Ons is bewus van n probleem met die aanlyn kursusse en ons tegniese span is besig om dit te ondersoek.

Magic bars met ‘n Twist

Table of Contents

Die beginsel van hierdie heerlike koekie werk op die feit dat die kondensmelk lagies en die sjokolade karameliseer en mettertyd stol nadat dit gebak het. Dit is ‘n heerlike koekie blokkie en laat menige koekbord mooi lyk tussen ander soethappies. Maak seker die pan waarin jy bak word deeglik uit gevoer met bakkerspapier sodat die gebak as dit afgekoel het en gestol het, maklik uit lig om gesny te word. Loer na hierdie video oor hoe ek enige reghoekige of vierkantige pan uitvoer om seker te maak niks bestanddele lek tussen die pan en die bakkerspapier. Dit spaar jou tyd om panne te skrop en vas gebrande papiertjies. Pan uitvoer video

Wenk: maak jou eie growwe klapper stukkies dmv ‘n klapper te koop.
1. Bak die klapper in ‘n oond van 180C vir 5 minute. Haal uit en kap dan met die agterkant van ‘n swaar mes op die onsigbare naat wat tussen die twee punte van die klapper gesetel is. Kap maar net waar jy min of meer kan skat die halveer plek is van die klapper. Dit sal met rondte twee begin oop kraak, hou net aan kap en draai. Video oor hoe om die klapper oop te maak
2. Sodra die vog uit geloop het en die klapper oop gebreek is, moet jy die vleis uit trek en dan met ‘n mes of mandolien in baie dun skyfies sny. Droog dit in die oond by 90C vir so paar ure soos vir beskuit.
3. Stoor dan in lugdigte houer vir latere gebruik. Jy kan self bepaal hoe dun en fyn jy wil werk.

200 g tennis beskuitjies super fyn gedruk
115 g (1/2 k) botter gesmelt
1 blikkie kondensmelk met 1 t vanielje gemeng
150 g (1 k) caramel sjokolade nibs/chips
150 g (1 k) donker sjokolade of melksjokolade nibs/chips
80 g (1 k) growwe klapper stukkies
100 g (1 k) pekans, grof gekap

Voor verhit oond na 175 C en brei ‘n bakplaat (33 cm x 22 cm ongeveer) voor, wat goed uit gevoer is met bakkerspapier soos in die video verduidelik. Smeer met bietjie olie of kleefwerende kos sproei. Hou eenkant.

Meng die gesmelte botter met die koekie krummels. Druk baie goed vas in die voorbereide pan. Dit moet een harde kors vorm anders gaan die res van die bestanddele dwars deur bak en een taai gemors veroorsaak. So neem kennis!

Giet die kondensmelk oor die basis. Sprinkel dan die sjokolades oor, gevolg deur die klapper en neute. NB, neem ‘n vurk se agterkant en druk die bestanddele liggies vas.

Nota: die pekan streusel in die Boerekos met ‘n Twist kookboek kan ook bydra as ‘n ekstra kragerige lagie om te oorweeg. My kinders hou ook van hierdie gesonder Twist!

Bak vir 25 tot 30 minute. Laat die gebak binne die pan afkoel…ek verkies om die Magic bars eers in die yskas verder te laat set voordat ek dit sny. So sny dit perfek vir mooi netjiese fotos en ook vertoon netjieser vir Bak vir profyt projekte.

Raklewe buite is so 14 dae. In yskas so 3 maande en vrieskas 6 maande.

Bron: www.annelienpienaar.co.za deur Annelien Pienaar Food Consultant 2022
Hoeveelheid: ongeveer 30 blokke afhangend van hoe groot jy sny. Vingers is ook ‘n opsie vir ‘n “bar” voorkoms.

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark (4)
Please login to bookmark Close
Annelien Pienaar

About Annelien Pienaar

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

Join the conversation

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark
Please login to bookmark Close

Resep Kategorieë

Nuutste Resepte

Uit die argiewe

Annelien Pienaar

Annelien Pienaar

Food Scientist & Author

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

Follow me
Teken In
Wishlist
Login
Create an account

A link to set a new password will be sent to your email address.

Password Recovery

Lost your password? Please enter your username or email address. You will receive a link to create a new password via email.

TOP
You might like..
SHOPPING BAG 1
RECENTLY VIEWED 0
Annelien Pienaar

Word 'n Lid!

As ’n lid kry jy eksklusiewe toegang tot resepte net vir lede, persoonlike wenke en ’n wonderlike netwerk van mede-kosliefhebbers. Sluit vandag aan en begin jou kulinêre reis met kundige leiding en ondersteuning elke stap van die pad. Jou kombuisavonture is op die punt om nóg meer opwindend te raak!