Ons is bewus van n probleem met die aanlyn kursusse en ons tegniese span is besig om dit te ondersoek.

Biltong kaaskoek met Soetrissie sous

Table of Contents

Pansmeer neem die plek in van kleefwerende kossproei. Vind die resep in die Boerekos met ‘n Twist kookboek

Biltong kaaskoek:
p165 Boerekos met ‘n Twist kookboek
Lewer 8 porsies

Hierdie kaaskoek is ongelooflik heerlik en luuks – ’n kruising tussen ’n quiche en ’n kaaskoek. Dit maak ook die wonderlikste individuele tertjies van kolwyntjiegrootte. Die bokmelkkaas kan met enige ander soort sagte kaas soos brie, camembert of bloukaas vervang word.

Kors
140 g koekmeel
215 g botter of bakkersmargarien
100 g cheddar gerasper

Vulsel
350 g roomkaas (nie maaskaas nie)
250 ml (1 k) room
5 groot eiers
40 g bokmelkkaas
5 ml (1 t) gerookte paprika
sout en peper na smaak
10 ml (2 t) dilleblaarpuntjies
5 ml (1 t) fyngekapte knoffel
500 ml (2 k) fyn gekerfde biltong

Druk die tertkorsmengsel in ’n gesmeerde tertbak van ongeveer 24 cm in deursnee met kante van ongeveer 5-7 cm hoogte. Voorverhit die oond tot 180 ⁰C.

Voeg al die bestanddele saam en klits vir 2 minute.

Skep die vulsel in die tertdop. Bak groot terte vir 45–60 minute en klein tertjies van kolwyntjiegrootte vir ongeveer 25–35 minute by 180 ℃. Sit koud of warm voor met ’n slaai.

Soetrissie sous
Boerekos met ‘n Twist kookboek p.200

Lewer 1,5 kg

Hierdie sousie is pikant, tog is die geure sag en die soet en suur goed gebalanseer – een van daardie vinnige souse om te maak en vir almal uit te deel. Ek gebruik die sous ook graag as marinade vir varkvleis, saam met kaasborde en natuurlik as sous by Kerriegeregte.

800 g (4 k) witsuiker
500 ml (2 k) wit druiweasyn
80 ml (5½ e) mielieblom of (3 e pektien poeier of p.195, Boerekos met ‘n Twist kookboek, een kooksel, Tuisgemaakte appel pektien)
625 ml (2½ k) water
2 rooi brandrissies, ontpit, gekap
8 mediumgroot wit uie, gekap
8 soetrissies, gekap
60 ml (4 e) knoffelvlokkies
15 ml (1 e) sout
15 ml (1 e) Atjarmasala (p.206, Boerekos met ‘n Twist kookboek)

Meng die suiker en pektien poeier saam indien jy met pektien gaan werk. As jy nie pektien kry nie sal jy mielieblom met so bietjie water moet aanmaak en eenkant hou.

Braai die uie met bietjie olyfolie vir 5 minute to glansend en deursigtig. Voeg die soetrissies by en braai vir ‘n minuut. Voeg die masala by en braai vir 1 minuut.

Voeg die res van die bestanddele by en kook tot dik vir ongeveer 30 minute. Skep bietjie van die mengsel uit op ‘n koue piering en kyk dat die mengsel redelik set.

Voeg die knoffel by en kook 1 minuut en bottel dadelik in warm gestereliseerde flesse. Sien op p. 195-196 Boerekos met ‘n Twist kookboek hoe om te steriliseer.

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark (4)
Please login to bookmark Close
Annelien Pienaar

About Annelien Pienaar

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

6 Replies to “Biltong kaaskoek met Soetrissie sous”

  1. Aletha Hugo

    Hallo Annelien, ek het oor twee weke ACVV funksie aan, en oorweeg hierdie, maar dit moet klein individueles wees. Hoeveel maak hierdie resep? en….indien die tyd my inhaal nader aan die dag (my middagetes aan my bejaardes gaan aan soos normaal :)…kan ek puff pastry gebruik ?

  2. Annelien

    Hallo Aletha, jy kan ongeveer werk op 24 kolwyntjie grootte happies. Jy kan met skilferkors werk. Jou mense word omtrent bederf. Groete Annelien Pienaar

  3. Karien Goebel

    Annelien, bak jy die kors eers blind? Ek het die kors in ‘n losboompan gedruk en nie blind gebak nie. Vulsel direk ingeskep en in die oond gesit. Dit het uitgeloop…..

  4. Annelien

    Hallo Karien, maak asb seker jy druk die kors goed vas en prik die basis. Dit is NIE nodig vir blind bak nie.
    Groete Annelien

  5. Daleen Loots

    Hallo Annelien,

    Kan die tert vooraf gebak word en dan gevries word? Of rou gevries word?

  6. Annelien

    Daleen. Ja die tert vries baie goed. Groete Annelien

Join the conversation

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark
Please login to bookmark Close

Resep Kategorieë

Nuutste Resepte

Uit die argiewe

Annelien Pienaar

Annelien Pienaar

Food Scientist & Author

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

Follow me
Teken In
Wishlist
Login
Create an account

A link to set a new password will be sent to your email address.

Password Recovery

Lost your password? Please enter your username or email address. You will receive a link to create a new password via email.

TOP
You might like..
SHOPPING BAG 0
RECENTLY VIEWED 0
Annelien Pienaar

Word 'n Lid!

As ’n lid kry jy eksklusiewe toegang tot resepte net vir lede, persoonlike wenke en ’n wonderlike netwerk van mede-kosliefhebbers. Sluit vandag aan en begin jou kulinêre reis met kundige leiding en ondersteuning elke stap van die pad. Jou kombuisavonture is op die punt om nóg meer opwindend te raak!