Ons is bewus van n probleem met die aanlyn kursusse en ons tegniese span is besig om dit te ondersoek.

Semel karringmelk beskuit

Table of Contents

Semelkarringmelk beskuit is sag, bros en amper so lekker soos koekies. Dit is vol gesonde aspekte en die hele gesin se kolon kan daarby baat. Hierdie resep bevat GEEN eiers omdat ek dit so ontwikkel het vir eier allergië.

1. Hierdie beskuit is soos smelt in die mond koekies…murg sag agv die margarien wat met die hande ingevryf word.

2. Ek is oor 2 dinge vol fiemies…my meel en my margarien vir bak…hier is my geheim…Snowflake en Rama of Stork bake. Hoop een van die maatskappye gee my eendag werk!

3. Sny altyd jou beskuit voordat jy dit bak in vingers, na die tyd gaan dit baie help met die droog proses. Ek gebruik groot plat beskuit panne.

4. Wanneer jy beskuit droog moet die oond deur met ‘n houtlepel oop gehou word sodat die vog kan ontsnap.

5. Hoe word beskuit gedroog? Elke vinger kan direk op die draadrakkies van die oond gepak word. Ek sit vooraf foelie onder in die oond sodat al die krummels daarop kan val en later makliker verwyder word.

6. Ek is baie life om Roulynsaad in my resepte te gebruik omdat dit hoog in omega’s is…veral as die kinders nie so lief is vir vis.

7 k (1 kg) Nuttywheat (Maak jou eie Nuttywheat)
2 k (60 g) semels/bran
1 k (100 g) pekans/rosyne/cranberries of 3dele van elk
1 k (170 g) roulynsaad
1 k (80 g)gerolde hawermout (Rolled oats)
2 k (400 g) sagte bruinsuiker
1 t (5 ml) sout
2 t (10 ml) bakpoeier
1 t (5 ml) kremetart
2 t (10 ml) koeksoda
100 ml melk
500 g margarien, kamer temperatuur
2 k (500 ml) karringmelk

Hou koeksoda eenkant en meng die droë bestanddele saam. Rasper margarien in meel in en vryf met vingerpunte in totdat dit soos broodkrummels lyk.

Meng die koeksoda met melk, maak seker die klonte is goed opgelos. Voeg by karringmelk om dit te aktiveer.

Meng meelmengsel met melkmengsel totdat bestanddele goed gemeng is. Druk die beskuit in plat oond panne en sny vooraf in vingers. 2 oondpanne is reg.

Bak by 180 grade C vir 45-60min op die oond se middelste rak. Laat afkoel en sny in vingers en droog in matige oond van 100 grade vir 3-4 ure met effens oop oond deur.

Bron: Annelien Pienaar, vir Ouma se Spens

 

 

 

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark (10)
Please login to bookmark Close
Annelien Pienaar

About Annelien Pienaar

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

21 Replies to “Semel karringmelk beskuit”

  1. Mel

    Good evening. Forgive my ignorance but what is semels and roulynsaad?

  2. Annelien

    Hallo Mel. Semels is Bran and Roulynsaad is Lynseed or Flaxseed. Kind regards Annelien Pienaar

  3. Lenise

    Lief jou resepte baie

  4. Annelien

    Hartlike dank en mag jy elke kuiertjie by BKT se resepte afdeling sommer baie geniet. Groete Annelien Pienaar

  5. Annelien

    Hallo Annette, loer die bakpoeier is 2 t (10 ml) en dan die semels is korrek want 1 k ingedrukte semels weeg 30g so jy het twee koppies nodig. Verder is die resep deur ‘n hele paar van die Faceboek Boerekos met ‘n Twist lede gebak en jy kan gerus ook gaan vra op die groep of die resep werk of nie. Hoop hierdie ingligting help jou. Groete Annelien Pienaar

  6. Aletta

    Sjoe dis baie lekker, ek maak dit sommer dubbeld aan. En ek sien die margarien wat mens gebruik maak tog ‘n verskil. So Rama en botter werk vir my soos jy ook aanbeveel het. Dankie Annelien, my gesin eet hierdie baksel ook weer binne ‘n week of twee op!

