Hierdie basiese Gluten vrye meel resep is geskik om al jou gebak te vervang. Indien jy my resepte gebruik vir gebak kan ek jou verseker van sukses. Onthou egter dat kleur en ook die tekstuur van die produk mag verskil. Onthou dat gluten ‘n protein is en in gebak is die doel van gluten om die raamwerk te vorm van die gebak en die gebak rys en val nie plat. Werk amper soos om ‘n tent op te slaan…sonder die raam werk gaan die seile plat op die grond bly lê. Daarom voeg ons die Xanthan gum of Gum Arabic by die spesiale meel mengsel om die funksie van gluten oor te neem. Dus, sal die gebak rys en stol soos in die geval van gluten gebak. Ek sal meer aandag gee om vir julle gebak resepte te laai met die Gluten vry gemerk op die indeks lys van BKT resepte op www.annelienpienaar.co.za Onthou dat Rog meel nie gluten vry is nie. Dit bevat nog ‘n baie klein persentasie gluten.
Hierdie resep is meer geskik om met ‘n skaal geweeg te word. Hier gee ek vir julle ‘n algemene ratio om mee te werk. In hakkies het ek vir julle gewig as vb gegee. Onthou dat 1 k van hierdie meel mengsel weeg 120 g. Weeg eerder die mengsel as om ml mates te gebruik, omdat sommige maatkoppies nie reg gekalibreer is. Alle produkte kan by die gesondheidsrakke aangeskaf word. Ek gebruik persoonlik: Natures Choice.
Vinnige wenk as jou resep 140 g = 250 ml koekmeel vra dan gaan jy werk op 120 g Glutenvrye meel vir 250 ml.
WEnk no2: Indien daar ‘n probleem is tov Aarappel meel en nightshade allergië kan Mielieblom in die plek van aartappel meel gebruik word in presies dieselfde ratio want hul verdikkings vermoë bly dieselfde. Ek verkies aartappel meel, maar nou weet jy daar is ‘n ander opsie.
3 dele Wit of bruin rys meel (3 kg)
2 dele Aartappel meel (2 kg)
1 deel Tapioca meel (1 kg)
Sif alles saam.
Aanwysings:
5 ml (1 t) Xanthan gum of Gum Arabic vir elke 1 ½ k (180 g) meel mengsel in gesif
Wenk: indien jy winkel Gluten vrye meel wil gebruik maak asb net seker of daar reeds ‘n “gom” in is wat die gluten mimiek. Indien nie lees asb die pakkie se voorskrifte. As daar wel in is moenie nog gom byvoeg nie.
Bron: Annelien Pienaar, 2005, Gluten free classes
Hoeveelheid: 6 kg meel
Baie dankie vir die resep. Kan dit rou en gaar gevries word? Bv oor n vleispastei.
Jong ek is nie seker wat jy na verwys nie…hierdie is die meel resep…en ja dit kan gevries word. Groete Annelien
Hi Annelien, beteken die aanwysing van “5 ml (1 t) Xanthan gum of Gum Arabic vir elke 1 ½ k (180 g) meel mengsel gesif” dat jy eers wanneer jy gaan bak dit moet bysif of kan jy dit van die begin bysif en so stoor?
Indien jy die Xantham gum vooraf wil in meng sal ek dit soos volg doen: sif hierdie mengsel vir letterlik 4 keer saam. So weet jy verseker dat die mengesel homogeen en baie goed gemeng is. Groete Annelien Pienaar.
Annelien dankie…maw. ek gaan geen bakpoeier of koeksoda gebruik? Ek wil n koppie hiervan gebruik om n 700gram vrugtekoek te bak
Hallo Tania, jy moet die rysmiddel in sit. Groete Annelien
Middag Annelien
Eks baie dom – waar sal ek hierdie bestanddele vir die glutenvrye meel kan aankoop.
Groete
Karin
Karin, Dischem hou die produkte by die Gesonheidvoedsel afdeling aan. Supermarkte ook. Groete Annelien
Hi Annelien, in Engels is dit Potato starch of Potato flour?
Alida, ja dit kan flour/starch wees…dit is super fyn en witter van kleur. Maak seker jy misgis jouself nie met die kits aartappel soos die handelsmerk SMASH. Groete Annelien