BKT Klets-Kombuis week 6

BKT Klets-Kombuis week 6

Hallo Twister,

Die week was besig en dit was doller as dol. Die laaste twee weke het my arme gesin oorleef met Vrieskas kos. Die Boboties en Lasagne’s het gevlieg. Sussie het begin kerm omdat die manne die heeltyd dieselfde kos uit haal en eet. Ek het ‘n rustiger week volgende week en sal dan weer tyd kry vir die BKT resepte om te toets en te laai. Elke week sal daar ‘n nuwe resep op die tuiste gelaai word.

Nuwe verwikkelinge vir die res van die jaar. Hierdie maand is daar ‘n nuwe klas wat bygevoeg word vir die 24 ste Februarie: Sjokolade werk. Hierdie klas gaan ek fokus op hantering van sjokolade vir smelt, ganache, sjokolade krulle en vorms. Dit is ‘n demonstrasie klas waar die tempering van die Couveture sjokolade die kruks van die saak is.

Maart maand kom ek Kaap toe vir die Woordfees. Ek laai volgende week die skakel vir besprekings om die demonstrasie op Saterdag 10 Maart by te woon. Daarna is dit ‘n heerlike Gastehuis seminaar wat ek aanbied vir Gastehuise in Bothaville met die oog op NAMPU en hoe om vars gebak vir die gaste voor te sit met min moeite.

April is dit KKNK vir my en details sal volg sodra ek dit ontvang. Maar merk solank vrydag 30 April.

Hierdie week het ek ook ‘n lekker groot artikel vir Huisgenoot gedoen en einde Maart kan julle dit verwag voor die TV reeks vir BKT begin. ‘n Volle 13 episodes! Maak solank ‘n nota…9 April 2017 gaan TV iets nuut en inspirerend  in ons taal Afrikaans beleef. Nog nooit so iets op TV gesien nie. Ag, wens ek kan vir julle ietsie wys, maar ek mag nie.

Dan vir die Kapenaars, hou asb die Platteland tydskrif dop vir die kaas en brood klasse in Julie en Augustus.

Mag die nuwe week vir julle vol wonderlikhede wees en tyd in die kombuis ‘n fees.

As bederf aan julle het ek die Pretoria FM praatjie se resepte hier gelaai: Veelsydige Bakkersmengsel 

Vir diegene wat die praatjie gemis het klik op hierdie skakel om saam te luister: Pretoria FM BKT praatjie

BKT groete

Annelien

2018-02-09T16:49:37+00:000 Comments

Leave A Comment