Ons is bewus van n probleem met die aanlyn kursusse en ons tegniese span is besig om dit te ondersoek.

Aartappels, watter kultivar om te gebruik in jou huis?

Table of Contents

Staan jy ook gereeld soos ek voor die rak met sakke aartappels en wonder watter een om te koop? Want dit is nie asof jy deur net na die aartappel te kyk en te voel, dat dit vir jou gaan aandui of dit melerig is of wasagtig. Ek het navorsing gedoen oor algemene kultivars in Suid-Afrika en ‘n baie eenvoudige vergelyking vir julle opgetrek om makliker besluite te neem as jy aankope doen.

Aartappels Suid-Afrika is ‘n organisasie wat kyk na standaarde en nuwe tendense in die aartappel industrie. Hulle verkoop nie self aartappels nie, maar ek het deur hul wonderlike inligting gewerk en vir julle die volgende opgestel: daar is drie kategorie vir aartappels geidentifiseer en volgens hierdie kan aankope met gemak in die winkels gedoen word. Indien sakke nie duidelik gemerk, is kan jy die verskaffer se details op die verpakking opvolg en so navraag doen tov die kultivar van die aartappel.

Aartappels se voedingswaarde is legio en onder andere bevat dit proteine, vitamiene en minerale en in kombinasie van ander bestanddele kan dit ‘n volkome ete word. In my huis skil en omtrent nooit n aartappel behalwe as ek kappok aartappels maak. Maar ook in hierdie geval kook ek eers die aartappel in sy jassie gaar en trek dan die skilletjie af. Die rede waarom ek nie aartappels skil, is dood eenvoudig die feit dat meeste van die voedsaamheid teen die skil van die aartappel gelee is en daarom kan mens dit weg skil. Daarom het my familie leer gebakte aartappels en aartappelskyfies eet met die skil en al…

Kategorië
1. Wasagtige aartappels
• Kultivar: Mondial, Fabula and BP13
• Hierdie aartappels het ‘n baie lae stysel inhoud maar hoog in vog. Dus is dit geskik vir die kook van aartappels vir skyfies, aartappelslaai en aartappel koekies / hashbrowns / rosti’s en verloor dus nie sy vorm tydens kook. Die soort aartappels word meer vir die massa industrie vir voedsel verwerking produseer soos kits kos ens. As jy die regte soort “Slap tjips” wil maak is hierdie die aartappel om te kies.

2. Wasagtige en Melerige aartappels
• Kultivar: BP1, VDP, Fianna, Valor, Sifra of beter bekend as Bianca
• Hierdie aartappel is ‘n kombinasie van goeie stysel en vog inhoud en is uiters veeldoelig en ook meeste van die tyd op winkel rakke beskikbaar. Geskik dus vir enige soort resep behoeftes.

3. Melerige aartappels
• Kultivar: Caren, Darius and Avalanche
• Hierdie aartappel bevat meer stysel as vog en is perfek vir die maak van kapok aartappels, bros gebakte aartappels met ‘n sagte binne kant.

Skakel na aartappel resepte te kies en te keur!

 

Bron: Annelien Pienaar, 2019, www.annelienpienaar.co.za

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark (1)
Please login to bookmark Close
Annelien Pienaar

About Annelien Pienaar

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

6 Replies to “Aartappels, watter kultivar om te gebruik in jou huis?”

  1. annette_duvenhage

    Wonderlike inligting. Vaie dankie!

  2. Annelien

    Groot plesier en mag jy nog heerlik saam Twist. Groete Annelien

  3. Anna van Biljon

    Baie dankie vir die info Annelien – ek staan altyd en wonder watter sakkie om te koop.

    Dankie ook vir al die lekker resepte EN tips!!!

    Groete x
    Anna v Biljon

  4. Annelien

    Hallo Anna, dit is sommer ‘n groot plesier as mens sien mense waardeer die werk en navorsing. Groete Annelien

  5. Riaan

    Ek soek die naam van ‘n tipe aartappel – (?ams). Vier letters waar die eerste letter ontbreek. Dankie

  6. Annelien

    Jong ek ken van elba, yukon, yams is sweetpotato varieteit. Hoop dit help.

Join the conversation

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark
Please login to bookmark Close

Resep Kategorieë

Nuutste Resepte

Uit die argiewe

Annelien Pienaar

Annelien Pienaar

Food Scientist & Author

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

Follow me
Teken In
Wishlist
Login
Create an account

A link to set a new password will be sent to your email address.

Password Recovery

Lost your password? Please enter your username or email address. You will receive a link to create a new password via email.

TOP
You might like..
SHOPPING BAG 1
RECENTLY VIEWED 0
Annelien Pienaar

Word 'n Lid!

As ’n lid kry jy eksklusiewe toegang tot resepte net vir lede, persoonlike wenke en ’n wonderlike netwerk van mede-kosliefhebbers. Sluit vandag aan en begin jou kulinêre reis met kundige leiding en ondersteuning elke stap van die pad. Jou kombuisavonture is op die punt om nóg meer opwindend te raak!