Ons is bewus van n probleem met die aanlyn kursusse en ons tegniese span is besig om dit te ondersoek.

Kaas en Sprietui broodjie

Table of Contents

Nou goed, hier moet ek bieg. Ek hou van ‘n resep wat vir my buigbaar is.
Hierdie was aanvanklik ‘n sout muffin resep gewees en later het ek besef maar daar is mos geen rëel wat sê dit moet net in een vorm wees nie! Dus het ek bietjie geskaaf en skuur en nou het ek ‘n reseppie wat ‘n paar vorme en geure aangeneem het.Ek gebruik bestanddele wat in die yskas is.

As ek die dag bv nie grasuitjies het nie vat ek dan pietersielie, spinasie enige groen ietsie.
Ek sit ook ongeveer 100 g spekvleis (gaar), knoffel polonie, gaar hoender, tuna, worsies, net wat jou hart begeer in. Moenie die 100 g oorskry nie.Wanneer ons met vakansie gaan maak ek paar sakkies van hierdie mengsel vooraf aan en bind dit toe. Hou dit koel en gebruik binne 4 weke. Wanneer brood met koeksoda of bakpoeier gebak word val dit in die kategorie, Quick Breads.

Ek hou daarvan om die engelse naam te gebruik want dit is uiters beskrywend van die tegniek wat gebruik word, sommige mense ken dit ook as roerbrood. Daar is wel ander roerbrode wat slap is en met gis gemaak word. Moenie gis en bakpoeier of koeksoda in een resep gebruik nie, die een is ‘n biologiese rysmiddel en die ander chemies. Beide stel CO2 vry!  Dus dupliseer mens nie. Ek wou al die horrie piep kry oor vetkoek resepte wat beide bevat!

Resep
2 Eiers – geklits
200 ml Melk
200 ml Karringmelk of Ideal melk of room
280 g Bruismeel – gesif
10 ml Bakpoeier
½ t Mosterd poeier
½ t Cajun peper
300 g Cheddar kaas – gerasper of Feta kaas
50 ml Vars gekapte grasuie
knippie Sout en peper na smaak

Metode
1. Meng die melk, karringmelk en eier saam.

2. Sif al die droë bestanddele saam en voeg die kaas en sprietuie by.

3. Meng die nat en droë bestanddele saam. Vou alles in en moenie oor meng nie, jy wil dit klonte rig hê.

4. Muffins
Skep die vooraf gesmeerde muffin pan ¾ vol. Lewer ongeveer 20 muffins. Bak in voor verhitte oond by 200 ˚C vir 15 minute.

5. Broodjie
Skep die brood pannetjies net ¾ vol en bak by 180 ˚C vir 30 – 35 minute. Enige grootte pan kan gebruik word, groter as 15 cm. As jy klein individuele porsies wil maak val dit onder die muffins se baktyd en temperatuur.

Bron: Annelien Pienaar, 2015.   www.bosenbergguestfarm.co.za

 

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark (3)
Please login to bookmark Close
Annelien Pienaar

About Annelien Pienaar

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

Join the conversation

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark
Please login to bookmark Close

Resep Kategorieë

Nuutste Resepte

Uit die argiewe

Annelien Pienaar

Annelien Pienaar

Food Scientist & Author

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

Follow me
Teken In
Wishlist
Login
Create an account

A link to set a new password will be sent to your email address.

Password Recovery

Lost your password? Please enter your username or email address. You will receive a link to create a new password via email.

TOP
You might like..
SHOPPING BAG 1
RECENTLY VIEWED 0
Annelien Pienaar

Word 'n Lid!

As ’n lid kry jy eksklusiewe toegang tot resepte net vir lede, persoonlike wenke en ’n wonderlike netwerk van mede-kosliefhebbers. Sluit vandag aan en begin jou kulinêre reis met kundige leiding en ondersteuning elke stap van die pad. Jou kombuisavonture is op die punt om nóg meer opwindend te raak!