https://annelienpienaar.co.za/wp-content/uploads/2020/04/Pekan-en-beskuitjie-fudge.jpgLAAI AF / DOWNLOAD
Hallo maters,
In die KinderKombuis deur Klein Filistyn gaan ons hierdie jaar sommer heerlike kombuis eksperimente doen. Ons gaan leer van resepte lees en toepas, bietjie somme doen en ook die lekkerste van alles KREATIEF wees. Kom spog asb op Faceboek se Boerekos met ‘n Twist die kook groep met jou mooi skeppings. Kom vra vir ons vrae onder aan elke resep sodat ons jou kan help om elke keer in die kombuis sukses te SMAAK. Hartlik welkom by Klein Filistyn se KinderKombuis!
Groete
Klein Filistyn
PS: Daar moet 1 eier by die bestanddelelys wees…ek het vergeet om dit te skryf maar het onthou om dit in die foto’s vir julle te wys.


12 Replies to “Pekan en Beskuitjie Fudge”
Elsabe Smith
Baie dankie Klein Filistyntjie, ek kan nie wag om jou reseppies te maak nie😋😋😋❤️❤️❤️
Beat
Wonderlik wat n heerlike avontuur
Annelien
1 eier moet in die bestanddele lys kom!
Adele Du Toit
Baie dankie vir die resep.
Waarmee kan die eier vervang word?
Marietjie Pierneef
Baie geluk klein Filistyn met jou kook boek. Mag jy nog nog vele resepte boeke skryf. Wat is die prys van jou boek en is die boek net in Afrikaans beskikbaar?
Baie dankie
Marietjie Pierneef
Annelien
Hallo Marietjie, nee sy het nog nie ‘n kookboek nie. Dit is maar net vir haar lekker om te kook en saam tyd met mamma te spandeer. Ons deel ook graag die resepte met ander maatjies sodat hulle ook kan lief word vir kook en basiese beginsels leer. So, volg ons dan kan jy elke maand ‘n nuwe reseppie verwag. Groete Klein Filistyn se mamma.
Annelien
Hallo Adele, jy kan die eier net uit die resep haal. Groete Annelien
Annelien
Dankie en hoop tannie kuier lekker saam met my in die KinderKombuis. Groete klein Filistyn
Annelien
Dankie tannie, dit is lekker om saam met my mamma te kook. Sy is kwaai maar sy is reg…moenie vir haar vertel ek sê so…haha. Groete Klein Filistyn.
Mariana Boshoff
Ek is n Ouma wat graag saam met die kleinkinders bak en brou. Ek maak maar vir hul die resepte bymekaar. Baie dankie.
Annelien
Mariana, julle moet die tydjies koester en sommer baie geniet. Groete Annelien
Amanda Hopkins
Dankie Filisyntjie dat jy dit met ons deel, dink jy moet ook jou eie resepte boek maak.