Ons is bewus van n probleem met die aanlyn kursusse en ons tegniese span is besig om dit te ondersoek.

Gemarineerde Baba aartappel en dragonder slaai

Table of Contents

Hierdie is ‘n vinnige en eenvoudige Duitse warm aartappelslaai resep en deur net die volgende asyn en olie bereidings in voorraad te hê maak die lewe sommer soveel makliker. Die slaai se sous is die hele geheim en dan tyd om te laat marineer. Die slaai hou baie goed in die yskas tot en met 5 dae. Perfek vir ‘n naweek wegbreek of net lui-huisvrou kos. ʼn Maaltyd kan geskep word met hierdie slaai en deur net bietjie proteine gaar te maak, ertjies, seldery, songedroogde gemarineerde tamaties, stukkies spekvleis of ham by te voeg, olywe…dit word ʼn heerlike kreatiewe slaai. Dus die basis word gegee en jy kan na hartelus Twist.

Songedroogde tamatie resepte om te oorweeg:
Songedroogde tamatie in olie
Songedroogde tamatie smeer

BKT kookboek loer onder Pesto

Gegeurde Asyn
1 k Rou appel asyn is verkieslik maar enige ander helder asyn kan ook werk
1 e Dragonder (Tarragon) droog (Woollies hou aan)

Laat vir 3 dae by kamer temperatuur staan en dreineer die asyn. Hou die asyn dan in die yskas vir maande en gebruik soos nodig.

Gegeurde olyf olie
1 k olyfolie
1 knoffel toontjie gekneus

Laat vir 3 dae by kamertemperatuur staan. Dreineer en stoor in die yskas vir maande.

Wit wyn
Moenie swak kwaliteit wit wyn gebruik nie. AS dit nie goed genoeg is vir drink, dan is dit ook nie goed genoeg vir kook! My seleksie is Chardonnay of ʼn Chennin blanc met heerlike vrugtige geure wat trou met die Tarragon.

Nota: indien jy nie alkohol mag gebruik: vervang dan die sap met ʼn ligte aftreksel wat jy aanmaak. Tarragon alternatiewe: origanum, basil, tiemie, dill

1-2 kg baba aartappeltjies, geskil, lou warm gekook in sterk sout water
½ k gegeurde olyfolie
¼ k gegeurde asyn
½ k witwyn
3 e suurroom of roomkaas
1 e dijon gladde mosterd
3 e mayonnaise
1 t tarragon, gedroog
3 e fyn parmassaan
Peper na smaak

Meng al die sous bestanddele saam en giet oor die aartappels. Laat oornag rus in yskas voordat jy bedien. Bedien by kamertemperatuur of liggies weer net opgewarm.

Bron: www.annelienpienaar.co.za 2022 deur Annelien Pienaar
Hoeveelheid: 4-8 porsies

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark (1)
Please login to bookmark Close
Annelien Pienaar

About Annelien Pienaar

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

3 Replies to “Gemarineerde Baba aartappel en dragonder slaai”

  1. Hanlie Buytendach

    Lyk heerlik dankie!!! Xxx

  2. Annelien

    Groot plesier! Kom spog asb op die Faceboek blad!

  3. info6

    Het nooit geweet tarragon is dragonder in afrikaans nie. Nou sommer n taallessie ook gekry!

Join the conversation

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark
Please login to bookmark Close

Resep Kategorieë

Nuutste Resepte

Uit die argiewe

Annelien Pienaar

Annelien Pienaar

Food Scientist & Author

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

Follow me
Teken In
Wishlist
Login
Create an account

A link to set a new password will be sent to your email address.

Password Recovery

Lost your password? Please enter your username or email address. You will receive a link to create a new password via email.

TOP
You might like..
SHOPPING BAG 0
RECENTLY VIEWED 0
Annelien Pienaar

Word 'n Lid!

As ’n lid kry jy eksklusiewe toegang tot resepte net vir lede, persoonlike wenke en ’n wonderlike netwerk van mede-kosliefhebbers. Sluit vandag aan en begin jou kulinêre reis met kundige leiding en ondersteuning elke stap van die pad. Jou kombuisavonture is op die punt om nóg meer opwindend te raak!