Ons is bewus van n probleem met die aanlyn kursusse en ons tegniese span is besig om dit te ondersoek.

Kits Cous-cous slaai met gepekelde Hoender filette

Table of Contents

Beplan jy ‘n naweek weg? Nie lus vir die hele dag in die kombuis? Dan het ek net die regte kort paaie vir heerlike vullende etes. Die slaai word voorberei tuis en dan verpak om by die wegbreek plek net vog by te kry en dan laat staan tot etenstyd. Die gepekelde Hoender filette kan 2 dae voor die vertrek berei word en dan op die dag direk gebraai word sonder enige sout of souse…alles ook vooraf gedoen. Hoe klink dit?

3 k Cous-cous (jy kan die Pêrel cous cous of gewoon gebruik)
3 k kook water
1 k uie, fyn gekap
1 k sampioene gesnipper
½ k seldery, fyn gekap
½ k soetrissie, fyn gekap
½ k olyf olie
1 groente aftreksel blokkie
Vars basillie kruid, eenkant tot voor bediening
1 e sesam olie*
2 e ryswyn asyn*
3 e heuning*
*opsioneel maar heerlik

Roerbraai die ui, sampioen, seldery, soetrissie met ʼn klein bietjie olie en ʼn knippie sout. Die knippie sout help om vog uit die groente te trek en sodoende dit ʼn heerlike soet smaak uit te braai. Die roerbraai behoort 5 tot 8 minute te neem. Skep die groente uit en laat goed afkoel.

Sodra die groente afgekoel het roer die *bestanddele by sodat dit in die groente kan intrek. Roer dan die cous-cous by asook die aftreksel blokkie wat vooraf gekrummel is. Meng dan by die groente en voeg die ekstra olyf olie by en stoor in lugdigte houer tot op die dag wat jy dit benodig. Hierdie kan tot 5 dae in die yskas gehou word.

Wenk: Sodra die slaai gereed is kan vars bestanddele soos kersie tamaties, feta, basil kruie ens bygevoeg word na gelang van smaak.

Op die dag van bediening voeg dan 3 k water in ʼn kastrol, bring tot kookpunt, en voeg die voorbereide cous-cous by. Roer goed deur en laat vir 5 minute met die deksel op kook. Verwyder van hitte. Hou die deksel toe vir 5 minute en roer dan met ʼn vurk om die cous cous los te kry. Sodra afgekoel voeg ekstra bestanddele na gelang van smaak by.

Gepekelde hoender filette
2 k water word gekook met die volgende bestanddele en afgekoel
2 rooibos tee sakkies
1 teelepel ongejodeerde sout laat goed afkoel.

Voeg by die afgekoelde water en meng goed deur.

1 t vloeibare rook gegeurde water (liquid smoke), andersins 1 e gerookte Spaanse paprika of beide
1 e knoffel,
2 t gedroogde tiemie,
1 e treacle suiker
1 t suurlemoensap
8-10 hoender filette

Plaas die hoender filette in ʼn bak, giet die koue vloeistof oor en laat vir ʼn dag of twee in die pekel oplossing marineer. Tee sakkies bly steeds in.

Braai die filette oor warm vlam tot gaar. Die vleis sal murgsag en heerlik wees. Geen sout of verdere kruie of speserye nodig.

Bron: www.annelienpienaar.co.za uittreksel uit haar boek: Vleis die omvattende gids
Hoeveelheid: 6 – 8 porsies

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark (5)
Please login to bookmark Close
Annelien Pienaar

About Annelien Pienaar

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

One Reply to “Kits Cous-cous slaai met gepekelde Hoender filette”

  1. Tineke Brookes

    Klink heerlik

Join the conversation

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Tip! Bookmark this recipe to easily keep it in your account to find again!

Bookmark
Please login to bookmark Close

Resep Kategorieë

Nuutste Resepte

Uit die argiewe

Annelien Pienaar

Annelien Pienaar

Food Scientist & Author

Annelien Pienaar is a renowned South African food scientist, chef, and author with a passion for creating delicious, wholesome recipes. Known for her expertise in traditional and modern culinary techniques, she has inspired countless home cooks through her workshops, cookbooks, and popular blog. Annelien combines her scientific knowledge with a love for South African flavours, making her a trusted voice in the culinary world.

Follow me
Teken In
Wishlist
Login
Create an account

A link to set a new password will be sent to your email address.

Password Recovery

Lost your password? Please enter your username or email address. You will receive a link to create a new password via email.

TOP
You might like..
SHOPPING BAG 0
RECENTLY VIEWED 0
Annelien Pienaar

Word 'n Lid!

As ’n lid kry jy eksklusiewe toegang tot resepte net vir lede, persoonlike wenke en ’n wonderlike netwerk van mede-kosliefhebbers. Sluit vandag aan en begin jou kulinêre reis met kundige leiding en ondersteuning elke stap van die pad. Jou kombuisavonture is op die punt om nóg meer opwindend te raak!