Ons is bewus van n probleem met die aanlyn kursusse en ons tegniese span is besig om dit te ondersoek.

Lagies soet brood / Pull apart sweet bread

Table of Contents

Ons is baie lief om hierdie lagies broodjie te maak as ons gaan kamp of vakansie hou. Die vulsels kan varieer van soet tot sout…dink aan ‘n pizza se vulsel lagies…kan dieselfde werk soos vir n soet lagies brood. Punt is, net die tegniek onder die knie kry en daar bak jy ‘n storm los. Jy kan basies enige deeg vir hierdie resep gebruik. Verder kan jy die sout en soet brood lagies verwerk in die aller heerlikste Franse roosterbrood! Vir die sout weergawe bedien ek die Franse roosterbrood met Ouma Hantie se Knoffel roomsous p.24 en vir die soet weergawe: heuning, maple stroop of Karamel stroop p.40 p.189

Die Veeldoelige deeg resep in die Boerekos met ‘n Twist kookboek is perfek om te gebruik, so ook die Paasbolletjie en Soetmos beskuit resep as jy soet wil gaan. Die Veeldoelige resep is ook geskik vir die sout weergawe asook die Melkbrood en Dinner rolls op die webtuiste.

1 x Dinner rolls (subskripsie) of Melkbrood (gratis)
1 koppie wit suiker of bruin suiker
3 e kaneel
5 e botter of margarien ,gesmelt
1 x Streusel mengsel p.43 uit die Boerekos met ‘n Twist kookboek

Voor verhit oond na 180C en smeer 3-4 piesangbrood grootte pannetjies met Koekpan smeer p.12

Sodra die deeg deur die eerste rys fase gegaan het, verdeel in 70 g bolletjies. Sprinkel die werksoppervlakte met koekmeel baie liggies om die deeg op uit te rol of met vingers plat te druk. Loer na: video oor tegniek hoe om te rol. Druk of rol die deeg ongeveer die wydte van die smalste deel van die pan…die deeg moet effe ovaal wees en net-net by die pan se rand uit steek. Jy gaan die pan pan regop laat staan en dan die lagies wat jy rol elkeen met botter smeer en dan met suiker mengsel sprinkel en dan streusel as jy sou verkies. So 12 op mekaar behoort die pan vol te kry. Tel oor in pan..

Laat 30 min rys en smeer glans lagie van 1 eier wit geklits met 3 e melk en knippie suiker. Bak vir 35-45 minute tot bruin en gaar. Laat vir 10 min in pan afkoel, ontvorm en laat op afkoel rakkie verder afkoel. Sodra kamertemperatuur maak die glans laag aan.

Hierdie glans laag moet noe vooraf gemaak word want dit sal stol en krummels maak.

1/2 k versiersuiker
1 e suurmoensap
1/2 t suurloemoenskip gerasper (opsioneel)
1 t water (om meer vloeibaar te maak indien verkies)

Meng alles saam en giet oor die brood, rond af met ‘n sprinkel neute of streusel.

Bron: Annelien Pienaar, www.annlienpienaar.co.za 2019

Hoeveelheid 3-4 brode

Wenk: Gaar brode is vrieskas vriendelik.

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark (7)
Please login to bookmark Close
Annelien Pienaar

About Annelien Pienaar

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

Join the conversation

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark
Please login to bookmark Close

Resep Kategorieë

Nuutste Resepte

Uit die argiewe

Annelien Pienaar

Annelien Pienaar

Food Scientist & Author

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

Follow me
Teken In
Wishlist
Login
Create an account

A link to set a new password will be sent to your email address.

Password Recovery

Lost your password? Please enter your username or email address. You will receive a link to create a new password via email.

TOP
You might like..
SHOPPING BAG 0
RECENTLY VIEWED 0
Annelien Pienaar

Word 'n Lid!

As ’n lid kry jy eksklusiewe toegang tot resepte net vir lede, persoonlike wenke en ’n wonderlike netwerk van mede-kosliefhebbers. Sluit vandag aan en begin jou kulinêre reis met kundige leiding en ondersteuning elke stap van die pad. Jou kombuisavonture is op die punt om nóg meer opwindend te raak!