Ons is bewus van n probleem met die aanlyn kursusse en ons tegniese span is besig om dit te ondersoek.

Speel Klei vir klein mensies!

Table of Contents

Hierdie is die perfekte speel klei vir klein handjies waarvan die spiertjies in die vingertjies geoefen word. Verder word die fyn sensore ontwikkel deur speelgoed soos albasters daarin weg te steek en speel-speel moet hul met hul minder dominante handjie die albasters uitvroetel. So het moeder vir ure met ons as kinders en ook later haar klein kinders speel, speel ons slim gemaak!

Die kremetart preserveer die klei vir ongeveer 6 maande as dit lugdig gehou word.
Kookolie of selfs olyfolie keer dat die sout nie kleingoed se handjies en velletjies uitdroog nie.

Ek rol die deeg uit en stempel in die deeg teksture en druk dan vormpies uit, ek maak gaatjies met ‘n strootjie vir ‘n plekkie om ‘n toutjie deur te sit. Dit word dan saam met my geskenk pakkies as versiering gesit. Wie het gesê klei is nie vir grootmense nie?

280 g (2 k) koekmeel – ek verkies Snowflake, gee fyner tekstuur
500 ml (2 k) water
140 g(½ k) tafelsout
15 ml kremetart
15 ml kookolie
4 ml voedsel kleuresel
2 ml aromaterapie olie – opsioneel vir geskenk pakkies (nie eetbaar vir kindertjies nie)

Meng al die droë bestanddele saam. In ‘n swaarboom kastrol verhit water en olie tot kookpunt en voeg die meelmengsel by. Roer vinnig en aanhoudend totdat die deeg ‘n bol vorm en los kom van die kante. Dit gaan lyk soos wanneer jy poffertjie deeg maak.

Laat die deeg effens afkoel en knie dan vir 5 minute tot glad en sag. Indien jy aromatiese olies wil byvoeg, is dit nou die tyd asook kleursel, knie weer goed deur.

Stoor in lugdigte houers vir 3 maande.

Lewer: 750 g klei.

Bron: Annelien Pienaar, verwerking van moeder se resep, 1979

 

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark (1)
Please login to bookmark Close
Annelien Pienaar

About Annelien Pienaar

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

Join the conversation

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark
Please login to bookmark Close

Resep Kategorieë

Nuutste Resepte

Uit die argiewe

Annelien Pienaar

Annelien Pienaar

Food Scientist & Author

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

Follow me
Teken In
Wishlist
Login
Create an account

A link to set a new password will be sent to your email address.

Password Recovery

Lost your password? Please enter your username or email address. You will receive a link to create a new password via email.

TOP
You might like..
SHOPPING BAG 1
RECENTLY VIEWED 0
Annelien Pienaar

Word 'n Lid!

As ’n lid kry jy eksklusiewe toegang tot resepte net vir lede, persoonlike wenke en ’n wonderlike netwerk van mede-kosliefhebbers. Sluit vandag aan en begin jou kulinêre reis met kundige leiding en ondersteuning elke stap van die pad. Jou kombuisavonture is op die punt om nóg meer opwindend te raak!