Ons is bewus van n probleem met die aanlyn kursusse en ons tegniese span is besig om dit te ondersoek.

Pepperment sjokolade fudge

Table of Contents

‘n Heerlike fudge vir klein handjies om by te staan want die mengsel word nie kokend warm gemaak.

NOTA: daar gaan twee aparte kleure berei word. Dit word dan met mekaar liggies vermeng om die marmer effek te kry. Die mengsel kan ook in silikoon sjokolade vormpies gedruk word, bevries vir ‘n uur en dan uit gedruk word. Of net in ‘n pan gedruk en later in blokkies gesny. Jy kan met kleursels en geursels speel vir heerlike geure. 

300 g (1 ½ k) melk sjokolade of donker sjokolade, bakkers tipe
300 g (1 ½ k) wit melk sjokolade, bakkers tipe
385 g (1 ) blik kondensmelk
200 g versiersuiker, gesif
Paar druppels peperment essensiele olie
Groen voedsel kleursel

Indien jy silikoon pannetjies of vormpies gebruik is geen voorbereiding nodig. Indien jy glas of metaal panne gebruik voer die vorms uit met bakkerspapier. Hou eenkant. Onthou asb om silikoon vorms direk op ʼn bakplaat te sit as jy werk want dit is baie moeilik om ʼn pap mould op te tel as dit gevul is. Reghoekige mates min of meer vir ʼn pan is 20 cm min of meer by 20 cm.

Smelt beide sjokolades in aparte bakkies oor dubbelkoker en hou warm. Verdeel die kondensmelk tussen die twee sjokolades en roer goed deur. Gevolg deur die versiersuiker wat verdeel word tussen die twee bakkies. Werk goed deur.

Geur die wit sjokolade mengsel met die olie en kleur groen. Neem die twee mengsels en giet bymekaar. Dit sal ‘n stywe massa wees. Werk vinnig, knie liggies en druk dan in voorbereide pan of vorms. OF

Skep hopies van elke kleur na gelang van die effek wat jy wil verkry in die moulds…trek n mes punt of sosatie stokkie deur om ʼn marmer effek te verkry.

Plaas in yskas om te stol vir ‘n uur.

Verpak dadelik en hou lugdig en kan op die rak vir 2 maande gestoor word of gevries vir 6 maande.

Hoeveelheid: 1 x 20 x20c, pan
Bron: www.annelienpienaar.co.za deur Annelien Pienaar 2022.
Deel altyd my resepte via hierdie link vanaf my webtuiste. Copy en Paste van my resepte op sosiale media word nie toegelaat tensy jy toestemming vra by boerekostwist@gmail.com

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark (1)
Please login to bookmark Close
Annelien Pienaar

About Annelien Pienaar

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

4 Replies to “Pepperment sjokolade fudge”

  1. Amanda De la Rey

    Hallo Annelien, Ek het Sondag 11 Desember ingeskryf op die spesiale aanbieding van 12 maande. Al die stappe gevolg vir betaling, en ook op die banke goedgekeur (2 maal!!). Ek sien egter nie dat die betaling vanaf my kredietkaart af gegaan het nie. Kan jy vir my kyk? Ek wil tog nie n “roofgebruiker” wees nie! Groete, Amanda de la Rey 0824626373

  2. Annelien

    Amanda, dankie vir jou inligting. Ek wil net opvolg asb, loer in jou inbus ek het jou ‘n epos gestuur. Onthou hierdie resep is GRATIS.

    Groete

    Annelien Pienaar

  3. Anselda Els Nell

    Annelien jy skryf copy en paste is noe toelaatbaar nie. Mag ek vir my eie doeleindes die resep copy en bêre of hoe merk ek dit sodat ek later toegang het as my lidmaatskap nie hernu kon word nie. Baie dankie

  4. Annelien

    Anselda, jy mag dit vir jou eie gebruik doen maar nie dit share op sociale media. Groete Annelien

Join the conversation

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark
Please login to bookmark Close

Resep Kategorieë

Nuutste Resepte

Uit die argiewe

Annelien Pienaar

Annelien Pienaar

Food Scientist & Author

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

Follow me
Teken In
Wishlist
Login
Create an account

A link to set a new password will be sent to your email address.

Password Recovery

Lost your password? Please enter your username or email address. You will receive a link to create a new password via email.

TOP
You might like..
SHOPPING BAG 1
RECENTLY VIEWED 0
Annelien Pienaar

Word 'n Lid!

As ’n lid kry jy eksklusiewe toegang tot resepte net vir lede, persoonlike wenke en ’n wonderlike netwerk van mede-kosliefhebbers. Sluit vandag aan en begin jou kulinêre reis met kundige leiding en ondersteuning elke stap van die pad. Jou kombuisavonture is op die punt om nóg meer opwindend te raak!