Ons is bewus van n probleem met die aanlyn kursusse en ons tegniese span is besig om dit te ondersoek.

Bak vir Profyt

Table of Contents

Bak vir Profyt en wat jy moet weet

1. Wetgewing;
Die gesondheidsafdeling van die plaaslike munispilateit moet die perseel waarop jy sou handeldryf goedkeur (deur fisies ‘n besoek af te lê) en daarna ‘n sertifikaat uitreik.
Nuwe baksters se kombuise moet geinspekteer word voordat hulle mag bak deur die Tuisnywerheid eienaar(s). Kombuise mag enige tyd sonder vooraf kennisgewing geinspekteer word deur die Munisipaliteit en of Tuisnywerheid eienaar.
2. Koste brekening
2.1 Pannekoek resep
2 k koekmeel (hoeveelheid gebruik)
10 kg koekmeel (hoeveelheid aangekoop)
R109 vir 10 kg meel

Om hierdie som verder te kan kan voltooi moet die bestanddele se mates verander word sodat dit dieselfde word om deur mekaar te kan deel. Jy kan nie ml deur gram deel. Voor in die Boerekos met ‘n Twist kookboek het ek vir julle meeste bestanddele se mates per koppie omgeskakel na gram. Dit sal julle help om meer akkuraat te werk.

1 k koekmeel = 140 g en dus is 2 k koekmeel = 280 g
5 kg koekmeel = 5 000 g
Die rand waarde gaan dieselfde bly

Kom ons pas die som toe:

Formule:
Hoeveelheid gebruik X aankoop prys
Hoeveelheid gekoop

280 g X R 55
5 000 g

= 280 ÷ 5 000 x 55
= R3.08 vir 2 koppies meel

2.2 Elektrisiteits verbruik
Kry so lank jou ESKOM rekening om die verrekening van krag verbruik per uur uit te werk.

Inligting wat jy nodig het:

a. Die toestel se kWatt verbruik: dit staan agter of onder die toestel geskryf. Indien jy dit nie kan vind gaan Googl die handelsmerk se verbruik vir ‘n geskatte waarde.
b. Die kWatt per uur koste soos per jou ESKOM rekening: dit staan in fyn skrif gedruk.
c. Formule:
Toestel se verbruik X koste per kW/h X breuk deel van tyd = R?

Voorbeeld:
Oond: 2200 watts omgeskakel na 2.2 kW
Koste per kW/h: R2
Tyd wat oond aan is: 20 min omgeskakel na sekondes deur 20/60 (deel altyd die tyd wat jy gebruik het deur 60) = 0.33

2.2 x R2 x 0.33 sek = R1.45 per 20 minute wat die oond werk

2.3 Hoe bepaal ek dan die verkoop prys?
Meeste baksters vermenigvuldig met 3. Maar dit is jou eie keuse waarteen jy gaan verkoop. Kyk ook na wat in die mark die prys tendens is, maar onthou, as jy ‘n produk sien wat baie goedkoop is moet jy vraagtekens kry, want dalk is dit ‘n “pre-mix”.

3. Raad vir baksters vanaf Farmhouse Pantry in Vanderbijlpark
3.1 Kwaliteit, kwaliteit en kwaliteit.
3.2 Wees innoverend en wees op hoogte van nuwe tendense.
3.3 Leef jou passie uit. Deursettingsvermoë. Konsekwentheid, netheid en eenvormige produkte. Geen “pre-mix” nie.

4. Watter faktore moet in ag geneem word as ek begin met ‘n bakery?
4.1 Kapitale uitleg: maak seker jy kan vir 6 weke sonder enige inkomste van die Tuisnywerheid oorleef. Onthou die eienaars kan nie wanneer die finansies knyp vir jou ‘n geldjie uit betaal. Jy sal baie mooi moet beplan vir dit.
4.2 Dit neem ongeveer 3 maande om ‘n nuwe lyn te vestig en die klient se vertroue in jou produk te vestig. Hou aan konstant wees met die bestanddele en kwaliteit. Dit is wat die klient in die eerste plek getrek het. Moenie kort paaie neem, hul sal gou proe as jy afskeep.
4.3 Onthou dat dit wat jy vir jou geliefdes bak en vriende….dit is anders as om vir ‘n Tuisnywerheid te bak. Verpakking, aanbieding en afronding speel ‘n groot rol.
4.4 Koop grootmaat aan want dit werk oor die lang duur goedkoper uit en jou winsmarge styg drasties. Praat ook met die Tuisnywerheid eienaar oor hoe die kommissie bepaal word. Moenie die fout maak as hul op 35% kommissie werk en jy reken net 35% by die verkoop prys. Jy gaan met ‘n minus eindig. Die formule is verkoop prys plus 55%. As jy dan Minus 55% sal jy weer by die verkoop prys uit kom. Maak dus dood seker van jou kommissie persentasie en die bewerking daarvan.

