Ons is bewus van n probleem met die aanlyn kursusse en ons tegniese span is besig om dit te ondersoek.

Rooibos Vrugtekoek met ‘n Twist

Table of Contents

Sommer ‘n eenvoudige, flop vrye Vrugtekoek resep!

Voorbereiding van vrugte
1 kg Gemengde koekvrugte
2 k Suiker
2 k Glanskersies – gesny
250 g Botter – Rama of Stork bake is ook geskik
1 k Water
1 k Rooibostee
1/4 k Brandewyn (sonder alkohol: appelsap of rooibos tee)

Metode
1. Kook bo genoemde bestanddele alles saam vir 5 minute.

2. Laat die mengsel tot lou warm afkoel. Hierdie mengsel kan ook ‘n dag voor die tyd berei word en gebruik word soos tyd toelaat.

Koekbeslag
4 k Koekmeel
2 t Koeksoda
2 t fyn Gemmer
2 t Suurlemoensap
4 Eiers – goed geklits
knippie Sout

Metode
1. Voeg koeksoda by vrugtemengsel en meng goed.

2. Sif die koekmeel, sout en gemmer saam, meng nou die meelmengsel en geklitste eiers om die beurt in die vrugtemengsel in.

3. Voeg suurlemoensap by, meng goed met houtlepel. Skep in diep pan wat se kante en bodem met waspapier uitgevoer is.

4. Bak in vooraf verhitte oond by 180 ˚C. Ek het ‘n 23 cm deursnit ronde koekpan gebruik. Wanneer koek in oond gesit word stel af na 140 ˚C. Sit 2 lae waspapier bo op koekpan en haal dit na 2 ure af. As koek in vlakker groot pan bak kan dit dalk net 3 ure bak. As koek na 3½ ure nog nie gaar is nie is daar fout.

5. As koek uit oond kom keer uit op afkoel rak. Gooi goeie gehalte brandewyn oor.Laat heeltemal koud word. Draai toe in foelie en sit in blik. Gooi 1 x per week nog brandewyn oor om klam te hou en draai weer foelie om.

6. Kan na ‘n week begin eet. Hoe ouer die koek word hoe meer ontwikkel die geure. Bak ten minste 8 weke voor die tyd die koek. Die koek kan op die rak, goed toegedraai in foelie vir maande bewaar word by ‘n konstante temperatuur.

Annelien se opmerking
Die koek is heerlik klam. Ek gebuik Sjerrie of Jerepico in plaas van brandewyn vir daardie ekstra soet smaak, maar dan gaan die koek nie solank hou nie. Brandewyn is die beste preseveer middel omdat die alkhol inhoud so hoog is. Dit is ‘n wonderlike koek en die moeite werd om te maak.

Kortpad: ja daar is kortpaaie vir vrugtekoeke bak en deur die vrugte in die eerste fase vir ‘n paar dae te marineer en goed bedek te hou, sal die rypmaak verkort na net 1 week. Dus, vir die voeding skema gebruik ek OBS en elke tweede dag vir 8 dae voer ek die koek en draai ook die koek as ek dit doen. So jy kan ‘n week voor Kersfees nog weg kom met ‘n Vrugtekoek bak!

Ek vra baie mooi, my resepte is my werk, dit neem baie ure om vir julle flop vrye resepte te ontwikkel. Daarom share altyd die resepte met die link na my site. MOENIE my werk copy en paste en op groepe deel. Vir ons as conent creators help die verkeer na ons sites om ons deur oop te hou. Hierdie resep deel ek met jou om die Gees van Welwillendheid te ervaar. Doen die regte ding en share links. Baie dankie vir die volg en die afgelope jaar saam met elke leser. Mooiste wense vir die Feestyd. 

Groete Annelien Pienaar

Bron: www.annelienpienaar.co.za 1996, deur Annelien Pienaar

Hoeveelheid: 1 vrugtekoek

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark (3)
Please login to bookmark Close
Annelien Pienaar

About Annelien Pienaar

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

2 Replies to “Rooibos Vrugtekoek met ‘n Twist”

  1. Yvonne Van Niekerk

    Baie dankie vir jou mooi hart om te deel. Gaan hom beslis bak.

  2. Annelien

    Groot plesier!

Join the conversation

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark
Please login to bookmark Close

Resep Kategorieë

Nuutste Resepte

Uit die argiewe

Annelien Pienaar

Annelien Pienaar

Food Scientist & Author

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

Follow me
Teken In
Wishlist
Login
Create an account

A link to set a new password will be sent to your email address.

Password Recovery

Lost your password? Please enter your username or email address. You will receive a link to create a new password via email.

TOP
You might like..
SHOPPING BAG 1
RECENTLY VIEWED 0
Annelien Pienaar

Word 'n Lid!

As ’n lid kry jy eksklusiewe toegang tot resepte net vir lede, persoonlike wenke en ’n wonderlike netwerk van mede-kosliefhebbers. Sluit vandag aan en begin jou kulinêre reis met kundige leiding en ondersteuning elke stap van die pad. Jou kombuisavonture is op die punt om nóg meer opwindend te raak!