Ons is bewus van n probleem met die aanlyn kursusse en ons tegniese span is besig om dit te ondersoek.

Mikrogolf sjokoladekoek met ‘n geheime glanslaag

Table of Contents

Mikrogolf maklike Sjokoladekoek resep. Hierdie koek bak vir 8 minute in die mikrogolf op hoog en is heerlik klam. Die gebruik van glas of silikoon vorms is vir hierdie doel perfek. Hierdie resep is geskik vir mikrogolfoond sterktes van 850watts plus stertes. Gebruik n hoë silkoon pan vir hierdie koek. Volume moet ongeveer 2 liter beslag kan neem.

Resep
1 k (140 g) koekmeel – gesif
1 k (210 g) strooisuiker
15 ml (1 e) bakpoeier
knippie sout
3 jumbo eiers
60 ml (1/4 k) sonneblomolie
75 ml (3/4 k) kakao
5 ml vanielje geursel
250 ml (1 k) kookwater

Metode

1. Smeer ‘n silikoon ringkoekpan of- koek pan met Koekpan smeer op p. 12 van Boerekos met ‘n Twist kookboek. Sif koekmeel, strooisuiker, bakpoeier en sout saam. Meng die kakao met die kookwater en laat effens afkoel.

2. Klits die eiers tot romerig en voeg die kookolie in dun straaltjie by die mengsel.

3.  Klits die vanielje geursel, kakao, eiermengesel by die gesifte meel. Moenie te veel meng nie, hier gebruik ek my ballon klitser om die bestandele in figuur 8 beweging, terwyl die bak gedraai word, in te vou.

4. Giet die beslag in ringkoek pan (silikoon soort werk heerlik, maar moet die diep een wees).

5. Bak vir 8 minute op hoog in milrogolf. Los die koek om in die silikoon vorm af te koel met n omgekeerde bord bo oor die koek om uit droog te voorkom.

6. Plaas koek in vrieskas vir 2 ure om deeglik te verkoel voordat die sous oor gegiet word. Jy weet daardie foto’s wat mens kry van die mooi koeke met die looperige merke wat lyk of dit in die lug hang en nie tot onder loop en poele vorm? Wel, dit is hoe ons dit doen!

Sjokolade glanslaag
1 1/2 k Room
1 k sjokolade splinters, bakkers soort
500 ml Melk
50 ml Botter
1 k (200g) Suiker
100 ml Maizena
100 ml Kakao

Metode
1. Meng suiker, sjokolade splinters met maizena en kakao.

2. Meng die melk, botter en voeg die suiker mengsel by in kastrol. Smelt die suiker eers oor lae hitte en sodra dit gesmelt is kook vir  10 minute totdat die mengsel begin verdik.

3. Verwyder die sous van hitte en laat 5 minute afkoel voordat die room bygevoeg word. Roer die room goed deur met draad klitser en laat eenkant en haal die koek uit die vrieskas. Indien die sous dalk te dik word om te giet, kan jy dit dalk net 1 minuut lank in die mikro verhit en dan goed roer voor giet.

4. Giet die sous  oor die koek.  Die vulsel stol oor die koek, werk maar vinnig.

Bron: Annelien Pienaar, 2016, Kos en Kookkuns te Bos en Berg gasteplaas klas

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark (6)
Please login to bookmark Close
Annelien Pienaar

About Annelien Pienaar

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

Join the conversation

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark
Please login to bookmark Close

Resep Kategorieë

Nuutste Resepte

Uit die argiewe

Annelien Pienaar

Annelien Pienaar

Food Scientist & Author

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

Follow me
Teken In
Wishlist
Login
Create an account

A link to set a new password will be sent to your email address.

Password Recovery

Lost your password? Please enter your username or email address. You will receive a link to create a new password via email.

TOP
You might like..
SHOPPING BAG 0
RECENTLY VIEWED 0
Annelien Pienaar

Word 'n Lid!

As ’n lid kry jy eksklusiewe toegang tot resepte net vir lede, persoonlike wenke en ’n wonderlike netwerk van mede-kosliefhebbers. Sluit vandag aan en begin jou kulinêre reis met kundige leiding en ondersteuning elke stap van die pad. Jou kombuisavonture is op die punt om nóg meer opwindend te raak!