5. Probleme met verskaffers en nuwe baksters
5.1 Baksters besef nie altyd hulle moet ‘n finansiële uitleg maak rakende voorraad en verpakking nie.
5.2 Dit neem ongeveer drie maande om lyne te vestig. Gebak wat vir bure of vriende voorsien word verkoop nie noodwendig by ‘n tuisnywerheid nie.
5.3 Baksters besef nie dit is deurlopend harde werk en ongemaklike tye nie. Hulle dink dit is ‘n bedryf om vinnig ‘n geldjie te maak.
5.4 Kostes wat verkeerd bereken word en/of aankope wat in kleinmaat aangekoop word veroorsaak dat produkte te duur is. Baksters boet kwaliteit in en knoei.
5.5 Konsekwentheid met aflewering; daar moet altyd voorraad wees. Voorraad moet gereeld, en met sommige lyn op ‘n daaglikse basis, gelewer word.

6. Voedsel veiligheid
Afkoel van bestanddele in die yskas groot nee.
Vleis vir pasteie moet oop gekrap en baie vinnig tot 14 C gebring word en dan verkoel tot gebruik.
Kruis kontaminasie, dedicated toerusting vir die werk, spuitsakke vir worsrolle kan nie vir soetgoed gebruik word om mee room te spuit bv.

7. Rakleeftyd van produkte
Soet en sout vars gebakte produkte het ‘n rakleeftyd van vyf dae; die vyfde dag moet produk afgehaal word.
Droeë koekies en beskuit 6-8 weke raklewe

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark (3)
Please login to bookmark Close
Annelien Pienaar

About Annelien Pienaar

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

6 Replies to “Bak vir Profyt”

  1. Sandra Mulder

    Ek wil graag inligting he oor verkope by n markie vir worsrolletjies verkoop..moet sertifikaat verkry word al is dit n non profitable organisasie doos bv lionsklub, rolbalklub,selfs infivifur

    1. boerekostwist

      Sandra, dankie vir jou navraag. Jy sal die relevante inligting by jou naaste munisipaliteit kan bekom. Groete Annelien

  2. Anne-Marie

    Goeidag, Moet daar n datum op produk wees wat dit gebak is en n verval datum
    vir gebak vir n tuisnywerheid ?

    1. boerekostwist

      Alle bestanddele moet van meeste na minste gelys word op ‘n voedsel ettiket. Allergene MOET genoem word. Datum is NB en verwag. Groete Annelien

  3. Surika Botha

    Hallo Annelien

    Wanneer jy jou verkoops prys uitwerk. Gebruik jy die standard prys van bv koekmeel soos die prys in Checkers Hyper is. R43 vir R2,5kg en dan jou formula? Hoe werk jy groot koeke se prys uit? Van bak tot en.met versiering.

    Dankie Surika

    1. boerekostwist

      Surika, voor in jou BKT kookboek is die formule en jy werk elke bestanddeel uit. Daarna moet jy x 3 vir markup en arbeid, elektrisiteit. Groete Annelien Pienaar

Join the conversation

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark
Please login to bookmark Close

Resep Kategorieë

Nuutste Resepte

Uit die argiewe

Annelien Pienaar

Annelien Pienaar

Food Scientist & Author

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

Follow me
Teken In
Wishlist
Login
Create an account

A link to set a new password will be sent to your email address.

Password Recovery

Lost your password? Please enter your username or email address. You will receive a link to create a new password via email.

TOP
You might like..
SHOPPING BAG 0
RECENTLY VIEWED 0
Annelien Pienaar

Word 'n Lid!

As ’n lid kry jy eksklusiewe toegang tot resepte net vir lede, persoonlike wenke en ’n wonderlike netwerk van mede-kosliefhebbers. Sluit vandag aan en begin jou kulinêre reis met kundige leiding en ondersteuning elke stap van die pad. Jou kombuisavonture is op die punt om nóg meer opwindend te raak!