Ons is bewus van n probleem met die aanlyn kursusse en ons tegniese span is besig om dit te ondersoek.

Glans ganache versiersel

Table of Contents

Kom ons praat eers oor die kwaliteit en soort sjokolade wat gebruik word vir die maak van Ganache. My voorbeeld vir hierdie les is Lindt se sjokolade reeks want almal kan dit geredelik op die winkel rakke bekom. Jy kan later self soek vir goedkoper alternatiewe, maar vir nou hou ons by die beste kwaliteit vir die beste resultate.

Wanneer jy die pakkie sjokolade vashou sal jy merk daar staan 70% of 80% ens. op die pakkie. Dit beteken daar is 70% kakao dele in die produk en 29-30% suiker en dalk 1% stabiliseerders..kry die prentjie? Nou goed hierdie is nou vir donker en gewone sjokolade. Maar wat nou van wit en karamel sjokolade. Nie goeie nuus nie, want die kakao persentasies van hierdie sjokolade is baie minder en gaan nie so goed set soos die gewone en donker sjokolades nie. Dus, is dit ‘’n les vir ‘’n ander dag met baie ander en amper onbekombare bestanddele om hierdie produk te laat set.

Ons fokus dus nou eers op donker sjokolade. Vir ‘’n glansende en vloeibare ganache vir die bedekking van koeke met heerlike lae spons en mousse moet mens dus die perfekte formule gebruik. Vir nou gaan ek net ’n standaard resep gee. Eendag as jy vir klas na my kan kom, gaan ek vir julle daardie geheime formule deel en die Twists daarop.

Bestanddele wat nie gebruik mag word en wat die eindproduk sal belemmer is goed soos eet sjokolade en bakkers sjokolade (ja, daardie soort waarvan die vet in jou verhemelte vassit, hartaanval sake). Dan geblikte room of lang lewe room is nie geskik nie. Gebruik die tipe room wat gepasteuriseerd is op die koue rak langs die melk.

Hoe werk die proses? Eerstens word 250 g donker sjokolade, redelik grof gebreek of gekap. Plaas dan in ‘n diep bakkie. Verhit 250 g room oor medium hitte net tot ongeveer 85 ℃, onder kookpunt. Ja, jy lees reg die room is geweeg en nie in milliliters nie. Ons moet so perfek as moontlik werk. Giet die warm room oor die sjokolade en roer effens. Nou kom die volgende geheim. Terwyl jy roer voeg effens verhitte (35℃) glukose stroop van ongeveer 25 g by. Hierdie glukose stroop sal die kakao help om strukture te behou en nie te breek nie…baie tegniese ding oor die bou blokkies waarmee ek julle nie sal verveel. Verder help die glukose met die spesiale glans wat behoue bly. Moenie skrik as die gedoente klonterig vertoon. Hou net aan met jou ballon klitser (whisk) totdat die mengsel vloeibaar en glad raak.

Nou het jy ’n ganache wat vloeibaar is vir koekversiering…wat nou verder? Hoe kry jy dit oor die koek en hoe kry jy die affêre dat dit nie intrek in die koek? Soveel dinge wat verkeerd kan gaan. Baie belangrik, die ganache moet ongeveer 35 ℃ wees om oor die koek gegiet te word, as dit te warm is trek dit in die koek in…as dit te koud is, kan jy nie dit mooi glad en glansend kry… Santie Hanekom, Belgiese Chocolatier: Ek het ‘n wenk by hierdie resep: as die ganache baie lugborreltjies in het van roer met die ballonklitser, giet dit deur ‘n sif. Borreltjies verdwyn!

Wel, die koek moet reeds gebak wees, vulsels ens. reeds gedoen en die koek is aanmekaar en kort net die finale ganache. Die koek MOET asb. in die vrieskas wees vir ten minste 2 ure. Daarna kan jy die louwarm ganache oor giet. Hoe giet jy? Ek begin altyd met ‘’n spiraal beweging van buite na binne en weer sonder om te stop van binne na buite. Maak seker jy plaas die koek op ‘’n drup rakkie oor ‘’n oond pan, om die ekstra ganache op te vang. Die ganache kan weer oor ‘’n dubbel koker gesmelt word. Neem dan ‘n pallet mes wat jy in kook water geplaas het, vee lem droog af en gly die pallet mes versigtig oor die bokant van die koek met egalige trek bewegings reguit en spieëlglad te kry. Dit is maar oefen en oefen totdat jy dit regkry.

Lekker werk! Hoop ek sien jou eendag in een van my sjokolade klasse.

Groete Annelien Pienaar

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark (4)
Please login to bookmark Close
Annelien Pienaar

About Annelien Pienaar

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

6 Replies to “Glans ganache versiersel”

  1. Santie

    Mooi resep, Annelien! Dit is darem nou maar net die ding van ‘n goeie kwaliteit eindproduk: jy MOET begin met goeie kwaliteit grondstowwe. Ek dink mense voel dalk omdat die sjokolade gesmelt word, kan dit maar van ‘n swakker kwaliteit wees. Groot fout! Dis juis wanneer sjokolade smelt, wat sy siel ontbloot word.
    Dankie vir die uitstekende les.

  2. Annelien

    Komende van ‘n mede Chocolatier is dit wonderlike nuus om te hoor vir Janalleman die resep geskik is. Hoop net hulle lees die teks sorgvuldig deur. Groete Annelien

  3. Kittie

    Waar ek glukose stroop

  4. Annelien

    Hallo Kittie, jy sal dit by enige bakkerswinkel te koop kry, Dischem, Apteke asook in supermarkte se gesondheidsafdeling…Natures choice het ook een. Groete Annelien

  5. Estelle Vorster

    Dit is awsome

  6. Annelien

    Geniet! xxxAnnelien

Join the conversation

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark
Please login to bookmark Close

Resep Kategorieë

Nuutste Resepte

Uit die argiewe

Annelien Pienaar

Annelien Pienaar

Food Scientist & Author

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

Follow me
Teken In
Wishlist
Login
Create an account

A link to set a new password will be sent to your email address.

Password Recovery

Lost your password? Please enter your username or email address. You will receive a link to create a new password via email.

TOP
You might like..
SHOPPING BAG 1
RECENTLY VIEWED 0
Annelien Pienaar

Word 'n Lid!

As ’n lid kry jy eksklusiewe toegang tot resepte net vir lede, persoonlike wenke en ’n wonderlike netwerk van mede-kosliefhebbers. Sluit vandag aan en begin jou kulinêre reis met kundige leiding en ondersteuning elke stap van die pad. Jou kombuisavonture is op die punt om nóg meer opwindend te raak!