Ons is bewus van n probleem met die aanlyn kursusse en ons tegniese span is besig om dit te ondersoek.

Melk ysies met ‘n Twist

Table of Contents

My liewe moeder het vir ons as kinders hierdie heerlike ysies gemaak en ons het elkeen op die ouderdom van 8 jaar self begin melk ysies te maak. Hier is my idees rondom die basiese resep. Indien jy met verskillende sjokolades speel sal ʼn wit basis baie variasie gee om met vrugte geure ook te speel asook kleure. Dus, speel is die beste manier om te leer wat kan ons en wat kan ons nie. Vrugte pulpe kan gebruik word maar moet eers vooraf gekook word met ʼn bietjie suiker sodat die vries van die roomys suksesvol en aangenaam op die tong sal wees.

Vir pulp
1 k vrugte pulp
½ k suiker
Meng suiker en pulp saam en kook in die mikrogolf oond vir 5 minute. Koel af en hou eenkant. Hierdie pulp kan dan in 50-100 g porsies in die basis wit mengsel gebruik word na smaak.

Basiese melk ysie
250 ml melk
150 ml room
2 e witsuiker
100 g sjokolade splinters (bakkers soort nie eet soort)wit, sjokolade of donker sjokolade is geskik.

Mikrogolf metode:
Plaas melk, room en witsuiker in ʼn vuurvaste bak en verhit vir 2 minute. Sodra die mengsel begin kook stop en haal die bak uit. Meng die sjokolade by en hou aan roer al lyk dit of die mengsel skif. Sodra die mengsel egalig is en die sjokolade gesmelt het, laat koel af vir 5 minute.

Berei die roomys vormpies voor deur seker te maak dit is skoon en uit gespoel en droog.

Giet die mengsel en vries vir 6 ure of langer.

Stoof plaat
Plaas melk, room en witsuiker in ʼn 2 liter kastrol en bring tot kookpunt. Verwyder van hitte en meng die sjokolade by en hou aan roer al lyk dit of die mengsel skif. Sodra die mengsel egalig is en die sjokolade gesmelt het, laat koel af vir 5 minute.

Berei die roomys vormpies voor deur seker te maak dit is skoon en uit gespoel en droog.

Giet die mengsel en vries vir 6 ure of langer.

Bron: www.annelienpienaar.co.za deur Annelien Pienaar 2020
Hoeveelheid: 6 roomys lollies

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark (1)
Please login to bookmark Close
Annelien Pienaar

About Annelien Pienaar

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

2 Replies to “Melk ysies met ‘n Twist”

  1. gertienviviers

    Wat is die verskil tussen Baksjokolade en eet sjokolade. Bak sjokolade is vir my glad nie lekker nie.

  2. Annelien

    Gertien, koop asb by Bakkerswinkels die Bakels handelsmerk, dit is ‘n heerlik sjokolade en goedkoper as Calebaut, Lindt en ander suiwer couverture sjokolade. Groete Annelien

Join the conversation

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark
Please login to bookmark Close

Resep Kategorieë

Nuutste Resepte

Uit die argiewe

Annelien Pienaar

Annelien Pienaar

Food Scientist & Author

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

Follow me
Teken In
Wishlist
Login
Create an account

A link to set a new password will be sent to your email address.

Password Recovery

Lost your password? Please enter your username or email address. You will receive a link to create a new password via email.

TOP
You might like..
SHOPPING BAG 0
RECENTLY VIEWED 0
Annelien Pienaar

Word 'n Lid!

As ’n lid kry jy eksklusiewe toegang tot resepte net vir lede, persoonlike wenke en ’n wonderlike netwerk van mede-kosliefhebbers. Sluit vandag aan en begin jou kulinêre reis met kundige leiding en ondersteuning elke stap van die pad. Jou kombuisavonture is op die punt om nóg meer opwindend te raak!