lid!

As ’n lid kry jy eksklusiewe toegang tot resepte net vir lede, persoonlike wenke en ’n wonderlike netwerk van mede-kosliefhebbers. Sluit vandag aan en begin jou kulinêre reis met kundige leiding en ondersteuning elke stap van die pad. Jou kombuisavonture is op die punt om nóg meer opwindend te raak!