  7. Annelien

    Hallo Aletta, sommer baie bly jy vind die raad nuttig en ja, margariene maak groot verskille in gebak. Geniet en kom wys op FAceboek jou prag gebak. Groete Annelien

  8. Mariska

    Dis nou die laaste gratis resep wat ek roofkyk. Tannie Annelien, ek teken more op! Jou resepte is so maklik en lekker. Baie baie dankie dat tannie dit deel met ons.

  9. Annelien

    Geniet en solank jy elke dag iets by BKT leer is ek tevrede. Beste wense Annelien Pienaar

  10. Tersia

    Hierdie resept is ‘n WENNER!!

    Al 3 keer gemaak, almal gaande daaoor.

  11. Annelien

    Tersia, baie dankie vir die wonderlike terugvoering. Jy is ‘n oulike Twister. BkT groete Annelien Pienaar

  12. Saartjie

    Op watter stadium van die geveg moet mens die olie bysit? Die resep hierbo duidelik nie aan nie

  13. Annelien

    Hallo Saartjie, ek dink jou navraag is vir ‘n ander resep. Daar is geen olie in hierdie resep. Net margarien of botter. Groete Annelien

  14. Celeste

    Hi Annelien, baie dankie vir die wonderlike resep! My gesin is vol fiemies, kan ek “pekans/rosyne/cranberries” uitlos of moet ek dit met iets vervang? Ek gaan 2 baksels moet maak, 1 vir my en manlief net soos jou resep is en 1 vir die kinders sonder die rosyne/neute.

  15. Annelien

    Celeste, jy kan wel vervanging in gewig doen, maar onthou dat as jy sade inbring dit eers vooraf geweek moet word. Groete Annelien

  16. Lizette

    Hi Annelien, wil hoor of jy vir my kan sê of loodvrye versinkte panstaal veilig is om beskuit mee te bak. Indien nie, wat beveel jy aan. Dankie.

  17. Annelien

    Hallo Lizette loer op FB rond daar is mense wat vlek vrye staal panne presies vir jou oond se mates maak.
    Groete Annelien

  18. Julia

    Goeie dag, Ek wil weet wat gebeur as jy die suiker halveer? Moet jy dit met iets vervang?

  19. Annelien

    Hallo Julia,
    Die beskuit sal harder uit kom en minder soet. Indien jy ‘n suikervrye resep benodig, daar is ‘n diabetiese resep beskikbaar.
    Groete Annelien

  20. Shelley

    Hallo Annelien, hierdie resep lyk presies dieselfde as die eierlose semelkarringmelk beskuit hier op jou webtuiste https://annelienpienaar.co.za/2018/05/22/eierlose-semelkarringmelk-beskuit-en-kersie-biscotti-episode-7-van-boerekos-met-n-twist/?fbclid=IwAR2fG5wfq_O1JPvMVkDY2x6iA8gWTaXKmzbMCpAGH1nKJ8I44jrONsa1cLE maar hierdie een vra vir 2 koppies karringmelk en die ander een 3 koppies. Is dit reg? Dankie.

  21. Annelien

    Shelly ek al loer maar ja dit is dieselfde resep. Groete Annelien

Join the conversation

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark
Please login to bookmark Close

Resep Kategorieë

Nuutste Resepte

Uit die argiewe

Annelien Pienaar

Annelien Pienaar

Food Scientist & Author

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

Follow me
Teken In
Wishlist
Login
Create an account

A link to set a new password will be sent to your email address.

Password Recovery

Lost your password? Please enter your username or email address. You will receive a link to create a new password via email.

TOP
You might like..
SHOPPING BAG 1
RECENTLY VIEWED 0
Annelien Pienaar

Word 'n Lid!

As ’n lid kry jy eksklusiewe toegang tot resepte net vir lede, persoonlike wenke en ’n wonderlike netwerk van mede-kosliefhebbers. Sluit vandag aan en begin jou kulinêre reis met kundige leiding en ondersteuning elke stap van die pad. Jou kombuisavonture is op die punt om nóg meer opwindend te raak!