Ons is bewus van n probleem met die aanlyn kursusse en ons tegniese span is besig om dit te ondersoek.

Zebra marmer koek

Table of Contents

Hierdie resep is die verwerking van die Groot maat Vanielje sponskoek resep. Ek het die water in die beslag van die koek vervang met lou melk sodat die beslag ‘n stewiger konsistensie lewer. Dit is perfek vir die marmer of zebra effek wat jy wil verkry.

Paar gedagtes rondom die gebruik van kleursel in die koekbeslag. Indien jy poeier kleursel sou gebruik stel ek voor om die kleursel 1/4 t te neem en met 5 ml water aan te maak. Die poeier kan nie direk in die beslag gegooi word nie, dit neem baie lank om op te los en gee dan nie ‘n eenvormige kleur in die koek. Ek gebruik net gel kleursels want die kleur is konstant. Vir hierdie koek was dit belangrik om kontaste uit te beeld en het met sterk kleure gewerk. Hoe ligter jy gaan hoe meer sal die kleure trou en die effek sal nie mooi sigbaar wees.

Koekbeslag
1x Groot maat Vanielje sponskoek resep

Vooraf verhit oond na 160 C en smeer twee 23-25cm met hoogte 12 cm, koekpanne goed. Hou eenkant.

Deel dan die beslag op in drie presiese hoeveelhede voordat dit in die panne gegiet word. Kleur dan die beslag elkeen ‘n ander kleur. Ek het vir die koek Violet en Electric Pink van Cake Flora gebruik, die ander beslag het ek nie gekleur nie. Baie belangrik om nie te woes te klits nie, meng met ‘n deegskraper liggies die kleursel in.

Begin deur nou hopies van elke kleur in die panne op mekaar te stapel. Skep eers ‘n halwe koppie pers beslag in elke pan, dan weer opgevolg met 1/2 k pienk wat presies in die middel van die pers gegiet word. So hou jy aan totdat die beslag mooi tussen die twee panne verdeel is.

Bak dan die koeke vir 50-60 minute by 160 C. Laat die koeke eers baie goed in die panne afkoel, keer die koeke uit en spuit dan met suiker water mengsel. Kook 1 k water met 1/2 k suiker vir 5 minute en plaas in spuitbottel. Spuit die koek baie goed om ‘n krummel vrye laag te vorm. Plaas koek vir 3 ure in vrieskas sodat die stroop aan die buite kante met die krummels kan bind. Suiker water kan in yskas vir maande gehou word. Laat net tot kamertemperatuur kom deur in kook water te sit om spuitbaar te word. 

Verdeel die koeke in twee lae om ‘n vierlaag koek te lewer. Plak die koeklae met Botter versiersel aan mekaar vas. Bedek die buite kant met ‘n dun lagie versiersel en vries weer ‘n uur. Haal dan uit en versier dan soos verkies. Daar sal geen krummels wees en die koek sal pragtig glad vertoon.

Vir die vorming van die fondant blommetjies het jy 250 g gekleurde fondant nodig waarby ‘n halwe teelepel Tylose gevoeg is sodoende die die blommetjies te verhard. Hierdie tylose kan ook met bietjie water aangemaak word om soos gom te doen om dele aan mekaar vas te plak. Tylose gom: 1/2 t met 1/2 t water gemeng. Hang die blommetjies oor ‘n leë eierdosie om te verhard en vorm te behou.

Bron: Annelien Pienaar, Verjaardag van klein Filistyn 2018

Hoeveelheid: 1 groot 4 laag koek

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark (3)
Please login to bookmark Close
Annelien Pienaar

About Annelien Pienaar

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

Join the conversation

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark
Please login to bookmark Close

Resep Kategorieë

Nuutste Resepte

Uit die argiewe

Annelien Pienaar

Annelien Pienaar

Food Scientist & Author

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

Follow me
Teken In
Wishlist
Login
Create an account

A link to set a new password will be sent to your email address.

Password Recovery

Lost your password? Please enter your username or email address. You will receive a link to create a new password via email.

TOP
You might like..
SHOPPING BAG 0
RECENTLY VIEWED 0
Annelien Pienaar

Word 'n Lid!

As ’n lid kry jy eksklusiewe toegang tot resepte net vir lede, persoonlike wenke en ’n wonderlike netwerk van mede-kosliefhebbers. Sluit vandag aan en begin jou kulinêre reis met kundige leiding en ondersteuning elke stap van die pad. Jou kombuisavonture is op die punt om nóg meer opwindend te raak!