Ons is bewus van n probleem met die aanlyn kursusse en ons tegniese span is besig om dit te ondersoek.

Franse rooster brood en kaneel rolletjie Twist

Table of Contents

Franse rooster brood kinkel!

Dink heerlike geure van kaneel, soet-sout-karamel lagies deeg rolletjies wat jy so lagie vir lagie van mekaar af rol terwyl jy onder in die pan die ekstra karamel sousie op slurp… Ons praat tuis van die knoop-en-doop broodjie.

250 ml (1 k) melk wat effens verhit is, maar nie te warm dat jou vingers sal brand. (Te warm melk sal die gis selle dood maak.)
10 g kitsgis of 10 g brouers gis (brouers gis moet eers in die melk oplos, kan nie dit direk in meel gebruik)
2 groot (large) eiers
5 e gesmelte botter
½ k witsuiker
560 g (4 k) koekmeel
½ t sout

Meng die droë bestanddele saam en voeg die vloeistof by en knie die deeg tot glad. Laat die deeg dan bedek rys totdat dit verdubbel het in volume. Indien dit koue weer is, plaas die bak in die mikrogolf oond om soos ‘n warm broeiplek te dien.

Vulsel
½ k botter wat verhit word oor matige hitte totdat dit ‘n mooi strooi kleur raak en die stukkies in die botter verbruin
1 k treacle suiker
2 t kaneel
1 k fyn gekapte pekans

Sodra die deeg verdubbel het in volume, keer dit uit op ‘n meel bestrooide oppervlakte en rol in reghoekige vorm ongeveer 1 cm dik. Rus deeg tussen poses om verder te strek.

Smelt die botter, smeer dit oor die deeg en meng die kaneel en suiker saam en sprinkel oor die botter en laastens die pekans. Rol die deeg op en sit vir 5 min in die vrieskas. Dit help dat die deeg makliker in skywe sny. As jy haastig is slaan hierdie stappie oor.

Sny die deeg in 2 vinger lengte skywe en pak in ‘n diep oond pan van enige vorm.

Laat die deeg weer dubbel die volume rys of goed uit gepof vir 50 min.

Eier laag
1/2 k melk
½ k room
2 groot eiers
½ k veriersuiker

Giet die eierlaag oor en bak die brood bedek vir 60 minute by 170C. Sodra die brood gaar is, haal dit uit en maak oop, laat goed afkoel.

Glanslaag
1 k versiersuiker
1/3 k heuning of esdoring stroop (maple)
¼ k melk
1 t vanielje geursel
1 t suurlemoensap

Sodra die brood verkoel het, giet die glans laag oor en geniet die heerlike soetheid!

Bron: www.annelienpienaar.co.za deur Annelien Pienaar 2020
Hoeveelheid: 4-6 porsies
Resep kan met gemak vermeerder word.

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark (10)
Please login to bookmark Close
Annelien Pienaar

About Annelien Pienaar

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

Join the conversation

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark
Please login to bookmark Close

Resep Kategorieë

Nuutste Resepte

Uit die argiewe

Annelien Pienaar

Annelien Pienaar

Food Scientist & Author

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

Follow me
Teken In
Wishlist
Login
Create an account

A link to set a new password will be sent to your email address.

Password Recovery

Lost your password? Please enter your username or email address. You will receive a link to create a new password via email.

TOP
You might like..
SHOPPING BAG 1
RECENTLY VIEWED 0
Annelien Pienaar

Word 'n Lid!

As ’n lid kry jy eksklusiewe toegang tot resepte net vir lede, persoonlike wenke en ’n wonderlike netwerk van mede-kosliefhebbers. Sluit vandag aan en begin jou kulinêre reis met kundige leiding en ondersteuning elke stap van die pad. Jou kombuisavonture is op die punt om nóg meer opwindend te raak!