Ons is bewus van n probleem met die aanlyn kursusse en ons tegniese span is besig om dit te ondersoek.

Romerige Mieliepap

Table of Contents

Ek het grootgeword met elke dag ’n bakkie mieliepap vir ontbyt…grof en steen gemaal op die plaas. Ons het nie die meel gesif nie en glo vir my die mieliepap was heerlik romerig. Vandag kan ek met opgewondenheid sê dat daar weer ‘n herlewing is in hierdie verband. Heerlike romerige mieliemeel. By ons in Noordwes is daar Winners meel wat in Swartruggens gemaal word en aan hierdie vereistes voldoen. Dan die groot ontdekking vir my persoonlik verlede jaar was Lowerland in Prieska se goudgeel GMO vrye mieliemeel…grof, romerig en ongesif. Vol goedheid en gesond. Kom ons maak pap!

2 liter water
5-6 koppies grof gemaalde mieliemeel plus dreineer water van soetmielies
1 blikkie soetmielie pitte, dreineer
1 e sout
4 e botter, egte botter

Kook die water met sout in ’n kastrol met dig passende deksel. Ek vind dat ’n gietyster kastrolletjie die beste opsie is en die aanbrand minder. Voeg die mieliemeel stadig by terwyl jy klits om klonte te voorkom. Hou so aan klop totdat die mengsel begin verdik. Draai die hitte af na stadig en prut vir 1 uur.

Roer na ‘n uur deeglik deur en voeg die botter en mieliepitte by en roer goed deur, kook nog ‘n halfuur.

Smaaklike ete.

Bron: Annelien Pienaar, 2017
Hoeveelheid: 6 porsies

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark (3)
Please login to bookmark Close
Annelien Pienaar

About Annelien Pienaar

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

Join the conversation

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark
Please login to bookmark Close

Resep Kategorieë

Nuutste Resepte

Uit die argiewe

Annelien Pienaar

Annelien Pienaar

Food Scientist & Author

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

Follow me
Teken In
Wishlist
Login
Create an account

A link to set a new password will be sent to your email address.

Password Recovery

Lost your password? Please enter your username or email address. You will receive a link to create a new password via email.

TOP
You might like..
SHOPPING BAG 1
RECENTLY VIEWED 0
Annelien Pienaar

Word 'n Lid!

As ’n lid kry jy eksklusiewe toegang tot resepte net vir lede, persoonlike wenke en ’n wonderlike netwerk van mede-kosliefhebbers. Sluit vandag aan en begin jou kulinêre reis met kundige leiding en ondersteuning elke stap van die pad. Jou kombuisavonture is op die punt om nóg meer opwindend te raak!