Ons is bewus van n probleem met die aanlyn kursusse en ons tegniese span is besig om dit te ondersoek.

Pannekoek

Table of Contents

 

Elkeen van ons het ons eie idee van die perfekte pannekoek. Wel, hier is my idees rondom die onderwerp en paar wenke wat ek met die jare heen opgetel het.

1. Hierdie pannekoek beslag se eindproduk is lig en donsig, a.g.v. die asyn wat bygevoeg word. Die bakpoeier word aan die einde van die 30 minute rustyd van die beslag bygevoeg, onthou die asyn sal dit onmiddellik laat reageer, dus bak die beslag sodra jy die bakpoeier bygesit het, anders na 1 uur verloor dit sy werking.

2. Olie in die beslag help om te keer dat die pannekoeke vas klou aan die pan.

3. Bereiding van die pan voordat jy bak. Ek het nou ‘n ou Hart pan, cheapie, ek weet, maar jinne sy kan bak, soms raak sy halstarrig dan moet ek haar skuur sodat die pannekoeke nie vas sit nie. Jy verwarm die pan en drup bietjie olie in, sprinkel met sout (½ t) en vat dan kombuispapier en vryf goed oor die oppervlakte sodat die kolle wat aanbrand geskrop is. Vee goed af en bak jou pannekoek. As jy ‘n kleefvrye pan het dan is dit nie nodig nie.

4. ‘n Pannekoek moet vinnig bak in ‘n pan wat vooraf verhit is.

5. Ek gebruik ‘n gewone ballon klitser (whisk) om die beslag aan te maak, los maar die elektriese goed.

6. Die resep vermeerder met gemak sonder enige aanpassings.

7. Die beslag kan sonder bakpoeier in yskas vir 2 weke gehou word.

8. Gaar Pannekoek kan gevries word in lae van 10 en by kamertemperatuur ontdooi word.

280 g (2 k) koekmeel
2.5 ml (½ t) sout
125 ml (½ k) olie
30 ml (2 e) wit druiwe asyn
2 groot eiers
750 ml – 1 liter (3-4 k) water
10 ml (2 t) bakpoeier

Sif koekmeel en sout saam.

Meng al die vloeistowwe saam en klits met water. Voeg by koekmeel en gebruik ‘n ballon klitser om te klits.

Voeg die res van die water by, die dikte moet soos room wees.

Laat staan vir 30 minute. Toets die dikte, moet soos room wees en voeg die bakpoeier by.

Bak in warm pan. Sodra die beslag van die kante los trek kan jy die deeg om draai.

Bron: Annelien Pienaar
Hoeveelheid: 20-25 van 24cm deursnit

Variasie:

Sjokolade pannekoek
4 e kakao in die koekmeel in gesif.
50 ml ekstra water by die beslag.

Spinasie pannekoek
3 e spinasie poeier (droog spinasie en maak ‘n poeier met die wet ‘n dry mill van die Bamix)
50 ml ekstra water by die beslag.

Heerlik met ‘n salm en roomkaas vulsel of ouma Hantie se knoffelroom sous in die BKT kookboek

Beet pannekoek
3 e Beet poeier soos vir Spinasie
50 ml ekstra water

Brandewyn kaneel suiker
1 k witsuiker
1 e kaneel, fyn
knippie neutmuskaat
10 e fyn gerasperde sjokolade van keuse
2 e brandewyn

Meng alles saam en gebruik soos normale kaneel suiker

Bron: www.annelienpienaar.co.za vir Pretoria FM en Maroela Media deur Annelien Pienaar Food Consultant. Sluit gerus ook by die Boerekos met ‘n Twist kookgroep op Faceboek aan vir aktuele en interaktiewe kos klasse en lesse.

Hoeveelheid: 20 pannekoeke

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark (9)
Please login to bookmark Close
Annelien Pienaar

About Annelien Pienaar

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

2 Replies to “Pannekoek”

  1. Erika Potgieter

    Hi Annelien
    Ek weet nie of ek op die regte manier vra nie. Maar ek het nie n antwoord gesien op Facebook nie. Ek wil net hoor waarmee kan mens die eiers vervang in die pannekoek resep vir allergie?

  2. Annelien

    Hallo Erika, loer asb as jy op die FB groepie land is daar ‘n soek opsie. Tik net eier allergie in en dan sal jy jou navraag opspoor. Ek het dit beantwoord, maar hier is weer die antwoord vir jou. Gaan lees asb die artikel op my webtuiste oor Eiermates, groottes en gewig. Ek het in hierdie artikel vir jou al die opsies vir eiervervanging gegee. Groete Annelien

Join the conversation

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark
Please login to bookmark Close

Resep Kategorieë

Nuutste Resepte

Uit die argiewe

Annelien Pienaar

Annelien Pienaar

Food Scientist & Author

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

Follow me
Teken In
Wishlist
Login
Create an account

A link to set a new password will be sent to your email address.

Password Recovery

Lost your password? Please enter your username or email address. You will receive a link to create a new password via email.

TOP
You might like..
SHOPPING BAG 1
RECENTLY VIEWED 0
Annelien Pienaar

Word 'n Lid!

As ’n lid kry jy eksklusiewe toegang tot resepte net vir lede, persoonlike wenke en ’n wonderlike netwerk van mede-kosliefhebbers. Sluit vandag aan en begin jou kulinêre reis met kundige leiding en ondersteuning elke stap van die pad. Jou kombuisavonture is op die punt om nóg meer opwindend te raak!