Ons is bewus van n probleem met die aanlyn kursusse en ons tegniese span is besig om dit te ondersoek.

Roerbraai groente gereg

Table of Contents

Vars groente is deesdae volop in supermarket in reeds verwerkte vorm beskikbaar. Ek is baie lief vir baba spinasie blare, wortel repies, uie, tuin ertjies…alles met ‘n heerlike kraak in elke happie. Daarmee saam is dit belangrik om ‘n heerlike sousie oor die gebraaide groente te bedien…en dit is hier waar ek baie lief is om geroosterde speserye soos fennel of cumin te gebruik . Hierdie resep is geskik vir ‘n gesin van 6 persone.

2 medium uie, geskil en in wiggies gesny
250 g sampioene, afgevee en gesnipper
250 g wortel repies, julienne
250 g rooi soetrissie
250 g snap peas, mangetout
500 g kool, fyn repies gesny, chiffonade
1 pakkie (100g) baba spinasie blare
4 e olyfolie
6 rooi basilie kruid blare vir garnering…nie vir braai doeleindes

Sous
¼ k olyfolie
¼ k balsamiese asyn reduksie (neem 1 k balsamiese asyn en kook tot dat dit met 3 dele verdamp het)
¼ k witwyn van goeie kwaliteit
½ t knoffel vars, fyn gedruk
1 e heuning
1e – 2e groente sout p. 211 BKT kookboek

Roerbraai die groente in volgorde soos in die bestanddele lys beskryf. Onthou asb om nooit sampioene te was, maar net af te vee anders gaan daar baie vog wees. Sampioene is sponsagtig en sal water absorbeer…

Voor verhit pan oor matige hitte en braai die uie tot glansend in die 4 e olyfolie. Braai dan die sampioene tot gekrimp en vog verdamp het. Voeg dan die res van die bestanddele soos in die lys beskryf by…moenie te veel braai nie…5 min is meer as genoeg om die brosheid van die groente te behou.

Terwyl die groente braai voeg dan die sous bestanddele saam en hou eenkant. Soms maak ek vooraf die sous in veelvoud en gebruik soos nodig. Die sous hou ongeveer 2 maande in die yskas.

Sodra die groente Al dente is…bros en ferm as dit gebyt word…voeg die sous by en roer vinnig deur. Bedien dadelik.

Bron: Annelien Pienaar, 2018

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark (2)
Please login to bookmark Close
Annelien Pienaar

About Annelien Pienaar

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

One Reply to “Roerbraai groente gereg”

  1. Roerbraai groente gereg – Impala Vleis

    […] Bron: Annelien Pienaar, 2018 […]

Join the conversation

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark
Please login to bookmark Close

Resep Kategorieë

Nuutste Resepte

Uit die argiewe

Annelien Pienaar

Annelien Pienaar

Food Scientist & Author

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

Follow me
Teken In
Wishlist
Login
Create an account

A link to set a new password will be sent to your email address.

Password Recovery

Lost your password? Please enter your username or email address. You will receive a link to create a new password via email.

TOP
You might like..
SHOPPING BAG 1
RECENTLY VIEWED 0
Annelien Pienaar

Word 'n Lid!

As ’n lid kry jy eksklusiewe toegang tot resepte net vir lede, persoonlike wenke en ’n wonderlike netwerk van mede-kosliefhebbers. Sluit vandag aan en begin jou kulinêre reis met kundige leiding en ondersteuning elke stap van die pad. Jou kombuisavonture is op die punt om nóg meer opwindend te raak!