Ons is bewus van n probleem met die aanlyn kursusse en ons tegniese span is besig om dit te ondersoek.

Kondensmelk roomys met ‘n Twist!

Table of Contents

So vinnig soos jy kan sê blits is hierdie roomys gemaak en die volgende dag gereed om te eet. Hierdie resep is ʼn basiese resep en ek sal al die variasies vir julle volledig aandui.

Nota: Ingedampte melk (Evaporated milk) word in SA in verskillende massa’s verkoop. Ten tye van hierdie resep se ontwikkeling het ek met Pick ʼn Pay se noname brand gewerk van 410 g. Indien jy nie 410 g op die rak kry sal 385 g ook werk. Die verskil kan dan met room aangevul word of melk. Meng die melk of room saam met die kondensmelk en nie die ingedampte melk nie asb. Dit sal ʼn groot invloed op die tekstuur hê.

1 x 410 g ingedampte melk (ideal milk, carnation melk)

Neem die blikkie en plaas vir presies 1 uur lank in die vrieskas. Daarna haal uit en plaas in die yskas, heel agter in (nie in die deur) vir 6 ure.

1 x blikkie kondensmelk, kamertemperatuur
10ml gelatien poeier of 2 velle gelatien (velle gelatien moet vooraf in water geweek word om sag te word)
10 ml geursel van keuse
100 g of 1 k sjokolade van enige soort grof gekap / koekies op gekap / lekkergoed soos smarties stukkend gedruk / bessies verkieslik bevrore / toffies / fudge / neute

Sodra die ingedampte melk deur die verkoelings proses gegaan het, klits dit met die draadklitser van jou menger tot trippel die volume of ‘n staaf menger. Die mengsel moet een stywe massa vorm.

Los die gelatien in 50 ml kookwater op. Vir die gelatien velle: hidreer velle eers in koue water tot sag en plaas in die kookwater en roer totdat dit soos stroop lyk. So ook vir die korrels.

Voeg die kondensmelk, gelatien en geursel saam. Meng deeglik. Roer dan by die styf geklitsde ingedampte melk en klits deeglik deur.

Skep die mengsel uit in ʼn vrieskas vriendelike houer en vries vir 12 ure.

Indien daar stukkies in die roomys gaan moet die roomys eers vir 4 ure gevries word, dan sodra dit wil begin stol die stukkies by gevoeg word, goed gemeng en dan gelaat word om te stol oornag. Indien die stukkies te vinnig bygevoeg word voordat die roomys dit word, sal al die stukkies afsak en nie die gewenste effek he.

Indien ʼn roomys masjien gebruik sou word: verkoel die mengsel vir 2 ure in die vrieskas en plaas dan in die masjien om dan te verwerk. Onthou om die roomys maker se bak 24 uur voor die tyd in die vrieskas te plaas.

Kant nota: Vir hierdie foto is daar ingelegde kersies gebruik en nie vars kersies. Dit het wel ‘n invloed op die tekstuur. Daar is ‘n koekie krummel basis van 100 g tennis beskuitjies met 4 e botter gesmelt gebruik en in ‘n koekpan gedruk. Hoe om te verhoed dat die bessies na bo styg of enige ander bestanddeel? Of jy nou met die roomysmaker werk en of vrieskas langpad metode…verkoel met vrieskas en elke uur word daar met die draadklitser deur geroer totdat die mengsel dik word en soos styf klitsde room lyk, voeg dan variasie bestanddele by. Dit sal nie na bo styg. So, vir die foto het ek die langpad gevolg en toe die mengsel se dikte reg is, bessies bygevoeg en in die reeds voorbereide en verkoelde pan geskep. Onthou om die pan met kleefplastiek uit te voer. 

 

Sluit gerus aan by my private Boerekos met ‘n Twist lesers groep op Faceboek waar ek jou met al jou kombuis kopkrappers help. Klik hier: https://www.facebook.com/groups/boerekostwist/?ref=share_group_link

Bron: www.annelienpienaar.co.za, 2020-01-02
Hoeveelheid: 500 ml roomys

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark (6)
Please login to bookmark Close
Annelien Pienaar

About Annelien Pienaar

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

Join the conversation

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark
Please login to bookmark Close

Resep Kategorieë

Nuutste Resepte

Uit die argiewe

Annelien Pienaar

Annelien Pienaar

Food Scientist & Author

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

Follow me
Teken In
Wishlist
Login
Create an account

A link to set a new password will be sent to your email address.

Password Recovery

Lost your password? Please enter your username or email address. You will receive a link to create a new password via email.

TOP
You might like..
SHOPPING BAG 1
RECENTLY VIEWED 0
Annelien Pienaar

Word 'n Lid!

As ’n lid kry jy eksklusiewe toegang tot resepte net vir lede, persoonlike wenke en ’n wonderlike netwerk van mede-kosliefhebbers. Sluit vandag aan en begin jou kulinêre reis met kundige leiding en ondersteuning elke stap van die pad. Jou kombuisavonture is op die punt om nóg meer opwindend te raak!