Wie hou nou nie van ‘n gevulde broodjie nie? Veral as mens nou self ‘n broodjie kan bak! As mens opreis gaan is mens soms nie lus om kos te koop wat jy al voor moeg geeet is maar om eerder tuis ietsie aanmekaar te slaan en saam te neem. Indien jy al die smere vooraf berei en dalk ‘n wildrit of spesiale piekniek mandjie pak…dan is alles gereed en smeer! Loer gerus na my kookboeke genaamd Vleis en ook Boerekos met ‘n Twist vir heerlike resepte vir Padkos. Boeke verkrygbaar in Engels en Afrikaans by Take a lot.
Brood resepte om te probeer:
1. Biga styl brood
2. Rusticana
3. Saad brood
Toebroodjie vulsels
Biltong mousse
1 bakkie roomkaas
½ k suurroom
½ k mayonnaise
¼ t knoffel poeier
1 k biltong poeier
Meng alles saam en smeer as vulsel op broodjies. Hierdie mengsel hou 14 dae in die yskas.
Komkommer broodjies
1 komkommer met skil grof gerasper, al die water uit gedruk in ‘n skoon vadoek
1 k maaskaas
1 knoffel toontjie (opsioneel)
2 e sesam saad
1 e dukkah bkt kookboek
Sout en peper na smaak
Meng alles saam en stoor in lugdigte houer as smeer op broodjies of as doopsous
Songedroogde tamatie smeer
(Nie alleen net ‘ns meer nie, maar ook ‘n marinade vir hoender vlerkies)
1 k songedroogde tamaties in 3 k kookwater geweek oornag tot koud
¼ k olyfolie
3 e gladde Dijon mosterd
¼ k mayonnaise
½ k room
5 e woestersous of soya sous
2 e dragonder, tarragon
Verwerk al die bestanddele saam en verdun indien verkies met room vir ‘n slaaisous, bedien as ‘n doopsous of as ‘n smeer vir brood.
Geroosterde groente en hummus smeer
500 g-1kg gemengde groente van keuse, bedruip met ¼ k songedroogde tamatie smeer en dan ½ k ekstra olyfolie by.
My groente keuse: 2 k botterskorsie grof gekap, 2 k grof gekapte ui, 2 skoongemaakte knoffel toontjies, 3 takkies dill, 1 fennel bol in kwarte, 3 k soetrissies grof gekap, ½ k seldery fyn gekap.
Rooster die groente in ‘n groot bakplaat oop gesprei vir 45 min by 200C. Laat die groente afkoel en plaas in voedsel verwerker saam met 2 blikkies kekerertjies. Puree tot glad en geur na smaak. Jy kan die mengsel verdun met bietjie room.
Bron: www.annelienpienaar.co.za deur Annelien Pienaar, 2022-10-20
Hoeveelheid: genoeg vir 4-6 porsies.


3 Replies to “Toebroodjie vulsels met ‘n Twist!”
Antoinette Nell
Ongelooflik opgewonde om myself ‘n Twister te noem gaan heerlik kuier en saam bak
corrie nel
dankie Annelien. Ek is baie dankbaar vir hierdie reseppe. Wil dit graag uitdruk. Kan jy my daarmee help.
Annelien
Corrie, jy kan net copy en paste.
Groete
Annelien