RESEP
1 kg koedoe skenkels – nek – rugstring
1 liter aftreksel van keuse
1 ui – grof gekap
250 g sampioene
1 soet rissie – fyn gekap
5 ml fennegriek
15 ml kerrie poeier
15 ml koljander – geskroei en gemaal
1 ml naeltjies – fyn
100 g sagte bruinsuiker
100 ml balsamiese asyn
30 ml knoffel – fyn gedruk
250 ml karringmelk
sout en peper na smaak
METODE
1. Laat week die koedoe skenkels in die karringmelk vir ‘n paar uur of oornag.
Die karringmelk sal die bindweefsel afbreek en die vleis gaan heerlik sag word, die smaak van die wildsvleis is ook nie so skerp na die marinering.
2. Spoel die skenkels af en braai in vuurwarm potjie met olie om die vleis te seel.
Verwyder uit pot.
3. Braai die ui, sampioen, soetrissie en al die kruie saam.
Voeg die vleis terug en braai 5 minute saam.
4. Voeg die warm aftreksel by en kook vir 3 ure totdat die vleis sag is.
Voeg dan al die ander bestanddele by soos smaak middels, groente van jou keuse soos wortels, murgpampoen, patat, aartappels ens.
5. Verdik die potjie met 250 ml aftreksel en 30 ml Bisto poeier en voeg die knoffel ook by.
Laat 5 minute prut en verwyder pot van die hitte om verder te verdik.
BEDIEN MET
Stampmielies, soetpatat poffers, tuisgebakte brood of vetkoek!


6 Replies to “Koedoe potjie”
Elma Viljoen
Dankie Annelien – ek gaan beslis die koedoepotjie probeer. Ek is so bly dat dit nie hoef opgekook te word en dan die kosbare sous weggegooi word. Die ou mense het dalk rede gehad om dit te doen maar ek het al gehoor van die karringmelk versagter en soos jy se dit tem die wilde smaak ook. Groetnis vanuit PE.
Annelien
Hallo Elma,
Mag jy sommer heerlik eet. Ek dink in die geval van Waterbok sou die oumense dit gedoen het. As die bok nie reg afgeslag word nie, kan die olie kliere op die vel die vleis oneetbaar en bitter maak. Groete Annelien
chrissieleroux21
Wat is fennegriek … vra ‘n vrou wat nooit ‘n kok sal wees nie?
Annelien
Gaan na Dischem en kyk na die Natures Choice reeks produkte. Koop die Fenugreek sade nie die gemaaldes. Die sade het baie smaak en geur. Jy sal die reuk gou gou herken as die reuk van samoesa’s. Laat weet anders sal ek vir jou ‘n pakkie pos. Groete Annelien
leon.liza
Ek het vannaand hierdie resep gemaak en dit is beslis een van ons nuwe gunstelinge! Dankie Annelien.
Annelien
Leon en Liza, baie dankie vir die terugvoering en dat julle dit so geniet het. Mag dit vir julle ook in hierdie tyd gespaar word en veilig van die groot C bly. Groete Annelien