Ons is bewus van n probleem met die aanlyn kursusse en ons tegniese span is besig om dit te ondersoek.

Toebroodjies met ñ Twist

Table of Contents

Caponata

‘n Veelsydige eiervrug smeer wat grof bedien kan word of selfs puree kan word. Die opsies is legio.

500 g eiervrug, geskil en in 2 cm blokkies gesny
Sout
6 e olyf olie
2 seldery stokkies
1 medium ui grof gekap
3 groot knoffel toontjies, grof gekap
¾ k tamatie sous
½ k groen olywe, grof gekap
2 e kappertjie saad, grof gekap
2 e bruinsuiker
¼ k wit asyn
1 baugette in skywe gesny en gerooster

Sprinkel genoeg sout oor die eiervrug en laat staan vir ‘n uur. Dreineer dan en moenie af spoel nie.

Braai die ui, seldery tot glansend met olyf olie. Voeg knoffel by en roerbraai vinnig. Voeg die res van die bestanddele by en kook tot amper dik sonder deksel by matige hitte vir 15 min.

Braai die eiervrug stukkies in ‘n voor verhitte pan met olyf olie tot bruin. Pak die geroosterde broodjies uit op ‘n opdien bord en skep eerste met eiervrug en bedek met die sous. Bedien dadelik.

Ek is baie lief vir vars koljander blare of basillie kruid vars gekap.

Sous kan vir 4 weke in die yskas gestoor word. Eiervrug stukkies kan nadat dit gesout was net so bevries word vir latere gebruik.

Kekerertjie, babaspinasie en gerookte worsie broodjie

Ek is baie lief vir kekerertjies (chickpeas) en enige vorm en kombinasie van hierdie heerlike vullende boon is ‘n moet vir elke broodjie.

2 e olyfolie
1 klein ui, gekap
3 knoffel toontjies, fyn gedruk
250 g gerookte worsies soos chorizo
¼ k aftresel van keuse
450 g baba spinasie blare
1 ½ k geblikte kekerertjies of een groot blik, dreineer. Gebruik die ertjie water as vervanging van eier in ander geregte. Vries ook goed
1 t gerookte paprika
1 baugette in skywe, gerooster en warm gehou.

Braai uie, knoffel en worsie saam tot glansend en gaar. Roerbraai die spinasie blare by tot net net pap en dan die res van die bestanddele.

Bedien warm op ‘n broodjie. Hierdie is ook ‘n heerlike bygereg.

Bron: www.annelienpienaar.co.za
Beide resepte is genoeg vir 4-6 porsies

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark (1)
Please login to bookmark Close
Annelien Pienaar

About Annelien Pienaar

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

2 Replies to “Toebroodjies met ñ Twist”

  1. menzel

    HI Ek kan nie my broodtjie met twist oopmaak nie

  2. Annelien

    Hallo Maryna,

    Die skakel is herstel en refresh hy maak nou oop.

    Groete Annelien

Join the conversation

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark
Please login to bookmark Close

Resep Kategorieë

Nuutste Resepte

Uit die argiewe

Annelien Pienaar

Annelien Pienaar

Food Scientist & Author

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

Follow me
Teken In
Wishlist
Login
Create an account

A link to set a new password will be sent to your email address.

Password Recovery

Lost your password? Please enter your username or email address. You will receive a link to create a new password via email.

TOP
You might like..
SHOPPING BAG 0
RECENTLY VIEWED 0
Annelien Pienaar

Word 'n Lid!

As ’n lid kry jy eksklusiewe toegang tot resepte net vir lede, persoonlike wenke en ’n wonderlike netwerk van mede-kosliefhebbers. Sluit vandag aan en begin jou kulinêre reis met kundige leiding en ondersteuning elke stap van die pad. Jou kombuisavonture is op die punt om nóg meer opwindend te raak!