Ons is bewus van n probleem met die aanlyn kursusse en ons tegniese span is besig om dit te ondersoek.

Hoender Schnitzel met Bêre mengsel kaas sous en gevulde sampioene

Table of Contents

Episode 3 van Boerekos met ‘n Twist, Seisoen 1, saam met sanger Arno Jordaan was een groot fees gewees. Hy het self hierdie wonderlik ete aanmekaar geslaan onder my wakende oog. Binne 30 minute was daar gesonde kos op die tafel. Die program se doel is om jou te leer om hormoonvry en preserveermiddel vry te leef. Kyk na die kwaliteit van vleis wat jy aankoop en by wie, ken jou slagter persoonlik. Vra die regte vrae. Saam met hierdie program het ek gaan kyk hoe ek jou tyd in die kombuis kan spaar maar ook iets uit elke resep te leer. In die volgende resepte is daar die Witsous Bêre mengsel uit my Boerekos met ‘n Twist kookboek. Hierdie mengsel het my moeder elke naweek as ek tuis kom van Universiteit af, vol gemaak om seker te wees ek eet genoeg. Ek het natuurlik van pasta geleef! Hoop jy geniet elke episode van BKT!

Schnitzel
Lewer 4-6 porsies

Vir my gesin is hierdie ons “kitskos” oor naweke of op dae dat daar te min tyd is vir lang kosmaaksessies. Die schnitzels kan met welslae bevries word; gebruik dan soos nodig. Die geheim van die resep lê in die meelmengsel. Die schnitzel bak perfek sonder dat krummels verlore gaan, terwyl die vleis heerlik sappig binne is.

280 g (2 k) koekmeel
240 (2 k) mielieblom
30 ml (2 e) hoenderspeserye
2 ekstragroot eiers, liggies geklits
125 ml (½ k) melk
360 g (3 k) droë witbroodkrummels
3 hoenderborsies, gehalveer, of gebruik bees-, vark- of selfs vissnitte

Sif die koekmeel, mielieblom en hoederspeserye saam en keer dit uit in ’n vlak bord. Klits die eiers en melk saam en keer dit uit in ’n vlak bord. Plaas ook die broodkrummels in ’n vlak bord. Nou het jy 3 borde met die verskillende lae waarmee die vleis bedek moet word.

Begin deur eers die vleis in die melkmengsel te doop. Doop dit dan in die meel en druk die meel vas; sit die vleis eenkant vir 10 minute sodat die meel goed kan vaskleef. Doop die vleis daarna weer in die melkmengsel en strooi broodkrummels oor. Druk die broodkrummels oraloor die vleis vas. Plaas die schnitzels op ’n bakplaat en sit dit in die yskas vir 1 uur sodat die krummels kan bind.

Die vleis kan op hierdie punt bevries of gaargemaak word.

Volg een van twee gaarmaakmetodes:
* Vlakbraai die schnitzels aan albei kante vir ongeveer 4 minute aan elke kant, of
* Spuit ’n bakplaat met kleefwerende kossproei en plaas die schnitzels daarop. Bak dan vir 25 minute en draai die vleis ná 12 minute.

Sit warm voor met kaassous gemaak van die Witsous bêre mengsel in die Boerekos met ‘n Twist kookboek.

Witsous-bêremengsel p.211 Boerekos met ‘n Twist kookboek
Lewer 20 porsies

Gevulde Sampioene
6 porsies

6 bruin sampioene
3 t knoffel, fyn
6 e olyf olie
500 ml witsous, medium dikte p. 211
1 k cheddar kaas
½ k uitgebraaide spek stukkies
½ k droë broodkrummels

Voorverhit oond na 180 ℃ en smeer ‘n bakplaat.

Vee sampioene met klam lappie af of skil.

Pak sampioene in die bakplaat en sprinkel ‘n halwe teelepel knoffel oor elke sampioen. Volg op met ‘n eetlepel olyfolie in elke sampioen. Laat marineer vir 30 minute.

Vul elke sampioen met witsous en rond af met kaas, spek en dan broodkrummels.

Bak vir 30 minute by 180 ℃.

Wenk: 1. Die klaar gevulde, ongebakte sampioene vries baie goed. 2. Sampioene kan ook direk oor die kole gebraai word. 3. Sampioene kan ook gedroog word om soppe en souse te verdik: Resep vir gedroogde sampioene

Volg Boerekos met ‘n Twist op FB: BKT Faceboek groep

Beste wense vanuit my BoereKosTwist Ateljee op Bos en Berg gasteplaas!

Annelien Pienaar

 

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark (3)
Please login to bookmark Close
Annelien Pienaar

About Annelien Pienaar

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

6 Replies to “Hoender Schnitzel met Bêre mengsel kaas sous en gevulde sampioene”

  1. aquavan1

    Annelien, gaan dit enigsins verskil maak as jy die vleis by maak van die Schnitzel eerste in melk/eiermengsel doop en dan in meel soos in jou boek, of my vriendin reken eers in die meel en dan in melk/eiermengsel. Dankie

  2. Annelien

    Jong kom ek stel dit so. As die vleis droog is, dalk oop gele het kan jy dit eers in die melk en eiermengsel doop. Dus moet jy eie oordeel hier gebruik. Ek koop so 5kg hoender op ‘n slag en verwerk so gou ek kan. Dus bly dit klam en droog nie uit. Dus as dit jou meer gemoedsrus gee kan jy dit in die eier doop. Die hele geheim is die meel mengsel… Laat weet hoe dit gegaan het. Lekker Twist. Annelien

  3. Leonore

    Ek wil baie graag die witsous beremengsel resep he, maar kry dit nerens nie. Waar sal ek asseblief die resep kan aflaai?

  4. Annelien

    Hallo Leonore, die resep is din die Boerekos met ‘n TWist kookboek. Groete Annelien

  5. De'lia

    Annelien waar koop ek jou resepte boek BKT?

  6. Annelien

    Hallo De’lia, my boek is by Take A Lot, LOOT, RARU aanlyn beskikbaar asook Exclusivebooks, BArgain Books, CNA en vele meer. Groete Annelien

Join the conversation

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark
Please login to bookmark Close

Resep Kategorieë

Nuutste Resepte

Uit die argiewe

Annelien Pienaar

Annelien Pienaar

Food Scientist & Author

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

Follow me
Teken In
Wishlist
Login
Create an account

A link to set a new password will be sent to your email address.

Password Recovery

Lost your password? Please enter your username or email address. You will receive a link to create a new password via email.

TOP
You might like..
SHOPPING BAG 0
RECENTLY VIEWED 0
Annelien Pienaar

Word 'n Lid!

As ’n lid kry jy eksklusiewe toegang tot resepte net vir lede, persoonlike wenke en ’n wonderlike netwerk van mede-kosliefhebbers. Sluit vandag aan en begin jou kulinêre reis met kundige leiding en ondersteuning elke stap van die pad. Jou kombuisavonture is op die punt om nóg meer opwindend te raak!