Ons is bewus van n probleem met die aanlyn kursusse en ons tegniese span is besig om dit te ondersoek.

Geroosterde groente met balsamiese kruie sous

Table of Contents

As jy die woord Balsamiese asyn noem dan gaan daar liggies vir my op…ek is dol oor Balsamiese asyn en veral van goeie gehalte. Om hierdie sous te maak het ons nodig om die balsamiese asyn vir ʼn wyle te kook sodat dit dikker word en deur ʼn kruie takkie van jou keuse by te voeg trou die geure wonderlik. Hierdie sous kan vir maande in die yskas gestoor word. Kom ons begin.

1 k balsamiese asyn
50 ml treacle suiker
50 ml heuning
15 ml gedroogde knoffel
100 ml olyf olie
50 ml gladde dijon mosterd
kruie keuse: alle takkies moet vars wees: roosmaryn, tiemie, salie
sout en peper na smaak

Sous
Meng die balsamiese asyn, suiker en heuning saam in ʼn kastrol. Kook die mengsel totdat na genoeg ʼn kwart van die vog weg gekook het. Meet deur ʼn tande stokkie of sosatie stokkie in die vloeistof te druk en dan die merkies te maak om te meet. Sodra die sous gereed is, verwyder van hitte en voeg die knoffel en krui van keuse by. Laat baie goed af koel. Sodra afgekoel voeg die olyf olie en dijon mosterd by en klits baie goed deur om te meng en laat eenkant staan.

Groente
1 botterskorsie (butternut), geskil en in blokkies gesny
1 rooi of wit ui in wiggies gesny
4 murgpampoenjies (babymarrow) in wieletjies gesny
1 eiervrug, geskil in blokkies en dan met sout gesprinkel en vir 5 min laat staan, spoel deeglik onder lopende water
2-3  soetrissies van enige kleur, paprika is ook perfek
Basillie kruid vir afronding

Pan braai: Voorverhit ʼn riffel pan en braai groente tot dat dit begin verbruin. Net voor bediening terwyl warm sprinkel met sous en rond af met fyn gekapte neute of sesam saad.

Oond rooster: Skakel die rooster element van die oond aan. Bak dan die groente onder die rooster element tot mooi bruin en gekarameliseer. Voltooi dan soos vir pan gebraai.

Sop: Sodra die oond geroosterde groente uit kom, puree die massa en pas die sout en peper aan na smaak. Giet van die glans sous oor voor bediening en geniet met vars gebakte brood.

Airfyer vriendelik.

Bron: Annelien Pienaar. 2019, www.annelienpienaar.co.za uit Vleis die omvattende kookboek.
Hoeveelheid: 4 porsies

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark (9)
Please login to bookmark Close
Annelien Pienaar

About Annelien Pienaar

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

4 Replies to “Geroosterde groente met balsamiese kruie sous”

  1. antoinettemin

    Ek kan nie wag om hierdie sous te maak nie. Soek al so lank vir ‘n lekker sous vir geroosterde groente. Dankie Annelien.

  2. Annelien

    Kom wys as jy gemaak het…groete Annelien

  3. Hanri Cilliers

    Ek is asb op soek na die beskuit wat in die Air Fryer gebak word.

  4. Annelien

    Jy kan enige resepte in ‘n airfryer bak.

Join the conversation

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark
Please login to bookmark Close

Resep Kategorieë

Nuutste Resepte

Uit die argiewe

Annelien Pienaar

Annelien Pienaar

Food Scientist & Author

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

Follow me
Teken In
Wishlist
Login
Create an account

A link to set a new password will be sent to your email address.

Password Recovery

Lost your password? Please enter your username or email address. You will receive a link to create a new password via email.

TOP
You might like..
SHOPPING BAG 1
RECENTLY VIEWED 0
Annelien Pienaar

Word 'n Lid!

As ’n lid kry jy eksklusiewe toegang tot resepte net vir lede, persoonlike wenke en ’n wonderlike netwerk van mede-kosliefhebbers. Sluit vandag aan en begin jou kulinêre reis met kundige leiding en ondersteuning elke stap van die pad. Jou kombuisavonture is op die punt om nóg meer opwindend te raak!