Ons is bewus van n probleem met die aanlyn kursusse en ons tegniese span is besig om dit te ondersoek.

Lendeskyf met tuisgemaakte botter en bros gebakte aartappels

Table of Contents

Gemarineerde Lende skywe
2 x 300g Lende skywe
5 e olyf olie

Giet olyf olie oor die vleis en vryf in aan beide kante. Laat eenkant om te marineer vir 1 uur of oornag. Die olyf olie verseker ‘n sagte vleis met sappige binne kant.

Wenk: Moenie sout vooraf op die vleis gooi want dit trek vog uit en die vleis word droog en taai.

Braai van vleis: Voor verhit pan oor matige hitte tot rook warm. Braai vleis vir 5 min aan beide kante vir medium gaar. Geskik ook vir oop kole rooster.

Sout dan na smaak sodra die vleis van die pan gehaal word. Rus die vleis 5 min voor bediening.

Bros gebakte aartappels
Lees asb die volledige resep oor die vries van aartappels op die volgende skakel: Bros gebakte aartappels
500 g baba aartappels, halveer
2 liter water
¼ k sout

Kook die water en voeg sout by, kook aartappeltjies vir 10 minute tot amper sag. Plaas in yswater en dreineer.

Gegeurde sout
150 ml parmasaan kaas, fyn
1 t neut muskaat
1 t sout
1 t dill tippies (opsioneel)

Meng al die bestanddele saam en sprinkel met 2 e olyfolie oor die aartappeltjies. Meng goed deur en bak by 200 ℃ vir 30 minute tot bros.

Wenk: hierdie gegeurde aartappels kan nou gevries word en soos bevrore skyfies gebak en berei word. Die skyfies sal nie pap wees of vol vog want die sout het vog reeds onttrek met die blansjeer proses. Hierdie tegniek is ook geskik vir potjiekos en stowe geregte aartappels.

Tuisgemaakte botter
1 liter vars room, yskoud, nie lang lewe room nie
1 t sout
100g bloukaas of gorgonzola
¼ k dill tippies
500 g ysblokkies
Botter vormpie, opsioneel

Giet room in diep bak en klits vir 10 minute op vinnig. Die botter dele sal skei en karringmelk sal onder in die bak lê. Sodra ‘n geel massa vorm stop die menger.

Haal die botter uit die menger en plaas in yswater. Knie die botter met jou vinger punte sodat die karringmelk alles uit was. Vervang die water en hou aan knie totdat die water helder word. Onthou om so koud moontlik te werk.

Plaas botter in ‘n bak en sprinkel met sout en voeg die bloukaas by. Werk met ‘n houtlepel die bestanddele in die botter in. Druk dan die botter in ‘n botter vorm of sit in kleef plastiek en rol op. Plaas in yskas om te set vir rolletjie.

Ontvorm en laat koud word. Sny blokkies van die kaas en rol in dill tippies en bedien op die lende skywe vir ekstra smaak en sappigheid.

Hierdie resepte is ‘n vergunning van: Annelien PienaarVIA TVNetwerk 24 

 

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark (2)
Please login to bookmark Close
Annelien Pienaar

About Annelien Pienaar

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

Join the conversation

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark
Please login to bookmark Close

Resep Kategorieë

Nuutste Resepte

Uit die argiewe

Annelien Pienaar

Annelien Pienaar

Food Scientist & Author

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

Follow me
Teken In
Wishlist
Login
Create an account

A link to set a new password will be sent to your email address.

Password Recovery

Lost your password? Please enter your username or email address. You will receive a link to create a new password via email.

TOP
You might like..
SHOPPING BAG 0
RECENTLY VIEWED 0
Annelien Pienaar

Word 'n Lid!

As ’n lid kry jy eksklusiewe toegang tot resepte net vir lede, persoonlike wenke en ’n wonderlike netwerk van mede-kosliefhebbers. Sluit vandag aan en begin jou kulinêre reis met kundige leiding en ondersteuning elke stap van die pad. Jou kombuisavonture is op die punt om nóg meer opwindend te raak!