Ons is bewus van n probleem met die aanlyn kursusse en ons tegniese span is besig om dit te ondersoek.

Veelsydige Bakkersmengsel

Table of Contents

Bêre mengsels is een van die items hoog op my prioriteitslysie sodoende vinnig ‘n skons, plaatkoekie, pasteideeg en vele meer te maak. Self vervaardigde mengsels soos hierdie en ook ander te vinde in my Boerekos met ‘n Twist kookboek  , bevat geen preserveermiddels of enige kunsmatige middels wat tot nadeel van jou gesondheid kan wees. Die rak lewe van hierdie mengsel in die yskas is 3 maande. Vir die gluten vrye mense hier is ‘n meel mengsel wat jy self kan maak en dan gebruik vir hierdie mengsel: Glutenvrye meel: Maak jou eie!

Basiese Bakkers mengsel
1 kg koekmeel
10 ml sout
20 ml bakpoeier
375 g bakkers margarien of botter, koud grof gerasper

Plaas al die bestanddele in ‘n voedselverwerker en verwerk tot fyn soos broodkrummels.

Stoor in lugdigte houers in die yskas vir 3 maande. Gebruik soos nodig.

Kaas skons
1 ½ k Bakkersmengsel
2 t bakpoeier
70 g (½ k) koekmeel
125 ml (½ k) volroom melk
30 ml (2 e) wit of bruin suiker
1 medium eier, geklits
1 k cheddar kaas, gerasper

Voor vehit oond na 190 ℃ en smeer ‘n bakplaat.

Meng al die droë bestanddele saam asook die kaas. Maak ‘n holte in die meel en voeg die eier en melk by. Meng met twee tafel messe die bestanddele liggies deur die melk in die meel in te sny. Die deeg moenie oor werk word nie, indien daar nog wit meel dele sigbaar is, is dit nie ‘n probleem.

Keer deeg uit op meel bestrooide oppervlakte en druk plat tot ongeveer 3 cm hoog. Sny met koekie drukker vorms of maak een groot skon. Plaas op gesmeerde bakplaat en druk res van deeg indien oor is weer liggies aan mekaar en verwerk.

Bak by 190 ℃ vir 20-25 min.

Bedien lou warm.

Porsies: 6-12 skonsies afhangende van grootte wat jy sny. Een groot wiel kan ook mooi lyk asook deeg in kolwyntjie pannetjies gebak. Geniet en speel lekker. 

Broskors deeg
2 k Bakkers mengsel
1 groot eiergeel
4 e koue water

Plaas bestanddele in voedsel verwerker en draai lem totdat die mengsel ‘n bol word. Haal uit en druk plat. Plaas in sakkie en verkoel vir 20 minute voordat dit uitgerol word.

Gebruik deeg in alle pastei resepte soos voor geskryf.

Wenk: die deeg kan rou gevries word vir maksimum 4 maande.

Porsies: Genoeg vir 12 hand pasteie van palm grootte of een groot pastei vir ‘n pasteibak.

Plaatkoekies
2 k Bakkersmengsel
1 t bakpoeier
1 ml koeksoda
30 ml (2 e) witsuiker
200 ml melk
1 jumbo of groot eier

Klits die bestandele saam en laat die deeg vir 20 min rus om te verdik.

Bak lepels vol deeg op medium warm plaat in kleef vrye pan sonder enige olie.

Bedien warm.

Porsies: 12 piering grootte plaatkoekies.

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark (4)
Please login to bookmark Close
Annelien Pienaar

About Annelien Pienaar

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

11 Replies to “Veelsydige Bakkersmengsel”

  1. BKT Klets-Kombuis week 6 | Annelien Pienaar

    […] As bederf aan julle het ek die Pretoria FM praatjie se resepte hier gelaai: Veelsydige Bakkersmengsel  […]

  2. Lettie Hough

    Gemaak. Min gerys. Kaasskons heerlik. Mooier gekom met 2 t bakpoeier. Geen alkaliese smaak. Ek het 2e maal ook bietjie semels bygevoeg

  3. Miemie Louw

    Baie dankie liewe Annelien

  4. Veronica

    Baie dankie. Jippeeee!!!😘

  5. Annelien

    Geniet, groete Annelien

  6. Annelien

    Lekker bak.

  7. Annelien

    Hallo Lettie, sommer baie bly jy het so lekker gebak en dat die smaak perfek was. Maak seker jy rol die deeg lekker hoog uit. Groete en kom spog op FB se BKT blad. Annelien

  8. Rachel Pillay

    To access this post, you must be logged in and have an active membership. Log in here log in or purchase 6 Maande lidmaatskap or 12 Maande lidmaatskap.
    Hello Annelien. When you get a chance please look into this.
    I am not sure why i get this message and I purchased the 12 maande lidmaatskap. Please advise.

  9. Annelien

    Hallo Rachel. Please check your email for your confirmation password, it is an unique password and need to be used to get access to My Account section. Please email me on boerekostwist@gmail.com if you have missed the email. Please check your spam aswell. Kind regards Annelien

  10. Elizabeth Pienaar

    Hallo,

    Hoe lank kan die bakkersmengsel in vrieskas gebêre word?

  11. Annelien

    Elizabeth ongeveer 3 maande

Join the conversation

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark
Please login to bookmark Close

Resep Kategorieë

Nuutste Resepte

Uit die argiewe

Annelien Pienaar

Annelien Pienaar

Food Scientist & Author

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

Follow me
Teken In
Wishlist
Login
Create an account

A link to set a new password will be sent to your email address.

Password Recovery

Lost your password? Please enter your username or email address. You will receive a link to create a new password via email.

TOP
You might like..
SHOPPING BAG 0
RECENTLY VIEWED 0
Annelien Pienaar

Word 'n Lid!

As ’n lid kry jy eksklusiewe toegang tot resepte net vir lede, persoonlike wenke en ’n wonderlike netwerk van mede-kosliefhebbers. Sluit vandag aan en begin jou kulinêre reis met kundige leiding en ondersteuning elke stap van die pad. Jou kombuisavonture is op die punt om nóg meer opwindend te raak!