Die koek is klam en gevul met geur. Dus, as jy haastig is hier is ‘n lekker een om te maak sonder probleme. Die resep is op 100% krag gebak teen die gegewe tyd. Lekker bak! Bestel ook heerlike plaas vars Pekans direk by die boer: https://skeerpoort.co.za/
Nota: ‘n 900 watt mikrogolf is vir die toets van die resep gebruik.
Resep
250 g Dadels – gekap
10 ml Vanilla geursel
350 g Kersies – in helfte gesny (jy kan minder maak)
5 ml Koeksoda
1 kg Vrugtekoekmengsel
280 g Koekmeel – gesif
4 e kakao poeier
5 ml Bakpoeier
250 g Sagte bruinsuiker (Treacle sugar)
3 ml All spice
130 g Botter of bakmargarien
5 ml Gemmer – fyn
250 ml Water
1 ml Sout
2 Eiers – geklits
50 ml Brandewyn of sjerrie
100 g pekans – grof gekap
200 ml Old brown sherry of enige dessert soet wyn vir die voer van die koek ‘n paar dae later.
Metode
1. Kook saam in ‘n pot met ‘n groot oppervlakte vir 5 minute: Gesnyde dadels, gehalveerde kersies, koekmengsel, kleursel, suiker, margarine, water, vanilla, neute en brandewyn.
2. Haal van stoof af en voeg koeksoda by.
3. Laat afkoel. Voeg droë bestanddele om die beurt met die eiers by. Meng goed met ‘n houtlepel.
4. Gooi in ‘n mikrogolfbak, verkieslik glas, wat uitgevoer is met waspapier. Maak toe met glad wrap – moenie prik nie. Bak vir 16 minute op medium hoog.
5. Laat staan 10 minute binne in die mikrogolfoond sonder om die deur oop te maak. Haal uit mikrogolf en gooi 100 ml brandewyn oor. Laat heeltemal koud word en bêre in foelie.
6. Sprinkel af en toe net ‘n bietjie brandewyn oor. Draai elke keer die koek om sodat beide kante besprinkel word.
7. Na 4 dae kan die koek met die Sherry besprinkel word en finaal verpak en gevries word.
Hoeveelheid: 1 – 2 koeke afhangende van die grootte wat jy verkies.
Bron: www.annelienpienaar.co.za, deur Annelien Pienaar 2015


2 Replies to “Mikrogolf Vrugtekoek”
Estelle Vorster
Met die mikrogolf vrugtekoek van Rista Greyvenstein se die resep is op 100%krag gebak maar die resep se jy moet medium hoog gebruik watter een is reg wil so graag dit probeer
Annelien
Jy sal reg wees om die 100% krag te gebruik as jou masjien tussen 800watt en 1200 is. Groete Annelien