Ons is bewus van n probleem met die aanlyn kursusse en ons tegniese span is besig om dit te ondersoek.

Een-pan Tamatie bredie ontbyt

Table of Contents

Sommer so ‘n vinnige saam-kuier eenpan ontbyt met oorskiet braaivleis en sheba! Wie hou nie van oorskiet braaivleis? Ek is dol oor die geure wat trou as die vleis oornag gerus het nadat dit gebraai is…die rokerigheid is meer intens, perfek om in ander geregte verwerk te word. My gesin is baie lief vir hierdie gereg wanneer ons wegbreek vir ‘n naweek en nie te veel goed wil pak.

Die tamatiesous basis is verseker een van die geheime en uit my Boerekos met ‘n Twist kookboek kan jy loer na die Tamatie pasta sous wat jy self kan bottel en bêre. Die geure wat in hierdie resep verwerk is met ‘n heerlike masala en origanum, skep die perfekte basis vir hierdie ontbyt. Maar wat maak jy as jy oppad is iewers heen en jy kry die idée om hierdie heerlike ontbyt te maak? Kom ons loer!

2 blikkies fyn tamatie en uie smoor
1 klein pakkie tamatie paste
1 groente of hoender aftreksel blokkie, fyn gedruk en met bietjie kookwater opgelos
10 eiers, grootte maak nie saak
Oorskiet braaivleis in stukkies gesny
Skywe suurdeeg brood
Handjie vol kaas van jou keuse indien verkies om oor te sprinkel, maar is opsioneel.

Plaas die tamatie smoor, tamatie paste, aftreksel in ‘n groot gietyster pan. Bring tot kookpunt en roer goed deur. Voeg sout en peper na smaak by. Proe is mos deel van die lekker reis!

Jy kan so 1 e suiker byvoeg as die tamatie basis vir jou te sout is…ons hou van ‘n skeutjie soet by…maar ook nie te veel. Hierby voeg jy dan kruie van jou keuse. Origanum, Tiemie, Salie, Dragonder (tarragon) en tamatie is my gunsteling…so 1 e gedroog in die sous. Kook goed deur vir 2 minute.

Voeg die vleis by en kook weer 5 min goed deur. Breek dan die eiers een vir een in die tamatie kooksel in en plaas ‘n deksel of selfs ‘n stukkie foelie oor die pan. Laat dit dan stoom oor lae hitte totdat die eiers die regte gaarheid van jou keuse bereik het.

Vir die Pienaars hou ons van ‘n sagte geel. Dus net so 5 min stoom todat die wit geset het.

In die tussentyd neem die brood skywe en smelt botter in ‘n aparte pan. Rooster die broodjies beidekante in die pan met botter. Nou jy kan lekker geure ook in die botter bywerk soos ‘n knippie of twee gerookte paprika en knoffel en so die broodjies vinnig rooster.

Bedien dan die gereg op die broodjie. Vir variasie kan jy ook ‘n blikkie Baked beans in tamatiesous by die pan voeg vir meer vesel en ook ietsie om die honger magies meer te stop veral as jy oor ‘n naweek baie aktiwiteite beplan.

Bron: www.annelienpienaar.co.za deur Annelien Pienaar 2022
Hoeveelheid: 5 Porsies

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark (0)
Please login to bookmark Close
Annelien Pienaar

About Annelien Pienaar

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

Join the conversation

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark
Please login to bookmark Close

Resep Kategorieë

Nuutste Resepte

Uit die argiewe

Annelien Pienaar

Annelien Pienaar

Food Scientist & Author

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

Follow me
Teken In
Wishlist
Login
Create an account

A link to set a new password will be sent to your email address.

Password Recovery

Lost your password? Please enter your username or email address. You will receive a link to create a new password via email.

TOP
You might like..
SHOPPING BAG 1
RECENTLY VIEWED 0
Annelien Pienaar

Word 'n Lid!

As ’n lid kry jy eksklusiewe toegang tot resepte net vir lede, persoonlike wenke en ’n wonderlike netwerk van mede-kosliefhebbers. Sluit vandag aan en begin jou kulinêre reis met kundige leiding en ondersteuning elke stap van die pad. Jou kombuisavonture is op die punt om nóg meer opwindend te raak!